Skip to the content

Lucas Maree-liedjiewerkswinkel

Die Lucas Maree-liedjiewerkswinkel is in 2018 die eerste keer vir aspirant-liedjieskrywers in graad 11 of 12 was by die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria, aangebied.

Hierdie naweekwerkswinkel is ’n allesomvattende, praktiese kursus wat deur ’n uitgesoekte groepie kenners van die musiekbedryf aangebied word. Die werkswinkel sal jou met die regte kennis bemagtig om jou potensiaal as liedjieskrywer te ontwikkel. Die aanbieders was Hunter Kennedy (Die Heuwels Fantasties), Lize Beekman, Jannie du Toit, Anna Davel, Elvis Blue, Jaconell Mouton, Brandon October, Karin Hougaard, Nick Matzikis (Die Academy of Sound Engineering), Stephen Hollis (kopiereg-regskundige van Adams & Adams) asook Coenie de Villiers.

Dié opwindende geleentheid is moontlik gemaak deur die ATKV en die Atterbury Trust, met die ondersteuning van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

Vir meer inligting kontak vir Nita Cronjé by 011 919 9087 of nitac@atkv.org.za.