Skip to the content

Skoleprojekte

ATKV- Afrikaanse Olimpiade

Afrikaanse Olimpiade

Is jy ’n boffin as dit by Afrikaans kom? Dan is die Afrikaanse Olimpiade vir leerders van graad 7 tot graad 12 net vir jou. Kom toets jou tegniese taalvaardighede in Afrikaans Huistaal en Afrikaans eerste addisionele taal.

ATKV-Applous

Applous

Kom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef. Laer- en hoërskoolkore kan deelneem.

Debat

Die ATKV-Debatskompetisie bied ʼn platform vir raakpraters om nie net nuwe vaardighede aan te leer nie, maar ook die toekoms met selfvertroue aan te pak. Leerders sal nie net die geleentheid kry om hul sê te sê nie, maar ook leer om oopkop oor ʼn onderwerp te dink. 

Handevat

ATKV-Handevat is ’n ontwikkelingsprojek vir die gemeenskap. ’n Skool uit ’n meer bevoorregte gemeenskap pak ’n opbouende projek aan saam met en ten bate van ’n skool uit ’n minder bevoorregte gemeenskap. Neem deel en maak ’n verskil.

ATKV-Jeugberaad

Jeugberaad

As jy ’n oopkop-denker in graad 11 is, bied die ATKV-Jeugberaad jou die geleentheid om saam te kom gesels oor politiek, ekonomie, onderwys, tegnologie en die samelewing. Daarbenewens is dit ook vet pret!

Jeugleiersimposium

Die ATKV-Jeugleiersimposium maak nuut verkose graad 6- en graad 11-leiers se hande sterk om hul nuwe rol met selfvertroue aan te pak. Kom ontwikkel leierskapvaardighede wat jou ’n leeftyd gaan hou.

Redenaars

Die ATKV-Redenaarskompetisie is een van die ATKV se oudste kompetisies. As jy ’n raakprater in graad 1 tot graad 12 is en nie huiwer om jou sê te sê nie, bring jou beste oorredende toespraak en kom wys jou slag.

ATKV-spelathon

Spelathon

S-P-E-L-A-T-H-O-N. Om te kan spel is ’n vaardigheid wat jou ver in die lewe kan bring. Met ATKV-Spelathon word leerders aangespoor om baie meer aandag aan die gebruik van Afrikaans te gee.

Talethon

Die ATKV-Talethon is ’n meertalige vasvrakompetisie vir graad 9- en graad 10-leerders. Kom stel jou spelvermoë in Afrikaans en die twee Afrikatale van jou provinsie ten toon en ontwikkel ’n liefde vir van ons land se tale.

Tienertoneel

Kom leef jou kreatiwiteit op die verhoog en agter die verhoog uit tydens ATKV-Tienertoneelkompetisie. Die kompetisie van die ATKV sorg vir onvergeetlike teater, hope talent en asemrowende nuwe tekste.

Tjokkertoneel ATKV

Tjokkertoneel

Met ATKV-Tjokkertoneel word laerskole aangemoedig om kinders bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele en spreekkore (junior en senior).