Skip to the content

Uitslae in 2018

Die Prins Albert Vastrappers was die wenners algeheel in die o.14-afdeling.
Die Prins Albert Vastrappers was die wenners algeheel in die o.14-afdeling.

Die volledige uitslae vir 2018 is soos volg:

Senior mans beste danser: Buvin Eiman van Betjies Rooirots Rieldansers

Senior vroue beste danser: Anechia Cloete van Griekwa Ratelgat Rieldansers

o.20-mans beste danser: Carlton Sass van Prins Albert Vastrappers

o.20-vroue beste danser: Luwandri Schrader van Brandvlei Stofskoppers

o.14-seuns beste danser: Zanadann van Rooi van Prins Albert Vastrappers

o.14-meisies beste danser: Chesray Hendricks van Uitsig Stoftrappers

Pieter van der Westhuizen-toekenning vir beste kitaarspeler: Phillip Mankapaan van Loeriesfontein

Beste musikant: Prins Albert Vastrappers o.20

Beste liedjie: Prins Albert Vastrappers o.14

Senior afdeling

Derde plek: Betjies Rooirots Rieldansers

Naaswenners: Griekwa Ratelgat Rieldansers

Algehele wenner en wenner van die Grietjie van Gharies-toekenning: Boesmanland Bitterbessies

o.20-afdeling

Derde plek: Griekwa Knersvlakte Rieldansers

Naaswenners: Prins Albert Vastrappers 2

Algehele wenner en wenner van die Grietjie van Gharies-toekenning: Brandvlei Stofskoppers

o.14-afdeling

Derde plek: GB Batt Stofskoppers

Naaswenners: Griekwa Rieldansers

Algehele wenner en wenner van die Grietjie van Gharies-toekenning: Prins Albert Vastrappers

Die ATKV bedank graag die volgende borge vir hul ondersteuning en betrokkenheid by die ATKV- Rieldans: Parkanfonds, Het Jan Marais Fonds, Wes-Kaapse departement sport en kultuur, Noord-Kaapse department sport en kultuur, Wesgrow-toerismeassosiasie, Vodacom en die Drakenstein Munisipaliteit.