Skip to the content

DigiKaptein

ATKV DigiKaptein

As jy enige leierskapsposisie beklee, nuut verkies is tot die skool se VLR, as kaptein van die skaakspan, die redakteur van die skool se koerant of die kommando-jeugleier van die Voortrekkerspan is, sal jy baat vind by hierdie ATKV- aanlyn kursus oor algemene leierskapsvaardighede.

Temas wat in die kursus behandel sal word, is:

  • Die eienskappe van ’n goeie leier.
  • Wat ’n leier by die skool mag doen en nie doen nie.
  • Hoe ’n superbesige maand effektief beplan word.
  • Hoe ’n leier konflik en stres hanteer.

Die sluitingsdatum vir die aanlyn kursus is 25 November 2020 om 10:00 en koste is R500 per leerder. Die kursus sal beskikbaar en aktief wees tussen 30 November 2020 en 15 Januarie 2021.

Klik hier om die brosjure af te laai.