Skip to the content

Takke-spoghoekie

Die ATKV-takke is die hart van die ATKV en deur hul projekte en werksaamhede in hul gemeenskappe help hulle om ’n beter Suid-Afrika te bou. Soos wat oupas en oumas met ’n “brag”-boeke rondloop, so spog ons hier oor ons takke.

VVA en ATKV-tak help gemeenskap lees

Die Vriende van Afrikaans (VVA) en die ATKV-tak Sommer net Ons in George het onlangs opleiding aan vrywilligers gegee sodat hulle ander kan help om te leer lees.

ATKV-tak Cum Laude maak ’n verskil

Bewusmaking van renosterstropery geniet baie aandag by skole en die jaarlikse kalenderkompetisie van die ATKV-tak Cum Laude dra by tot hierdie bewusmaking. Leerders van graad 1 tot graad 12 van alle skole kan deelneem deur ’n renoster op ’n A4-grootte papier te teken.

Koop ’n kalender om vrouwees te vier

Jy kan nou 365 dae van die jaar die fasette van vrouwees vier. Die ATKV-Gemeenskapsteatertak het besluit om ’n verjaardagkalender bekend te stel met verhale oor vroue wat deel was van die kunsuitstalling, Fasette van Vrouwees.

#Weesdieverskil-veldtog kry ’n poëtiese aanslag en jy kan só deelneem

Vir die afgelope 22 jaar spoor die ATKV-tak Durbanville jong digters aan om met hulle talente te woeker, en vanjaar is #Weesdieverskil die tema van dié tak se gedigtekompetisie.

ATKV-tak kweek netheid en selfvertroue by kinders

“Met netheid kom selfvertroue en met selfvertroue kom sukses.” Só het Suid-Afrika se Mevrou Etiket, Emsie Schoeman, altyd in haar selfhelpboeke geskryf. Dít is presies die gesindheid wat die ATKV-tak Sommer net Ons onder kinders in die George omgewing wil kweek. Die Vonkel vir ’n Ster-projek is daarop gemik om basiese higiëne aan kinders te bied.

Maak ’n verskil met die #Weesdieverskil-veldtog

Takke en hulle lede van regoor die land word aangemoedig om deel te word van die #Weesdieverskil-veldtog. Deur dié veldtog kan takke ’n verskil maak in hul onmiddellike omgewing en gemeenskappe. 

Streeksbyeenkomste 2019 skop af

Die eerste ATKV-streeksbyeenkoms vir 2019 het op Saterdag 13 Julie by die prentjiemooi ATKV-Drakensville plaasgevind. Daar het ATKV-taklede van so ver as Johannesburg en Durban gereis om dié geleentheid by te woon. Baie lede het Sonél Brits, die besturende direkteur van die ATKV-MSW, vir die eerste keer ontmoet en die geleentheid gekry om hulle vrae en idees met haar te deel. Sonél Brits het klem gelê op die belangrikheid van takke se bydra tot die sukses van die organisasie.

Komedie-aand net die doepa vir moedeloosheid

Durbaniete kan hulle maagspiere staal vir ’n aand vol humor wanneer die ATKV-tak Durban en die NG Kerk Suidkus hulle komedie-aand aanbied. Die grapjas Wynand van Vollenstee (Gielie van Ouboet en Wors) gaan te sien wees in sy eie produksie Gewigtige Saak, en die Getroud met Rugby-aktrise Michelle Botha gaan die gehoor vermaak met haar  Storm in a F Cup.

ATKV laat lid se groot droom ’n werklikheid word

Volgens Ruzanne wou sy nog altyd met taal werk. “Ek wou ’n skrywer of ’n joernalis word, maar my ma was die enigste broodwinner met sewe kinders. Daar was nie geld om te gaan studeer nie. Deur die ATKV kan ek my nou uitleef en hoog vlieg in my taal.”

Gemeenskapteater

ATKV-tak Gemeenskapsteater se 'Hanna' gaan ontroer

Die ATKV-tak Gemeenskapsteater in Bloemfontein gaan vanjaar wéér teaterliefhebbers betower met nog ’n produksie van puik gehalte.