Skip to the content

#ATKVGesels

 1. KwarantynKlets

In Kwarantyn-klets gesels Magon Mouton, ATKV-streeksbestuurder, met Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, oor die ATKV se eerste digitale algemene jaarvergadering en die splinternuwe DigiProjekte vir oud en jonk!

 

2. Onderhoud met Pieter Geldenhuys

Die tyd van inperking maak dat mense nuwe vaardighede aanleer, nuwe toepassing ontdek en die waarde van tegnologie besef. In Kwarantyn-klets gesels Magon Mouton, ATKV-streeksbestuurder, met Pieter Geldenhuys, voorsitter van die ATKV-MSW-direksie. Pieter is ’n internasionale bekende toekomskundige en jy gaan beslis geniet om te hoor wat hy te sê het.

 

3. Onderhoud met Sonél Brits

In Kwarantyn-klets gesels Magon Mouton, ATKV-streeksbestuurder, met Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, oor die inperkingsperiode, die vermoë om aan te pas, leierskap en die ATKV se 90ste bestaansjaar.
 

4. Onderhoud met Schalk Cilliers 

Die afgelope tyd was ATKV-oorde, nes jy en jou gesin, ook in isolasie en kan hulle nie wag om jou weer met ’n leeftyd se vakansieherinneringe te bederf nie. In Kwarantyn-klets gesels Magon Mouton, ATKV-streeksbestuurder, met Schalk Cilliers, besturende direkteur van ATKV-Sake. Hou gerus ATKV-oorde se sosiale media en webwerwe dop om op die hoogte te bly van die nuutste sakpasaanbiedinge.