Skip to the content

Nuus

Nog méér uitnemendheid die fokus van ATKV-Mediaveertjies se nuwe formaat

Die ATKV-Mediaveertjies, reeds vir meer as ’n dekade lank van die  gesogste Afrikaanse mediatoekennings, gaan in 2020 ’n splinternuwe baadjie aantrek, aldus Nita Cronjé, die ATKV se bestuurder: kunste en feeste.  

Ontdek ’n nuwe fantasiewêreld saam met jou kinders

Die derde Kinderstorie-krôl by Innibos bied vanjaar weer ’n kreatiewe ruimte vir kinders om te speel, te lees en te leer in hul moedertaal.

Koffie, beskuit, heerlike kos en kuns by SPAR Kirkwood Wildsfees

Die ATKV-tak Kirkwood is oudergewoonte vanjaar weer betrokke by die SPAR Kirkwood Wildsfees, en vanjaar gaan die tak ’n snoesige tuiste vir feesgangers skep. Volgens Elda Kruger, streeksbestuurder vir ATKV-takke, sal daar heeldag koffie, tee, beskuit en ander heerlike tuisgebak en wildsvleisgeregte beskikbaar wees by die ATKV/Die Burger se Koek-op-die-Stoep kuierplek by die Hoërskool Kirkwood se ondersteunersklub.

Radiodramas vír tieners déúr tieners

Die ATKV, in samewerking met RSG en die Nasionale Toneelkompetisie, se jongste innoverende radiodramaprojek beloof om deelnemers sowel as gehore se horisonne te verbreed. Twee radiodramas - spesiaal vir die projek geskryf - word eersdaags opgeneem vir uitsending later vanjaar op RSG. Wat hierdie projek so besonders maak, is dat hoërskoolleerders al die rolle sal vertolk.

By ATKV-AbbAsorg Pinocchio kry kinders vlerke

Kyra Fillies van Mosselbaai het van kleins af baie talent getoon. Sy het haar skoolwerk met ywer en geesdrif gedoen, maar tuis moes sy groot armoede en baie moeilike huislike omstandighede trotseer. Sedert die ATKV-AbbAsorgsentrum Pinocchio op Brandwacht betrokke geraak het, het Kyra se lewe ingrypend verander.

ATKV-Kopskuifprogram verskuif grense

Die ATKV-Kopskuifprogram onder leiding van Melvina Mason Hearne het weer eens grense verskuif met die bereiking van hoër- en laerskoolleerders in die Robertson-omgewing (die Kaapse Wynland Onderwysdistrik).

Die ATKV onthou tannie Katriena

Op Vrydag 31 Mei 2019 is die hartseer nuus ontvang dat tannie Katriena in die ouderdom van 102 jaar oorlede is. ’n Spesiale ruiker van die ATKV-tak Rhenosterberg tesame met van haar sertifikate wat sy deur die jare van die ATKV ontvang het, is in ’n uitstalling in die voorportaal van Huis Karee geplaas ter nagedagtenis aan haar betrokkenheid en getroue ondersteuning aan die ATKV.

VVA-Leeskonferensie fokus op kinders se leeservaring

“Elke kind wil lees!” Dit was die tema van vanjaar se Vriende Van Afrikaans (VVA) se Leeskonferensie in Eersterivier wat op 11 Mei 2019 plaasgevind het.

"Kulturele diplomasie kan die uitdagings van die samelewing oplos"

Hedendaagse uitdagings soos klimaatsverandering en die vlugtelingkrisis in Europa kan deur kuns en kultuur aangespreek word. Só meen die Nederlandse ambassadeur vir Suid-Afrika, Sy Eksellensie mnr. Han Peters. 

Uittreksel: Lira

Vywervrou is Chanette Paul se nuwe triologie wat in 2019 sal verskyn. Die eerste titel is Vywervrou: Lira. Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. 

ATKV: groot fokus op gemeenskappe

Die ATKV, wat vanjaar sy 89ste bestaansjaar vier, se algemene jaarvergadering is vandeesweek by ATKV-Klein-Kariba gehou. Vanjaar se tema was Wat kan die ATKV en sy takke doen om ’n beter Suid-Afrika te bou?