Skip to the content

Algemene Inligting

ATKV-Redenaars gee vir leerders die platform om hul sê met selfvertroue in Afrikaans te sê. ’n Vaardigheid wat hulle in die toekoms aan die voorpunt van hul veld sal plaas.

Deelnemers moet eie toesprake voorberei en mag nie gepubliseerde artikels woordeliks aanhaal nie. Die lewering van gekoopte en gepubliseerde toesprake kan daartoe lei dat deelnemers gepenaliseer word.

Die ATKV het geen persone/instansies/affiliaal in diens of ooreenkoms met sodanige persone/instansies/affiliaal wat toesprake skryf of verkoop nie. Tans word die naam 'ATKV' gekoppel aan webbladsye waar bemarking gedoen word dat toesprake volgens ATKV-riglyne geskryf en verkoop word. Dit is 'n eie inisiatief en dit word hoegenaamd nie deur die ATKV-Redenaars ondersteun nie. Bevestig eers die geloofwaardigheid van 'n bron by die redenaarsorganiseerder.

Vir meer inligting oor die ATKV-Redenaarskompetisie kontak vir Melanie Marais by melaniem@atkv.org.za of 011 919 9015.

Vir meer inligting en dokumente klik hier

Belangrike datums:

• Eerste uitdunrondes: 11 Maart tot 17 Mei 2019. 
• Semifinale rondes: 10 Mei tot 08 Junie 2019.
• Die finaal vind plaas by ATKV-Goudini Spa
- Graad 1 tot 7: 01 Augustus 2019
- Graad 8 tot 12: 02 Augustus 2019

redenaars
redenaars
redenaars