Skip to the content

Entrepreneurs

Entrepreneurs

Is jy die volgende Steve Jobs, Richard Branson of Oprah Winfrey? Skryf dan vir die ATKV-Entrepreneurskompetisie in. Kom stel jou entrepreneuriese vaardighede ten toon en “oefen” solank vir eendag vir wanneer jy eendag die besigheidswêreld betree.

WIE KAN DEELNEEM

Graad 1- tot graad 12*-leerders.

* Indien daar laerskoolleerders in graad R is wat graag wil inskryf, kan hulle die projekorganiseerder kontak.

Die kompetisie is vir die deurlopende entrepreneur wat heel jaar ’n besigheid bedryf, of vir die leerder wat eenmalig ’n stalletjie tydens die skool se entrepreneursdag
bedryf. Daar is afsonderlike inskrywingsvorms wat vir hierdie twee afdelings ingevul moet word.

Vir meer inligting oor die ATKV se Entrepreneurskompetisie kontak vir Annemarie Alberts by annemarie@atkv.org.za of 011 919 9066.

 

Wenners in 2020

Vir die drie beoordelaars was die proses om ’n wenner te kies beslis nie maklik nie. Die besigheidstories was kreatief en het op die koop toe gewys dat jong mense ’n kop vir besigheid het.

Zené van Heerden, ’n graad 6-leerder aan die Laerskool Goedehoop, se stalletjie “Zené se Qties” het die beoordelaars se oog gevang. Sy is die wenner in die stalletjiekategorie.

Marizaan Burger, ’n graad 8-tuisonderrigleerder van Hartenbos, se skuimpies is al deur een van haar kliënte as “engelpiepie” beskryf. Danksy dié lekkerny is sy nou aangewys as die beste deurlopende entrepreneur.

Lees meer hier

Marizaan Burger

Marizaan Burger

Zené van Heerden

Zené van Heerden