Skip to the content

Nuus

ATKV-Tjokkertoneel: “Hierdie is baanbrekerswerk”

Dit is vanjaar die eerste keer in die geskiedenis (van amper 90 jaar) van die ATKV dat klein, voornemende teater-rakkers ook hul talente op die planke kan bring en die reaksie op die eerste ATKV-Tjokkertoneel was verbysterend.

Die ATKV bemagtig teaterskeppers by vanjaar se Aardklop

Individue wat deel wil wees van die tegnologiese wonderwêreld van die teater kan die teatertegnologiekursus tydens vanjaar se Aardklop bywoon en eerstehands kennis maak met die aspekte van teatertegnologie en die teaterbedryf. Persone wat reeds ondervinding het, kan hulle bestaande kennis en vaardighede opskerp. Kursusgangers kan dus uitsien na leiding in onder meer algemene teateroriëntering, verhoogbestuur, klank en beligting.

ATKV belê in betowerende koorfees

KUESTA is ’n tweejaarlikse byeenkoms van die voorste Suid-Afrikaanse universiteitskore, en word op 21 September by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus aangebied. Die ATKV het met sy nuutste borgskap van die KUESTA-koorfees bewys dat die organisasie die belange van kultuur en koorsang op die hart dra.

Wynmaatskappye ontvang ATKV-Woordveertjie vir leesbevordering

Vir die afgelope vier jaar het die Du Toitskloof-Douglas Green-mobiele biblioteek en mediasentrum leesmateriaal en rekenaartegnologie na die plaaswerkers en hulle kinders in die Breedevallei gebring.

Uittreksel: Boomwortels in die hemel deur Pierre du Plessis

Boomwortels in die hemel handel oor die koninkryk van God wat op 'n heel ander manier werk as wat mense werk. Wanneer ons na Jesus se lering en stories, in die maatskaplike en politiese konteks van sy tyd kyk ontbloot dit 'n heel ander perspektief. 'n Perspektief wat ongemaklik, selfs irriterend, tog steeds lewegewend is. Hierdie koninkryk wat alles op sy kop kom draai het, of eintlik weer regop gedraai het, is waar ons, ons menslikheid herontdek. 

Gesogte ATKV-Woordveertjies vir uitblinkers

Tydens ’n luisterryke en feestelike aand van woorde en wenners, is die ontvangers van vanjaar se ATKV-Woordveertjies op Vrydag 6 September in Stellenbosch aangewys. Die Woordveertjies is vanjaar vir die twaalfde keer aangebied.

Rieldans sommer in jou eie huis met die nuwe Rieldans-DVD

Vir baie is die ATKV-Rieldanskompetisie dié hoogtepunt op hulle kalender, maar dit is net jammer die vlerksleep en askoektrap gebeur net een keer ’n jaar. Maar nou kan rieldansaanhangers al hierdie opwinding oor en oor tuis beleef en sommer self ’n paar passies ingooi want die ATKV stel eersdaags met trots die eerste Rieldans-DVD bekend.