Skip to the content

Boekklubs

leeskringe atkv book club

’n ATKV-Boekklub bestaan uit vyf tot tien mense. Wanneer ’n boekklub gestig word, woon die projekorganiseerder die klub se eerste byeenkoms by om hul eerste trommel vir die nuutgestigte kring te neem. Die trommel het 60 boeke in. Daar is tien eksemplare van elke boek, en ses verskillende titels (dit mag wissel van trommel tot trommel) om uit te kies. Wanneer die boekklub die boeke klaar gelees het, stuur die ATKV vir die boekklub ’n nuwe trommel en reël dat die ou trommel terug na die ATKV-hoofkantoor toe gaan.

’n ATKV-boekklub is vir almal. Van ons boekklubs is in Atlantis, Alberton, Uitenhage en Potchefstroom. 

Wil jy ook 'n boekklub in jou gemeenskap begin? Skakel dan gerus met Mandie Ehlers by 011 919 9018 of of stuur ’n e-pos na mandiee@atkv.org.za.

Vir meer inligting klik hier. Indien jy sommer nou al ’n boekklub wil stig, voltooi die inskrywingsvorm