Daar is die afgelope naweek behóórlik vlerkgesleep en gebokspring toe die beste stoftrappers tydens die ATKV-Rieldansfinaal by die Taalmonument in die Paarl aangewys is.
Nuus

Bekende sjef met ATKV-Oorkonde vereer
Reuben Riffel, bekende sjef en restauranteienaar, is Maandag in swierige styl by sy restaurant, Reuben’s, in Franschhoek, met ’n ATKV-oorkonde vereer.

ATKV-Rieldansfinaal: “Riel is in ons siel”
Met die ATKV-Rieldansfinaal om die draai is die spanne oorgehaal om vanjaar weer te dans dat die stof so staan. Vir rieldansers is dié unieke dansvorm meer as net ’n stokperdjie: dis in hul bloed, ’n trotse deel van ons geskiedenis.

Individue met ATKV-bande skitter by ATR se Kokertoekennings
Die gesogte Kokertoekennings van die Afrikaanse Taalraad (ATR) word slegs toegeken aan sprekers van Afrikaans wat as’t ware die taal bevorder, beskerm of ander sprekers bemagtig. Vanjaar behoort een van dié ses toekennings aan ’n individu uit die ATKV se stal.

Beter Afrikaans kry nuwe tuiste by ATKV
Beter Afrikaans het ’n nuwe tuiste by die ATKV gekry, wat beteken dat daar nuwe moontlikhede veral in terme van onderwys vir Beter Afrikaans voorlê.

#Heldhaftig: ATKV-tak Sommer net Ons woeker met projekte
Die ATKV-tak Sommer net Ons in Pacaltsdorp, in George, woeker met die een projek ná die ander om in hul onmiddellike omgewing van gewone mense helde te maak.

Armoede kry jong musikant nie onder; wen gesogte ATKV-prys
Melisizwe Plaatjie was 16 jaar oud toe sy vingers die heel eerste keer oor die klawers van ’n klavier gegly het terwyl hy hard probeer het om ’n toonleer in C-majeur te bemeester.

#Heldhaftig: Blinde teatergeselskap oorkom die onmoontlike
Nie alle helde dra noodwendig ’n mantel nie – om die waarheid te sê, die meeste helde kan nie vlieg nie! En, kom ’n mens agter, party helde kan nie eens sien of hoor nie.

Sonél Brits nuwe besturende direkteur van ATKV-MSW
Die ATKV het bekend gemaak dat me. Sonél Brits die nuwe besturende direkteur van die ATKV-MSW (maatskappy sonder winsoogmerk) is.

#Heldhaftig: Rondreisende biblioteek bemagtig dorpenaars
Boekwurms sal saamstem dat jy nie superkragte kry deur ’n radioaktiewe spinnekop wat jou byt nie, of ’n miljoenêr wat geld op ’n tegnologiese gevorderde uitrusting spandeer om booswigte ’n bloedneus te gee nie.

Losprys: Waar realiteit en fiksie mekaar ontmoet
Martin Steyn se boeke gryp jou aan die strot en wys vir jou die donker kant van reeksmoordenaars, psigopate en misdadigers. Sy nuutste boek, Losprys, is geen uitsondering nie. Hier toon hy weer sy staal as hy fiksie met die realiteit verweef.

'Sonder woordeboeke sal ’n taal sterf'
Dit is vroegoggend. Jou alarm het jou pas wakker geskel. Jy klim met ’n tamheid uit die bed en loop sleepvoet na die kombuis om jou eerste koppie koffie te skink.

Slimkoppe verstom beoordelaars by ATKV-Spelathon
Leerders van regoor die land het op 12 en 13 Oktober hul taalvernuf by vanjaar se ATKV-Spelathonfinaal by die H.B.Thom-teater in Stellenbosch ten toon gestel. Een ding was duidelik: Spel kan hulle spel.

'ATKV-tak Tonteldoos se roos' met ATKV-oorkonde vereer
Marina Mentz wat vir die afgelope tien jaar as die voorsitter van die ATKV-tak Tonteldoos gewoeker het om taal en kultuur te bevorder, is Woensdag (10 Oktober) met ’n ATKV-oorkonde vir haar harde werk vereer.

Al die wenners van die ATKV-Tienertoneelfinaal 2018
Jong voornemende teatermakers het die afgelope week die Roodepoortteater se verhoog warm gespeel, gehore vermaak, ontroer en bekoor om uiteindelik ’n kans te staan om as die wenner van die 54ste ATKV-Tienertoneelfinaal gekroon te word. Die beoordelaars het behoorlik kopgekrap, maar uiteindelik het die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch hulle die meeste met hul produksie ...

Toneelstuk deur leerders en regisseur se trauma geïnspireer
’n Jong meisie wat pleit dat rowers haar balletskoene sal los en kinders wat elke dag moet katvoet loop vir bendes, was die inspirasie vir een van die Hoërskool Tygerberg se toneelstukke, Mister M en sy Mense, wat vanjaar aan die ATKV-Tienertoneelfinaal deelneem. “Ons het die kinders laat briewe skryf oor wat hulle bang maak en baie van die kinders het gesê geweld en bendes. ...

ATKV-tak Durban dans in Mamma Mia-styl
Die ATKV-tak Durban het onlangs ’n Mamma Mia-danspartytjie by ATKV-tak Natalia gehou.

ATKV-Tienertoneel spog met n splinternuwe afdeling
Dit is ’n eerste in die vyf dekades van ATKV-Tienertoneel. ’n Splinternuwe afdeling vir ’n hele Tienertoneelgeselskap – van die regisseur, skrywer, spelers en die tegniese operateurs – wat uit slegs hoërskoolleerders bestaan.

Uittreksel: Al wat oorbly deur Santie van der Merwe
Santie van der Merwe, skrywer van "Gelyke kans" en "Vandat jy weg is" se nuutste boek, "Al wat oorbly", is nou beskikbaar. Santie was al twee keer ’n finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir die beste liefdesromans. Hier is ’n uittreksel uit dié nuwe boek.

'Danksy ATKV-Postmatriek weet ek wat ek volgende jaar wil doen'
Vir die afgelope agt maande het skoolverlaters by ATKV-Postmatriek aan hul toekoms gebeitel en vir baie is die onsekerheid wat ná skool gekom het, nou vergete.

Klassieke musiek seëvier tydens finaal van ATKV-Muziq en -Muziqanto
Klassiekemusiekkunstenaars kry deesdae min erkenning vir die waarde wat hulle tot kultuur en die kunste toevoeg, maar by vanjaar se finaal van ATKV-Muziq en -Muziqanto is dié merkwaardige musici vir hul talente vereer. Die kompetisie, by die Hugo Lambrechts Musieksentrum in Parow, Kaapstad, het Saterdag (8 September) op ’n hoë noot geëindig toe die wenners aangekondig is. ATK ...

ATKV-Tienertoneel 2018: Dié toneelstukke dring deur na finaal
Die tyd vir naels kou, is verby. Nadat bykans 200 Tienertoneelproduksies die afgelope paar weke hul slag op die verhoog gewys het, is dit uiteindelik tyd om aan te kondig watter produksies die jaar sake in die finaal gaan uitspook.

ATKV-Rieldans 2018: Dié groepe op pad na halfeindronde
Nie eers dreigende reën kon die kwarteindronde van die ATKV-Rieldanskompetisie ontspoor nie en dit was nie lank voordat die rooi stof in die lug gehang het nie.

ATKV-Debat 2018: Agt topspanne bekend
Die ATKV-Debatskompetisie 2018 by ATKV-Buffelspoort het gewys dat die jong leiers van môre beslis nie op hul mond geval is nie. Hier is die agt topdebatspanne.

ATKV-Applous 2018: Tien top- junior kore bekend
Die tien top- junior kore van ATKV-Applous is bekend en as ’n mens na die puntestand te kyk, is een duidelik: Die koorlede staan nog in hul kinderskoene, maar hoef nie ’n tree terug te staan vir hul senior eweknieë nie.

Nellie du Toit lewer bydrae van onskatbare waarde
Nellie du Toit, bekend as een van Suid-Afrika se vooraanstaande operasangeresse van die 1960’s en 1970’s, is Sondag 29 Julie oorlede.

Stroomop: ’n rubberbootjie vol gate
Op 9 Augustus begin Donnalee Roberts en Ivan Botha se nuutste rolprent op die grootskerm draai. Jacques Myburgh was by die première en was allermins beïndruk.

ATKV-Rieldansstreeksfeeste: Dié groepe dring deur
Daar is die afgelope paar naweke in onderskeidelik Williston en Bitterfontein geriel dat die stof so staan.

Skrywer van Steinhoff-boek oor wat hy vir Markus Jooste sal wil vra
Die Steinhoff-sage het skokgolwe deur die land gestuur. Op Dinsdag 5 Desember 2017 was dié magtige maatskappy, waarvan Markus Jooste die grootbaas was, nog R193 miljard werd. Binne 24 uur is meer as R117 miljard uitgewis.

ATKV-Applous 2019 'behoort ons wildste verwagtings te oortref'
Met nóg ’n Wêreldkoorspele agter die rug en ATKV-Applouskore wat puik presteer het, kan ’n mens nie anders nie as om met groot verwagting uit te sien na die ATKV-Applouskompetisie in 2019.

'Grondwethofuitspraak is ’n wen vir moedertaalonderrig'
Die Grondwethof se uitspraak oor Engelse onderrig in Afrikaanse skole is “nie net ’n oorwinning vir Afrikaans nie, maar vir alle tale en moedertaalonderrig in sy geheel”.

VVA kweek liefde vir lees in die Bottelary Bewarea
Danksy die Vriende van Afrikaans (VVA) het kinders in die Bottelary Bewarea buite Stellenbosch die wêreld van lees ontdek.

ATKV se #AJV2018: kwaliteit, kreatiwiteit in die vierde industriële revolusie
In wat deesdae die vierde industriële revolusie gedoop word, is dit vir organisasies en individue toenemend ’n stryd om te floreer en innoverend in hul gemeenskappe en die samelewing te wees.

Bridgitte Mathews aangewys as voorsitter van die ATKV-direksie
Die ATKV het Donderdag die laaste dag van die algemene jaarvergadering by ATKV-Klein-Kariba (Bela-Bela) afgesluit met ’n nuwe direksievoorsitter. Die ondervoorsitter Bridgitte Mathews sal die leisels by die uittredende voorsitter, Anton Redelinghuis, oorneem. “Ek weet dat die ATKV aan niemand anders as sy lede behoort nie,” sê Bridgitte. “Dit gaan uitdagend wees om Anton se ...

Dié rieldansgroepe dring deur na kwarteindronde
Dis weer daardie tyd van die jaar wat rieldansgroepe stof opskop om uiteindelik deur te dring na die finaal van die ATKV-Rieldanskompetisie. Twee streeksfeeste is reeds gehou en die finaliste wat deurdring na die kwarteindronde is soos volg: Tydens die eerste streeksfees in Parow is daar nie wenners aangekondig nie, maar slegs die groepe wat na die volgende ronde deurdring: ...

Avbob vereer jong digters
Digkuns is die beste doepa vir ’n gebroke hart. Dit is ’n pleister vir die hart se diepste wonde. En dit is juis wat Avbob met sy heel eerste Avbob-poësieprojek vir die land wou bied. “Ons is in ’n emosionele besigheid waar mense toenadering en empatie soek vir die verlies waardeur hulle gaan,” vertel Frik Rademan, uitvoerende hoof van Avbob. Die projek het in vier maande me ...

Taalregte onder die loep tydens ATKV-taalregtesimposium
De ATKV en Cerneels Lourens, ’n taalaktivis en regsgeleerde van Brits, het kragte saamgespan om ’n werkdokument oor taalregte saam te stel.

ATKV-tak help om vertroosting vir gebrokenes van hart te bring
Niks kan die leemte vul wat die dood van ’n geliefde laat nie, maar daar kan tog vertroosting kom. En dit is juis waarom ’n groep mense besluit het om gehekelde trooskomberse aan hartgebroke mense te skenk wat ’n geliefde aan die dood afgestaan het. Die ATKV-tak Port Elizabeth is aan die voorpunt van hierdie projek en skenk gereeld wol of maak self trooskomberse. “Ek het van ...

Kinders se ogies blink danksy kleuterskole
Die kleuterskole Bana ba Lesedi en die Ennis Thabong Preschool by Hartbeespoort vertel nie die “sad storietjie van ’n plaaslike gemeenskap en ’n paar mense wat probeer om ’n pleister op hul lot te plak nie”. “Dié kleuters wat hier skoolgaan, kom dalk uit die mees behoeftige huishoudings in dié omgewing, maar een ding is seker hulle kry die beste onderrig.” So gesels Amelia va ...

Finaliste vir ATKV-Muziq en -Muziqanto bekend
Dis weer daardie tyd van die jaar wat sangers en instrumentaliste sake uitspook om deur te dring na die tweede ronde van ATKV-Muziq en -Muziqanto.

ATKV-Mediaveertjies 2018: Media se blinkste sterre vereer
Die media se blinkste sterre is Vrydagaand by die ATKV-Mediaveertjies vir hul uitstekende werk en deursettingsvermoë vereer.

Besturende direkteur van ATKV-MSW bedank
Dit is met spyt dat die ATKV-MSW kennis neem van die bedanking van die besturende direkteur, me. Deidre Le Hanie.

Uittreksel: 'Dinge wat ek nie van skape geweet het nie' deur Jaco Jacobs
Jaco Jacobs laat nie gras onder sy voete groei nie. Hy is onlangs met die gesogte Tienie Holloway-medalje vir Kleuterliteratuur vir sy boek Grom! (LAPA Uitgewers) bekroon. Sy nuutste boek, Dinge wat ek nie van skape geweet het nie, is nou beskikbaar. Hier is ’n uittreksel uit dié nuwe boek:

1000 kleuters kry boeke danksy Nederlander se skenking
Prof. Carel Jansen en sy vrou het op hul 25ste troudagviering die gaste gevra om nie geskenke te bring nie, maar wel ’n koevert met ’n bydrae vir die VVA se boektrommels.

ATKV-takke sit nie stil in hul gemeenskappe
ATKV-takke van regoor die land het in die afgelope maand nie gras onder hulle voete laat groei om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak nie.