Skip to the content

Tienertoneelopleiding

Tienertoneelopleiding

As jy daarvan droom om ’n tienertoneelteks te skryf, agter die skerms wil werk of op die verhoog jou buiging wil maak, is ’n slypskool of twee glad nie te versmaai nie. Tydens ATKV-Tienertoneelteksskryfskole word daar krities na die proses van toneelskepping gekyk en indiepte gedelf tot die kern van ’n teks. Met die aanbied van toneelslypskole sal tegniese aspekte, regie, spelleiding en spel tydens interaktiewe lesings en praktiese oefeninge onder die loep kom. Vir meer inligting stuur asb. ’n e-pos aan LizaneB@atkv.org.za.