Skip to the content

Nuus

Losprys: Waar realiteit en fiksie mekaar ontmoet

Losprys: Waar realiteit en fiksie mekaar ontmoet

Martin Steyn se boeke gryp jou aan die strot en wys vir jou die donker kant van reeksmoordenaars, psigopate en misdadigers. Sy nuutste boek, Losprys, is geen uitsondering nie. Hier toon hy weer sy staal as hy fiksie met die realiteit verweef.

woordeboek

'Sonder woordeboeke sal ’n taal sterf'

Dit is vroegoggend. Jou alarm het jou pas wakker geskel. Jy klim met ’n tamheid uit die bed en loop sleepvoet na die kombuis om jou eerste koppie koffie te skink.

Slimkoppe verstom beoordelaars by ATKV-Spelathon

Slimkoppe verstom beoordelaars by ATKV-Spelathon

Leerders van regoor die land het op 12 en 13 Oktober hul taalvernuf by vanjaar se ATKV-Spelathonfinaal by die H.B.Thom-teater in Stellenbosch ten toon gestel. Een ding was duidelik: Spel kan hulle spel.

'ATKV-tak Tonteldoos se roos' met ATKV-oorkonde vereer

'ATKV-tak Tonteldoos se roos' met ATKV-oorkonde vereer

Marina Mentz wat vir die afgelope tien jaar as die voorsitter van die ATKV-tak Tonteldoos gewoeker het om taal en kultuur te bevorder, is Woensdag (10 Oktober) met ’n ATKV-oorkonde vir haar harde werk vereer.

Al die wenners van die ATKV-Tienertoneelfinaal 2018

Al die wenners van die ATKV-Tienertoneelfinaal 2018

Jong voornemende teatermakers het die afgelope week die Roodepoortteater se verhoog warm gespeel, gehore vermaak, ontroer en bekoor om uiteindelik ’n kans te staan om as die wenner van die 54ste ATKV-Tienertoneelfinaal gekroon te word. Die beoordelaars het behoorlik kopgekrap, maar uiteindelik het die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch hulle die meeste met hul produksie ...

ATKV-Tienertoneel Hoërskool Tygerberg

Toneelstuk deur leerders en regisseur se trauma geïnspireer

’n Jong meisie wat pleit dat rowers haar balletskoene sal los en kinders wat elke dag moet katvoet loop vir bendes, was die inspirasie vir een van die Hoërskool Tygerberg se toneelstukke, Mister M en sy Mense, wat vanjaar aan die ATKV-Tienertoneelfinaal deelneem. “Ons het die kinders laat briewe skryf oor wat hulle bang maak en baie van die kinders het gesê geweld en bendes. ...

ATKV-tak Durban se Mamma Mia-dans

ATKV-tak Durban dans in Mamma Mia-styl

Die ATKV-tak Durban het onlangs ’n Mamma Mia-danspartytjie by ATKV-tak Natalia gehou.