Skip to the content

Algemene Inligting

Die ATKV-Jeugleiersimposium maak nuut verkose graad 6- en graad 11-leiers se hande sterk om hul nuwe rol in die skool met selfvertroue aan te pak. Kom luister na topsprekers en ontwikkel leierskapvaardighede wat jou ’n leeftyd gaan hou.

Al is hul termyne reeds aan die gang, wil ons hulle help, verder bemagtig sodat die leiers hul leierskaprolle met sukses kan vervul en die jaar pak, sonder om die akademie te verwaarloos. Skole word uitgenooi om die senior lede (hoofleiers) van die VLR/leerlingraad na die ATKV-Jeugleiersimposium te stuur.

Vir meer inligting oor die ATKV-Jeugleiersimposium kontak vir Annemarie Alberts by annemariea@atkv.org.za of 011 919 9066.

ATKV-Jeugleiersimposium 2019: Inligting en inskrywingsvorm

Datums:

Laerskole
ATKV-Buffelspoort (Mooinooi): 25 – 28 November 2019

Hoërskole
ATKV-Goudini Spa (Worcester): 2 – 5 Desember 2019
ATKV-Buffelspoort (Mooinooi): 2 – 5 Desember 2019

Die sluitingsdatum vir inskrywings is vir die laerskole 25 Oktober en vir die hoërskole 1 November 2019.

jeugleiers
jeugleiers
jeugleiers