Skip to the content

Boektrommels

Het jy geweet lees lê die grondslag van alle leer. As ’n mens in ag neem dat ’n kind
die heel meeste leer in die periode van 0 tot 6 jaar as wat hy/sy die res van sy/haar
lewe sal leer, kan daar nooit te vroeg met voorlees en lees begin word nie.

Jy kan ’n blywende verskil maak deur ’n skenking aan die Vriende van Afrikaans se
boektrommelprojek.

Met dié projek word boektrommels met tussen 90 en 110 boeke (deur Biblionef) by
verdienstelike skole en goed bestuurde kleuterskole afgelewer.

Die VVA en die ATKV wil deur hierdie projekte ’n leeskultuur skep en daartoe bydra
dat kinders in ’n woordryke omgewing grootword.

Deur vir kinders voor te lees, kan jy van hulle lewenslange lesers maak, maar ook
sorg dat hulle optimaal sal kan leer.

Die VVA wil ook deur boeke kinders bemagtig
en goeie waardesisteme aanleer deur hulle aan die regte boeke en stories bloot te
stel. Geletterdheid en 'n liefde vir lees kan lei tot kinders wat onafhanklik kan dink,
empatiese wesens is wat vir hulleself sal kan sorg en weet wat hulle regte is.

Jou bydrae – klein of groot – gaan die wêreld van woorde en stories aan kinders
bekendstel.

SMS abbasorg

SMS “Voetspore”, jou naam en die bedrag wat jy wil skenk na 44733*. Een van die ATKV se konsultante sal jou terugskakel.

abbasorg bestuurder

Kontak gerus vir Lillian Meyer vir meer inligting oor die Voetsporefonds se werksaamhede by 011 919 9000.

“Lees gee vir ons ’n plek om heen te gaan, wanneer ons moet bly
waar ons is.”

Mason Cooley