Skip to the content

Inkstories

Inkstories

In 2018 het die ATKV se taalafdeling ’n nuwe projek, ATKV-Inkstories, verwelkom. Hierdie projek het ontstaan om die liefde vir Afrikaanse letterkunde te bevorder. 

ATKV-Inkstories sien letterkunde nie nét as hoogs literêre boeke of digbundels nie, maar ook niefiksie, kinder- en jeugverhale, Afrikaanse films en reekse en ook musiek. ATKV-Inkstories is dié platform waar alle genres van letterkunde bespreek word. 

In die verlede het prof. Willie Burger kom gesels oor sy boek, Die wêreld van stories en Louis Pretorius het gesels oor die TV-reeks Fynskrif en Andre Velts oor Raaiselkind. Deon Meiring en Jako Meyer (Moses Metroman) het ook kom gesels oor poësie vs. liriek. Leon van Nierop het ook al op twee van ons geleenthede kom kuier. 

Vir meer inligting oor ATKV-Inkstories, kontak vir Mandie Ehlers by mandiee@atkv.org.za of 011 919 9018 en hou die ATKV se sosialemediabladsye dop.