Skip to the content

Maak die grootmenswêreld kinderspeletjies!

Die Program

Die Program

Die tien maande lange program is gevul met visie, doelwitte, avontuur en uitdagings om nie net jou leierskappotensiaal te ontdek nie, maar om jou ook te help om die insig en vermoë te ontwikkel om ingeligte besluite oor jou toekoms te neem.

Loopbaankeuses

Loopbaankeuses

ATKV-Postmatriek gee aan skoolverlaters die geleentheid om in ’n veilige omgewing te besin oor die opwindende, maar uitdagende toekoms wat op hulle wag deur sinvolle blootstelling aan die beroepswêreld en lewensvaardighede.

Ervaringsleer

Ervaringsleer

ATKV-Postmatriek
gee jou nie net ’n geleentheid om keuses oor jou loopbaan en toekoms te maak nie, maar ook om deur ervaringsleer verskillende vaardighede te ontwikkel en terselfdertyd lewenslange
vriendskappe te smee.

akkommodasie

Akkommodasie

Hoewel ATKV-Drakensville as basis dien, word tot soveel as vyf van die ATKV se spogoorde met hul verskeidenheid ontspanningsfasiliteite
geleë in van die mooiste
dele van Suid-Afrika deur die loop van die jaar besoek.

akademie

Akademie

Jy kan uit 17 geakkrediteerde aanlyn kursusse een kies om tydens jou ATKV-Postmatriekjaar te voltooi. Deur hierdie kursus kan jy krediete bymekaar maak vir verdere studie in jou gekose rigting, bepaal of jy werklik in ’n spesifieke rigting belangstel of bloot net die geleentheid kry om jou CV meer indrukwekkend maak.

 

pret

Pret

Sosialisering is belangrik vir emosionele ontwikkeling en daarom maak ons program ook voorsiening vir unieke pretaktiwiteite. Ons studente doen kultuurervarings op, neem deel aan ʼn bergfietstoer, besoek Lesotho, Mosambiek en Botswana en leer van die omgewing. Meer nog word lewenslange vriendskappe gesmee.

avontuur

Avontuur

Die avontuursegment in ons kurrikulum bied ’n praktiese aanslag op lewensvaardig -heidontwikkeling. Studente beweeg buite hul gemaksone danksy ʼn bergfietskursus, skubaduik, stap- en wildernisekspedisies, perdry ,witwaterroei, abseil, jag- en slagkuns, ’n noodhulpkursus en vele meer.

straatskerp

Straatskerp

Ons kurrikulum fokus verder op die ontwikkeling van ʼn selfstandige en onafhanklike student wat in beheer is van sy lewe. Die straatskerpsegment bemagtig studente deur programme en praatjies oor algemene regsbeginsels, persoonlike finansies, projekbestuur en vele meer.

toekomsbeplanning

Toekomsbeplanning

Elke ATKV-Postmatriekstudent se aanleg en belangstellingsvelde sal deur ’n bedryfsielkundige getoets word. Studente sal aangemoedig word om skaduwerk in verskillende beroepe te gaan doen om uiteindelik ingeligte besluit te neem en te bou aan ’n indrukwekkende CV.

persoonlikheidsontwikkeling

Persoonlikheidsontwikkeling

Ons program fokus op die geheelontwikkeling van ons studente en vind ʼn vastrapplek in persoonlikheidsontwikkeling. Hierdie aspek van ons kurrikulum dek onderwerpe soos algemene lewensvaardighede, emosionele intelligensie en konflikbestuur.

Uit die mond van die suigeling

Aan die begin van my ATKV-Postmatriekjaar het ek hand en tand baklei teen die hele idee, maar my ouers was oortuig dis net vir my. By ons eindjaarfunksie het ek vir hulle vertel dat ek nooit vir hulle my dankbaarheid sal kan beskryf oor wat ’n groot geskenk dit toe werklik was nie. Dit is beslis iets wat jy mag misloop nie.

Lanie Snyman

Ek het in die jaar by ATKV-Postmatriek bereik wat ek nie in die hoërskool of selfs twee jaar op universiteit kon doen nie. Aktiwiteite en ervarings wat ek net van kon droom, het ’n realiteit geword. ATKV-Postmatriek is waar vreemdelinge, familie word. Die avontuurstylopvoeding is wat uit rowwe klip ʼn standbeeld bou.

De Wet de Clercq

Dis onmoontlik om op my een hand te tel hoeveel keer ek gewonder het wat ek langs die Sterkfonteindam maak. Dis ook glad nie ’n leuen om te sê dat ATKV-Postmatriek ’n leeftyd se avontuur in een jaar is nie. ’n Tuimeltrein van emosies is dit beslis. Die herinneringe wat hier gemaak word, sal ek altyd koester.

Leané Burger

Kontak Ons

Lizette Odendaal

Sosialemediaplatforms

postmatriek fb link

postmatriek instagram link