Skip to the content

Algemene Inligting

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie kweek ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders. Die oudste projek van die ATKV bied ’n platform vir talentontwikkeling en is ’n smeltkroes van kreatiwiteit.

Alhoewel skole verplig word om buitemuurse aktiwiteite te staak, teaters om hul deure toe te hou en geen groepering van mense toegelaat word nie, het die ATKV met ’n innoverende konsep vorendag gekom om steeds binne hierdie beperkings aan al 4 000 sy deelnemers dieselfde geleentheid te bied.

ATKV-Tienertoneel gaan hierdeur weereens in sy doel slaag om die liefde vir toneelskepping en teater-kyk te bevorder deur vanjaar te fokus op spel en die skryf van tekste voordat ons die planke einde 2020 tref met die vervaardiging van ’n professionele produksie, asook ’n uitgebreide speelvak bied vir nasionale finaliste in 2021.

Vir meer inligting oor ATKV-Tienertoneel kontak vir JJ van Niekerk by jj@atkv.org.za of 076 391 3414.

Om DVD's te bestel kontak gerus vir JJ van Niekerk by 076 391 3414 of stuur ’n e-pos aan jj@atkv.org.za.