Skip to the content

ATKV-AbbAsorg

Die ATKV se sosiaal-maatskaplike verantwoordelikheidsprogram, AbbAsorg, help
om vir ’n kind vlerke te gee. AbbAsorgsentrums regoor die land doen daagliks
wonderlike werk onder kinders en het ten doel om ’n veilige omgewing te skep waar
kinders gehalteopvoeding en -versorging kan ontvang.

AbbAsorg fokus op die voorskoolse ontwikkeling van kleuters – spesifiek die
geaffekteerde voorskoolse kind in die ouderdom van 3 tot 6 jaar oud. Kinders
geaffekteer deur armoede, MIV/vigs en ander maatskaplike probleme.

In AbbAsorg-sentrums word ’n volwaardige akademiese program gevolg om
skoolgereedheid en uiteindelike akademiese sukses te verseker.

Dis nie net die kleingoed wat by ATKV-AbbAsorg baat nie. Ouers word ook met
ouerskapsvaardighede toegerus. Die kleuters van ATKV-AbbAsorg leer deur te
speel. Of hulle dus buite speel, in die leeshoekies lees, of met skeppende aktiwiteite
besig is – een ding is seker: AbbAsorg is pret.


Daar is vyf AbbAsorgsentrums.

SMS abbasorg

SMS “Voetspore”, jou naam en die bedrag wat jy wil skenk na 44733*. Een van die ATKV se konsultante sal jou terugskakel.

abbasorg my school-kaart

Persone wat ’n skenking van meer as R100 maak, sal op 1 Maart van die volgende belastingjaar ’n artikel 18A-sertifikaat ontvang.

 

abbasorg bestuurder

Kontak gerus vir Lillian Meyer vir meer inligting oor die Voetsporefonds se werksaamhede by 011 919 9000.