Die ATKV, die Instituut vir Kunstebestuur en Ontwikkeling van die Noordwes-Universiteit (Artéma) en die KKNK het onlangs mense wat ’n passie vir die kunste het, opgelei en met die nodige gereedskap toegerus om ’n sukses van hul loopbaan te maak.
Nuus

KYK: Rieldansers in aksie by KKNK
Verskeie groepe wat einde verlede jaar hul slag by die ATKV-Rieldansfinaal 2018 in die Paarl gewys het, het onlangs afgesit Oudtshoorn toe om hul staal by KKNK te toon. Daar is gedans dat die stof so staan.

ATKV opgewonde oor rieldanstoer in Gauteng
Die ATKV gaan van 8 tot 13 April in Westbury en ander woonbuurte die belangrikheid van kultuur tydens ’n rieldanstoer in Gauteng beklemtoon.

Skryf nou in vir ATKV-Tienertoneelslypskool in PE
Oos-Kapenaars kan hulle nou inskryf vir ’n Tienertoneelslypskool wat van 11 tot 13 April by die Hoërskool Framesby in Port Elizabeth plaasvind.

ATKV, KKNK en Artéma wil kunste-liefhebbers bemagtig
Die ATKV, die Instituut vir Kunstebestuur en Ontwikkeling van die Noordwes-Universiteit (Artéma) en die KKNK wil mense wat ’n passie vir die kunste het, oplei en met die nodige gereedskap toerus om ’n sukses van hul loopbaan te maak.

Kom vind uit hoe ons tale stille vennote kan wees
Op 10 April gaan dr. Makhosi Khoza en dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur: korporatiewe aangeleenthede van die ATKV, besin oor die rol van taal in sosiale kohesie.

KYK: ATKV-Spelathonwenner op Kwêla
Nolwazi Mahlangu van die Hoërskool Patriot (Mpumalanga) het in 2018 die eerste plek in die ATKV-Spelathon se afdeling eerste addisionele taal vir gr. 10- tot gr. 12-leerders behaal. Kwêla het met haar gesels.

Kaalvoet vir ’n goeie doel op Joubertina
Die ATKV-jeugtak R62-kamerade het onlangs ’n Kaalvoetklonkiedag by die Hoërskool McLachlan in Joubertina gehou. Leerders kon kaalvoet skool toe gaan, maar moes ’n paar skoene saambring om aan behoeftiges te skenk.

ATKV-tak Gemeenskapsteater vertel Hanna se storie
’n Prentjie spreek meer as duisend woorde... Dié gesegde het jy sekerlik al telkemale gehoor, maar in die geval van een van die ATKV-tak Gemeenskapsteater se projekte is dit inderdaad die geval.

ATKV-werkswinkel pak die uitdagings van taal in onderwys aan
Dit is belangrik dat leerders se moedertaal in die klaskamer gerespekteer en in ag geneem word.