Skip to the content

Afrikaanse Olimpiade

Afrikaanse Olimpiade

Is jy ’n boffin as dit by Afrikaans kom? Dan is die Afrikaanse Olimpiade vir leerders van graad 7 tot graad 12 net vir jou. Neem deel en kom toets jou tegniese taalvaardighede in Afrikaans Huistaal en Afrikaans eerste addisionele taal.

Vir meer inligting oor die ATKV se Afrikaanse Olimpiade kontak vir Jeanné Naudé by jeannen@atkv.org.za of 011 919 9088.

  • Senior Olimpiade: Sodra ‘n nuwe eksamendatum geïdentifiseer is sal dit aan onderwysers en skole gekommunikeer word.  Die Senior Olimpiade sal wel in 2020 plaasvind.
  • Junior Olimpiade: Die Junior Olimpiade vir 2020 word gekanselleer en sal weer in 2021 hervat word.

Klik hier vir die nodige dokumentasie.

  • Senior afdeling:  Graad 10 – 12
  • Junior afdeling:  Graad  7 – 9

AFRIKAANS HUISTAAL-OLIMPIADE

Leerders wat Afrikaans as Huistaal neem, skryf die Huistaal-vraestel.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL-OLIMPIADE

Leerders wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal neem (ongeag die leerders se huistaal), skryf die Eerste Addisionele Taal-vraestel.

Die Huistaal-vraestel bestaan uit die volgende afdelings:

  • Stillees
  • Taalkunde
  • Poësie
  • Prosa
  • Drama

Die Eerste Addisionele Taal-vraestel bestaan uit die volgende afdelings:

  • Begrip
  • Taal
  • Poësie
  • Prosa