Skip to the content

Nuus

reuben riffel

Bekende sjef met ATKV-Oorkonde vereer

Reuben Riffel, bekende sjef en restauranteienaar, is Maandag in swierige styl by sy restaurant, Reuben’s, in Franschhoek, met ’n ATKV-oorkonde vereer.

ATKV-Rieldansfinaal: “Riel is in ons siel”

Met die ATKV-Rieldansfinaal om die draai is die spanne oorgehaal om vanjaar weer te dans dat die stof so staan. Vir rieldansers is dié unieke dansvorm meer as net ’n stokperdjie: dis in hul bloed, ’n trotse deel van ons geskiedenis.

Individue met ATKV-bande skitter by ATR se Kokertoekennings

Die gesogte Kokertoekennings van die Afrikaanse Taalraad (ATR) word slegs toegeken aan sprekers van Afrikaans wat as’t ware die taal bevorder, beskerm of ander sprekers bemagtig. Vanjaar behoort een van dié ses toekennings aan ’n individu uit die ATKV se stal.

beter afrikaans

Beter Afrikaans kry nuwe tuiste by ATKV

Beter Afrikaans het ’n nuwe tuiste by die ATKV gekry, wat beteken dat daar nuwe moontlikhede veral in terme van onderwys vir Beter Afrikaans voorlê.

ATKV-tak Sommer net Ons

#Heldhaftig: ATKV-tak Sommer net Ons woeker met projekte

Die ATKV-tak Sommer net Ons in Pacaltsdorp, in George, woeker met die een projek ná die ander om in hul onmiddellike omgewing van gewone mense helde te maak.

Armoede kry jong musikant nie onder; wen gesogte ATKV-prys

Melisizwe Plaatjie was 16 jaar oud toe sy vingers die heel eerste keer oor die klawers van ’n klavier gegly het terwyl hy hard probeer het om ’n toonleer in C-majeur te bemeester.

#Heldhaftig: Blinde teatergeselskap oorkom die onmoontlike

Nie alle helde dra noodwendig ’n mantel nie – om die waarheid te sê, die meeste helde kan nie vlieg nie! En, kom ’n mens agter, party helde kan nie eens sien of hoor nie.

Sonél Brits

Sonél Brits nuwe besturende direkteur van ATKV-MSW

Die ATKV het bekend gemaak dat me. Sonél Brits die nuwe besturende direkteur van die ATKV-MSW (maatskappy sonder winsoogmerk) is.

ATKV-tak Hennenman rondreisende biblioteek

#Heldhaftig: Rondreisende biblioteek bemagtig dorpenaars

Boekwurms sal saamstem dat jy nie superkragte kry deur ’n radioaktiewe spinnekop wat jou byt nie, of ’n miljoenêr wat geld op ’n tegnologiese gevorderde uitrusting spandeer om booswigte ’n bloedneus te gee nie.