Skip to the content

Tjokkertoneel

tjokkertoneel

Die doel van die ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig.

Met ATKV-Tjokkertoneel word laerskole aangemoedig om die kinders bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele en junior spreekkore.

Deur die opbouende proses van toneelspel, ontwikkel die kinders selfvertroue, kommunikasie- en luistervaardighede, en verbreed hul woordeskat.

Kom leef dus jou liefde vir toneel uit en betower gehore op die ATKV-Tjokkertoneelverhoog met jou laerskool of dramaskool se beste mini-toneel en/of junior spreekkoor..

ATKV-Tjokkertoneel sal ongelukkig nie in 2020 op die planke wees nie.

Die streng beperkingsmaatreëls weens die Covid-19-pandemie en die aangepaste skoolkalender maak dit net nie vanjaar moontlik om ons Tjokkers die optimale geleenthede wat die projek ten doel het aan te bied nie.

Ons blink planne wat ons vir 2020 gehad het word terughou om begin 2021 die heelal met die blinkste sterre te versier.

Laai gerus ons tussentydse 2021-deelnemersgids hier af.