Skip to the content

#OnseFees

Tydens die #OnseFees kry jonk en oud die geleentheid om kreatief met Afrikaans en die kunste om te gaan.

Die #OnseFees is ’n fantastiese geleentheid waar die ATKV en strategiese vennote deur gemeenskappe en kultuurgoedere trots Afrikaans en Suid-Afrikaans kan vier.

Deur groet en kuier, debatte en dialoog, opvoerings en konserte kry die gemeenskap, entrepreneurs en kunstenaars die geleentheid om op te tree as agente vir menswaardigheid, geregtigheid en vryheid.