Heerlike kos, goeie geselskap en vermaak uit die boonste rakke – is dit nie hoe ons almal die Desembervakansie wil afskop nie?
Nuus

Rielraakvatters gaan by #Onsefees dans dat die stof staan
Die ATKV-Rieldansfinaal is jaarliks ’n geleentheid waar rieldansers van heinde en verre kom om die askoek te trap. Vanjaar sal dié kompetisie by die ATKV se #Onsefees plaasvind.

Uittreksel: Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach
Hond se gedagte is Kerneels Breytenbach se jongste roman. Fleur de Villiers is nie ’n kenner van rugby nie. Wanneer haar ou pel haar vra om ’n biografie oor die Springbokrugbykaptein te skryf, is sy om die minste te sê teësinnig. Wat op aarde weet sy van rugby, so op die vooraand van die Wêreldbekertoernooi in die jaar 2025? Lees hier ’n uittreksel uit Hond se gedagte.

ATKV-Spanredenaars: 'Ek sê' word nou ook 'ons sê'
Die ATKV-Spanredenaarskompetisie was vir die afgelope 40 jaar die baba van ATKV-tak Suid-Gauteng Spanredenaars, maar gaan nou tot ’n nasionale kompetisie uitgebrei word.

Kom makietie en vier diversiteit by #OnseFees
Tydens die #OnseFees wat op 6 tot 8 Desember by die Taalmonument in die Paarl aangebied word, gaan jonk en oud die geleentheid kry om kreatief met Afrikaans en die kunste om te gaan.

Uittreksel: Nadraai deur Jaco Kirsten
Nadraai is ’n grensroman en Jaco Kirsten se tweede roman. Rocco de Witt is ’n Kaapse argitek met die wêreld aan sy voete. Hy en sy pragtige Duitse verloofde lei ’n idilliese lewe van buitelugaktiwiteite en Europese skivakansies. Na ’n ou weermagvriend sy opwagting maak word Rocco se bestaan op sy kop gekeer. Wat presies het destyds in die Bosoorlog gebeur?

Nuwe boek oor vergete Griekwa-kaptein sien die lig
Die Nederlandse historikus en joernalis Bart de Graaff het sy boek op 6 November by die ATKV se hoofkantore in Randburg bekendgestel.

Johan Jack Smith gesels met René van Zyl oor Die Alfadokument
Die predikantsvrou René van Zyl se samesweringsriller gaan vir seker wenkbroue laat lig. Johan Jack Smith het met haar gesels oor Die Alfadokument.

Boektrommels vir gemeenskappe om nood te verlig
Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die VVA, en haar span het vir 30 opvoeders in die George-omgewing ’n voorleeswerkswinkel aangebied.

VVA en ATKV-tak help gemeenskap lees
Die Vriende van Afrikaans (VVA) en die ATKV-tak Sommer net Ons in George het onlangs opleiding aan vrywilligers gegee sodat hulle ander kan help om te leer lees.

Uittreksel: kyk na my deur Nataniël
kyk na my is Nataniël se eerste volwaardige memoir. Met hierdie merkwaardige boek vertel Nataniël die verhaal van ’n kindertyd in drie klein dorpies en een groot voorstad, in ’n era waartydens reëls blindelings gevolg is, en van ’n jong seun se oorweldigende vrees vir die gewone.