Skip to the content

Tienertoneel

ATKV-Tienertoneel

ATKV-Tienertoneel het vanjaar weer in sy doel slaag om die liefde vir toneelskepping en teater-kyk te bevorder deur te fokus op spel en die skryf van tekste.

ATKV-Tienertoneel het ’n nuwe baadjie aangetrek en het 224 inskrywings ontvang wat strek oor die hele land tot in Namibië.

Nou kondig ons met trots die SUPER 12 aan!

Vir die eerste keer in die geskiedenis van ATKV-Tienertoneel kan jy vir jou gunsteling- jong akteur/aktrise stem.

Die SUPER 12 se semi-finaalopname is op die ATKV se webwerf gelaai en kan voor gestem word deur op die gepaste skakel te klik. Wanneer jy stem, sal jy outomaties in aanmerking kom vir ’n gelukstrekking. Die wenner sal R1000 in kontant ontvang.

Die kykerskeuse word ook tydens die finaal op 14 November bekendgemaak. Die finaal is gratis en gaan première op die ATKV se Facebookblad en YouTube-kanaal.

Maak vas jou sitplekgordel, trek daai springmielies nader, klik hier, stem, kyk en wen. 

Die SUPER 12 gaan jou hart steel en jou asem wegslaan.

Vir meer inligting kontak vir JJ van Niekerk by jj@atkv.org.za of 076 391 3414.