Skip to the content

Nuus

Lees in jou eie taal op Mandeladag

Die ATKV weet maar te goed wat oudpresident Nelson Mandela bedoel het toe hy genoem het dat om met 'n persoon in sy moedertaal te praat, met sy hart spreek. Daarom is moedertaal en meertaligheid so belangrik vir ons. Selfs in die plattelandse gebiede. Op 18 Julie vier die ATKV Mandeladag saam met die nasorgsentrum van Roepersfontein, die plaas van die bekende Piet Karsten in die Upingtondistrik.  

Abbasorg

ATKV-AbbAsorg waar elkeen saak maak

“Die ATKV-AbbAsorg van Bloemfontein het voorwaar die afgelope 12 jaar ’n groot verskil in die kleuters se lewens gemaak. Dit gee aan hulle die geleentheid om te presteer en uit te styg bo hul omstandighede,”

ATKV laat lid se groot droom ’n werklikheid word

Volgens Ruzanne wou sy nog altyd met taal werk. “Ek wou ’n skrywer of ’n joernalis word, maar my ma was die enigste broodwinner met sewe kinders. Daar was nie geld om te gaan studeer nie. Deur die ATKV kan ek my nou uitleef en hoog vlieg in my taal.”

Die Jongerenprojek Netwerk (JPN) besoek die Lae Lande

Die Jongerenprojek Netwerk (JPN) is ’n onafhanklike organisasie wat ten doel het om die bande tussen Afrikaanssprekende jongmense van Suid-Afrika en die Nederlandssprekende jongmense van die Lae Lande (België en Nederland) te versterk. Elke tweede jaar word Suid-Afrikaanse studente gekeur om die Lae Lande te besoek en omgekeerd. Verlede jaar het studente uit Nederland en België Suid-Afrika besoek en vanjaar is dit weer die Suid-Afrikaanse studente se beurt.  Mandie Ehlers van die ATKV se taalafdeling is voorsitter van die JPN en ook een van die begeleiers van vanjaar se besoek. Sy vertel meer oor haar wedervaringe in die Lae Lande en wat sy alles oor haar eie taal daar in die vreemde leer.

KYK: ATKV bemagtig kunsteliefhebbers

Die ATKV en Artéma van die Noordwes-Universiteit het onlangs ‘n kursus in fees- en projekbestuur aangebied. Rumarques Gelderbloem het met Mariette Kotze en Elsabé Cloete, albei kursusgangers, gesels.

Kleuters leer binne én buite klaskamer

In die plattelandse dorpie Ruiterbos – geleë tussen Oudtshoorn en Mosselbaai – vier armoede en werkloosheid hoogty. Dis uiteraard nie ideale omstandighede vir ‘n kind nie, maar danksy die ATKV-AbbAsorgsentrum Boskabouters kry kinders voorskoolse onderrig én twee gebalanseerde etes.

Kom moker ’n paar balle vir liefdadigheid

Die ATKV-tak Vuurwarm vir Charity bied op 15 Augustus 2019 ’n gholfdag by die Blue Valley Gholflandgoed in Midrand aan om kleuterskole en minderbevoorregte gesinne by te staan.