Skip to the content

Algemene Inligting

Is jy ’n boffin as dit by Afrikaans kom? Dan is die Afrikaanse Olimpiade vir leerders van graad 7 tot graad 12 net vir jou. Neem deel en kom toets jou tegniese taalvaardighede in Afrikaans Huistaal en Afrikaans eerste addisionele taal.

Vir meer inligting oor die ATKV se Afrikaanse Olimpiade kontak vir Jeanné Naudé by jeannen@atkv.org.za of 011 919 9088.

  • Senior afdeling:  Graad 10 – 12
  • Junior afdeling:  Graad  7 – 9

AFRIKAANS HUISTAAL-OLIMPIADE

Leerders wat Afrikaans as Huistaal neem, skryf die Huistaal-vraestel.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL-OLIMPIADE

Leerders wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal neem (ongeag die leerders se huistaal), skryf die Eerste Addisionele Taal-vraestel.

Die Huistaal-vraestel bestaan uit die volgende afdelings:

  • Stillees
  • Taalkunde
  • Poësie
  • Prosa
  • Drama

Die Eerste Addisionele Taal-vraestel bestaan uit die volgende afdelings:

  • Begrip
  • Taal
  • Poësie
  • Prosa