Skip to the content

#OnseFees

Kom makietie en vier diversiteit by #OnseFees!

Vir die eerste keer kan feesgangers uitsien na die #OnseFees wat op 6 tot 8 Desember by die Taalmonument in die Paarl aangebied word. Van ’n interessante taalgesprek, ’n verskeidenheidsprogram, die ATKV-Rieldansfinaal tot die Groet-is-’n-moet-ete en -konsert en nog vele meer – hierdie is ’n fees wat jy beslis nie moet misloop nie.

’n Propvol program wag op feesgangers tydens die #OnseFees.

Laai die program hier af. 

Die ATKV, Afrikaanse Taalraad en die Taalmonument nooi ’n ieder en elk uit om op Vrydag 6 Desember om 14:00 deel te neem aan die OnseTaal-gesprek tydens die #OnseFees.

Die gesprek sal aangebied word deur Karien Brits, bestuurder: ATKV-Taal, en Michael Jonas, uitvoerende direkteur van die Afrikaanse Taalmonument.

Ons wil gesels oor die diversiteit van die Afrikaanse landskap en hoe die taal ons saambind. Ons wil ook graag die jeug, leiers en opvoeders wat die toekoms van Afrikaans in hul hande hou, betrokke maak om saam met ons al die moontlikhede te ondersoek vir ’n mooier Suid-Afrika.

Die paneel kundiges bestaan uit kulturele leiers:
Annelise de Vries
Danneline Ramsden
Kaptein John Witbooi
Sonél Brits
Prof. Elvis Saal
Crispin Son

Op Saterdag 7 Desember bied die ATKV, in samewerking met Vriende van Afrikaans, ’n kinderprogram met Babalela by die Taalmonument se amfiteater aan. Die program duur van 09:00 tot 10:00. Die res van die dag kan ouers die feesprogram geniet terwyl die jongspan in ’n veilige area met opvoedkundige en ander programme vermaak word.

Vir die kinders sal daar poppeteater, boekvoorlesings en ’n hele rits kreatiewe vermaak en aktiwiteite wees, terwyl ma en pa kunstenaars soos Afrikaans Ruk, Radio Kalahari Orkes en Joshua na die Reën op die verhoog kan geniet. Die oggend is daar ’n praatjie, Brekfis met Koelsoem en Flori.

Indien u vooraf bespreek teen R50 per kind, kan ouers 20%-afslag op hul kaartjies vir die dag kry, wat alle vermaak insluit. Hierdie aanbod is slegs beskikbaar vir voorafbesprekings.

Vir navrae en besprekings, kontak Ronel Vorster by 021 8801761 of ronelv@atkv.org.za.

Besprekings sluit op 29 November 2019.

’n Maaltyd was nog altyd die plek waar mense hul verskille vir ’n oomblik opsy kan skuif. Die deel van ’n tafel en van ’n maaltyd skep op ’n natuurlike wyse ’n onderliggende eenheid en verbondenheid tussen diegene aan tafel.

Die ATKV nooi jou uit om deel te wees van die Groet-is-’n-moet-ete wat op Sondag 8 Desember in die Digterstuin by die Afrikaanse Taalmonument aangebied word.
Ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om lede van die gemeenskap van Drakenstein en die Kaap almal saam om ’n tafel te laat sit om ’n heerlike ete te geniet.

Tafels kan teen R2500 per tafel vir tien mense bespreek word. Jy kan ook ’n tafel borg vir diegene wat nie noodwendig die fondse beskikbaar het om saam te eet nie.

Die ete wat vanaf 16:00 bedien word, dien ook as afsluiting van die #OnseFees. Om 18:00 kan almal die Groet-is-’n-moetkonsert geniet met kunstenaars soos Anna Davel, Bongani Kubheka, Megan Geoffrey-Prins, Corneil Muller, die EDNAs met begeleiding deur plaaslike musikante en optredes deur The Joyful Singers, die Okadene Plaaskoor en die Unity Male Voices van Prins Albert.

Ons moedig takke en skole aan om van dié fondswerwingsgeleentheid gebruik te maak. Tafels kan bespreek word teen ’n koste van R2500 per tafel vir tien mense. R500 hiervan word aan die tak of skool se hulpfonds geskenk. Takke en skole is ook welkom om korporatiewe of individuele borge te nader om tafels te borg.

Vir besprekings kontak Bjorn Pick by 021 880 1761 of bjornp@atkv.org.za.

Vrydag 6 Desember

  • Verskeidenheidskonsert
  • OnseTaal-gesprek 
  • Stalletjies
  • ATKV-Crescendofinaal

* Naweekpakette is beskikbaar.

Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

R80 vir volwassenes, R40 vir kinders en pensioentrekkers

Saterdag 7 Desember

  • Vir die liefde van ... – ’n musikale blyspel
  • Brekfis met Koelsom en Florie
  • ATKV-Rieldansfinaal
  • Kinderprogram

Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

R100 vir volwassenes, R80 vir kinders en pensioentrekkers

Sondag 8 Desember

  • Stalletjies
  • Groet-is-’n-moetkonsert

Vir meer inligting oor die Groet-is-’n-moet-ete kontak vir Bjorn Pick by 021 880 1761 of bjornp@atkv.org.za.
Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

R100 vir volwassenes, R50 vir kinders en pensioentrekkers