Skip to the content

Wat is die ATKV-Toekomsfonds?

Die ATKV trap al vir 90 jaar diep spore in die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap.
Gemeenskappe bly die spil waarom die ATKV se doen en late draai en dit is vir ons
belangrik om ons erfenis te beskerm, uit te bou en ’n blywende nalatenskap agter te laat. 
Om volhoubare ondersteuning te bied aan projekte wat erfenis vier, lees bevorder en kinders met
hul voorskoolse ontwikkel by te staan, het ons jou hulp nodig.
Kom stap saam met ons die pad en help bou aan ’n toekoms vir ons kinders.

Hoe kan jy betrokke raak?

Jou bydrae – klein of groot – gaan ons lewende erfenis uitbou en beskerm, die wêreld van woorde en stories aan kinders
bekendstel en vir kleuters tussen drie en ses jaar die geleentheid gee om die
fondament te lê vir ’n beter toekoms.

Jy kan by die volgende inisiatiewe betrokke raak:

Lees!
Leer!
Leef!

SMS abbasorg

SMS “VOETSPORE”, jou naam en die bedrag wat jy wil skenk na 44733*. Een van die ATKV se konsultante sal jou terugskakel.
*Standaardtariewe geld.

abbasorg bestuurder

Kontak gerus vir Lillian Meyer as jy meer oor die ATKV-Voetsporefonds te wete wil kom of om betrokke te raak.
Telefoonnommer: 011 919 9000

Soos ek my lewe leef, onthou ek dat die grootte van my skoen bepaal nie die diepte van my voetspoor nie.”

Craig D. Lounsbrough