Skip to the content

Algemene Inligting

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie kweek ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders. Die oudste projek van die ATKV bied ’n platform vir talentontwikkeling en is ’n smeltkroes van kreatiwiteit.

Met ATKV-Tienertoneel word elke regisseur aangemoedig om die leerders soveel geleenthede as moontlik te gee om by al die aspekte van die projek betrokke te raak, met ander woorde by die regie, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie, ensovoorts.

Vir meer inligting oor ATKV-Tienertoneel kontak vir Lizane Basson by lizaneb@atkv.org.za of 011 919 9078.

Vir meer inligting oor ATKV-Tienertoneel 2019 en al die dokumente klik hier.

Die ATKV bied in 2019 twee slypskole aan:

  • 11 tot 13 April in Port Elizabeth by Hoërskool Framesby
  • 23 tot 25 Mei in Durban by Kuswag Skool

Tydens die slypskool sal REGIE, SPELLEIDING en SPEL in diepte behandel word tydens interaktiewe lesings en praktiese oefeninge.

Klik hier vir meer inligting.

Daar is DVD’s beskikbaar van die afgelope paar jaar se ATKV-Tienertoneelfinale (2011 tot 2018) – teen R130 ’n DVD. ’n Veeldoelige ATKV-Tienertoneelrekwisietesak is ook beskikbaar teen R130 ’n sak.

Klik hier om die DVD-bestelvorm af te laai.

tienertoneel 2018
tienertoneel 2018
tienertoneel 2018
tienertoneel 2018