Skip to the content

Nuus

Webinaar: Hoe begin ek my eie besigheid?

Twee kundige entrepreneurs, Francois Naude en Albert van Wyk, bied ’n gratis webinaar op Donderdag 20 Augustus 2020 om 16:00 aan spesifiek vir leerders en hulle ouers wat belangstel in die uitdagende wêreld van entrepreneurskap.

ATKV-tak wil HOOP bring met gedigtekompetisie 

Skryf nou in vir die ATKV-tak Sonneblom se gedigtekompetisie en bring HOOP! 

ATKV-Idiome Sonder Woorde-kompetisie: Hier is die wenners

Teen die tyd ly die meeste van ons al weens die inperking aan kajuitkoors. Ons is emosioneel getap. Gefrustreerd en so hol soos ’n kalbas. Die ATKV het met sy Idiome Sonder Woorde-kompetisie vir leerders kreatief uitgedaag om hulle lewe tydens die pandemie meer draaglik te maak en die inskrywings het as’t ware die beoordelaars dronkgeslaan.

Webinaar: Kom gesels saam oor boelies en die media

Jacolette Kloppers, ’n mediakenner, en Jacques Gombault, bekende akteur, gaan in die volgende ATKV-Digigroeiwebinaar hul kennis oor die media en boelies met jou deel.

ATKV-DigiPraat: Inskrywings se standaard beïndruk

Die standaard van inskrywings vir ATKV-DigiPraat was so hoog dat beoordelaars behoorlik moes kopkrap oor die uitslae.

ATKV-Tienertoneel: Webinare nou te koop

Die ATKV het in die afgelope maand ’n reeks webinare aangebied waarin Cintaine Schutte, Jacques Bessenger, Amalia Uys, Wilhelm van der Walt, dr. André Gerber en Henrietta Gryffenberg leerders en onderwysers touwys gemaak het oor die teaterbedryf.

ATKV-DigiSpanpraat: Vier vaar beter as een

Wanneer jy aan ATKV-Redenaars dink, dink jy aan ’n senuweeagtige leerder, kaartjies in die hand wat voor ’n gehoor sy/haar standpunt moet bewys, maar met die ATKV-DigiSpanpraat kan daar nou uitgesien word na groepwerk en spangees.

ATKV-Crescendo: Kom wys jou slag as ’n liedjieskrywer

Steek daar ’n liedjie binne jou weg wat wag om los te breek en derduisende mense te bekoor?Wil jy graag by van die beste liedjieskrywers – soos Danie du Toit van Spoegwolf en Anna Davel – leer hoe om jou liedjie lewe te gee?

ATKV-Digi: Inskrywings van wyd en syd ontvang

Vir die eerste keer in die ATKV se bestaan van 90 jaar word die organisasie se projekte in die kuberruim aangebied en die reaksie is oorweldigend.

Webinaar: Word ’n beter leier – by die huis, skool en werk

Hoe lyk jou leierskapsmuur? Kom vind uit by die volgende ATKV-DigiGroei-webinaar via Zoom Donderdag 16 Julie 2020 om 16:00. Ons gesels oor leierskap by die huis, skool en in die werkplek.

Webinaar: Amalia Uys wil jou help verhoogvrees oorkom

Amalia Uys is ’n vars briesie op vanjaar se ATKV-Tienertoneelbeoordelaarspaneel en sy gaan haar grootste les in die industrie met jou deel tydens haar webinaar op 4 Julie.

 

Webinaar: Kom leer by 'Fynskrif'-akteur oor kamerawerk

Dis nie aldag dat jy die geleentheid kry nie om by Suid-Afrika se gunstelingnarkotiseur Jaco Kruger in Fynskrif, beter bekend as Jacques Bessenger, te leer oor die basiese beginsels van kameraspel.

digikuns

DigiKuns: Wys jou kreatiwiteit

DigiKuns is ’n opwindende, nuwe digitale kunsplatform wat ’n unieke, kreatiewe uitdaging aan laer-, hoërskoolleerders, studente, volwassenes en senior burgers binne en buite Suid-Afrika se landsgrense stel.

cintaine schutte

Kom leer by 'Fynskrif' se Katrien oor speltegniek

Hoe voel jy gemaklik en veilig voor hierdie opwindende avontuur van toneelspel vóór jy begin repeteer? Kom leer by die formidabele Cintaine Schutte tydens ’n ATKV-Tienertoneelwebinaar.

Webinaar: wysheid en wenke à la Wilhelm

Hulle sê spyt kom te laat – maar dit hoef nie in jou geval so te wees nie. Moenie nou uitmis op ’n kans om te leer by Wilhelm van der Walt, een van die beste akteurs in die bedryf, nie.

jodi jantjies

Jodi betower met haar eerste enkelsnit

Onthou die naam, Jodi Jantjies! Die ATKV stel vandag op Jeugdag 2020 met trots Jodi se eerste enkelsnit bekend.

ATKV-DigiPraat: 5 wenke om jou aan die praat te kry

William Sezoe, taalaktivis en omroeper van sy eie radioprogram, wil graag hê jy moet vir ATKV-Digipraat inskryf. Hier is vyf wenke om jou op die wenpad te plaas.

Nou is die tyd vir die jeug om hulself te bemagtig

Ter viering van Jeugdag gee die ATKV toe dat die inperking baie eise aan die jeug stel, maar ons glo dit is juis nou die tyd vir jongmense om aanpasbaar te wees en hulle vaardighede op te skerp.

Tienertoneelwebinaar: Hoe skryf ek ’n goeie storie?

Moenie Henrietta Gryffenberg, bekende aktrise en skrywer, se Tienertoneelwebinaar misloop nie vir nuttige wenke om ’n goeie storie te skryf.

ATKV-DigiPraat: Breek die stilte!

Kom sê jou sê met selfvertroue op ons splinternuwe platform ATKV-DigiPraat. Kom praat in Afrikaans of tweetalig saam.  Of jy nou wil inlig, motiveer, vermaak of redeneer. Ons sal LUISTER!

Webinaar: Kry jou koor só aan die oefen

ATKV-Applous het raad om die Covid-19-frustrasie minder te maak deur jou koor weer aan die oefen te kry. Ons beplan twee webinare saam met Charlotte Botha, Michael Barrett en Antoinette Nightingale.

Webinaar: Leer hoe om ’n monoloog te skryf

Dit sit nie in enige een se broek om ’n boeiende monoloog te skryf nie, maar met die hulp van dr. André Gerber kan deelnemers en leergieriges genoegsame wenke kry om die ink te laat vloei vir die splinternuwe ATKV-Tienertoneelkompetisie.

 

Webinaar: Moenie dat angs jou onderkry

Met die eerste ATKV-DigiGroei-webinaar via Zoom op Donderdag 11 Junie 2020 om 17:00 klop ons by kenners aan om te hoor hoe jy jou angs beter kan bestuur.

ATKV-DigiProjekte is hier!

’n Verskeidenheid van splinternuwe projekte gaan deur die ATKV aanlyn aangebied word en is ook vir die eerste keer toeganklik vir dié wat oorsee bly, maar passievol oor Afrikaans is.

ATKV-Tienertoneel spog met nuwe formaat

Dit wil blyk of die teaterplanke weens die Covid-19-pandemie nog vir ’n wyle nie gaan kraak nie, maar die skeppende kunste kry altyd ’n manier om te seëvier.

VVA bied virtuele leeskonferensie aan

Die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n divisie van die ATKV, het juis besluit om vir die eerste keer ’n virtuele leeskonferensie op 23 Mei vir die Weskus se opvoeders, ouers en belangstellendes aan te bied.

ATKV-Mediaveertjies 2020: En die wenners is...

Die ATKV-Mediaveertjies, reeds vir meer as ’n dekade die mees vooraanstaande  Afrikaanse media-toekenningsgeleentheid, het vanjaar ’n splinternuwe baadjie aangetrek met ’n nuwe beoordelingsformaat asook die aanlyn-bekendmaking van die wenners.

 

Webinaar: Gee kinders met leeruitdagings vlerke!

Elke kind in jou klas is uniek, elkeen van hulle anders. Maar wat van dié wat ’n bietjie moeilik-anders is? Wat van die kind wat nie wil luister nie, die kind wat nie kan stilsit nie of die kind wat net nie aandag gee nie?

Moenie Afrikaans inperk nie

In onseker tye met baie maatskaplike uitdagings moet ons nie die positiewe rol wat taal kan speel onderskat nie. Ons het as Afrikaanssprekendes die verantwoordelikheid om ons taal op te pas en te gebruik.

Hoe goed is jou Afrikaans?

Kom wys jou slag met Afrikaans! Nie net kan jy as die Afrikaanskampioen gekroon word nie, maar jy sal ook met ’n prys of twee kan wegstap.

Laat jou kinders lees!

Die ATKV vier vanjaar sy 90ste verjaardag en in hierdie feesjaar plaas ons spesiale klem op lees. Volgens Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans (VVA), is dit belangrik dat ouers van vroeg af ’n leeskultuur by kinders kweek.

Uittreksel: Aanspreeklikheid deur Jaco Fouché

Jaco Diehl woon op Hermanus. Hy word getuie van 'n poging tot moord op sy buurvrou, en geleidelik word hy betrek by ander dade van geweld: eers op Hermanus, maar later ook op Somerset-Wes en eindelik in Kaapstad. Sy lewe is aan die disintegreer, en dit lyk nie of hy regtig omgee nie. Die hoofkarakter sleur ons al dieper mee in 'n doolhof. Wie is aanspreeklik vir die moorde, en wat is die waarheid? Of word ook die waarheid 'n storie, 'n verdoeseling wat nes Jaco nie vertrou kan word nie? Aanspreeklikheid is die naaswenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd vir 2018. Dit is Fouché se eerse roman in sewe jaar, 'n fassinerende ondersoek na die betekenis van aandadigheid, maar ook die rol van die skrywer.

Vreugde vir Larissa-Uittreksel

Vreugde vir Larissa is die nuutste lekkerleesroman uit die pen van ATKV-Woordveertjiewenner Elsa Winckler. Larissa Schoeman gaan Nederland toe om verder te studeer. Dan hoor sy die jong Chandré, wie se aanrandingsaak sy vantevore behartig het, is vermoor. Larissa weet wie die skuldige is, en sal nie rus voor hy aan die pen ry nie. Noodgedwonge keer sy na Suid-Afrika terug. By haar geliefde vriendin Reina en dié se man Derek, word sy met Gideon, Derek se broer, gekonfronteer. Gideon wat deur geheimsinnige nagmerries geteister word. Sal geregtigheid geskied en sal Larissa en Gideon saam vreugde kan vind? Vreugde vir Larissa is die laaste boek in die gewilde McGregorreeks, ná ’n Brief vir Reina en ’n Belofte vir Bippie.

Covid-19: ATKV-AbbAsorg help kinders versorg

Met die uitbreek van Covid-19 is weerlose mense in ons land een van ons grootste bekommernisse. AbbAsorg, die ATKV se sosiaal-maatskaplike verantwoordelikheidsprogram, staan egter gereed om veral kinders in hierdie onsekere tye by te staan.

Wêreldboekedag: Lees veral nóú belangrik

Die viering van Wêreldboekedag vandag (23 April) is vanjaar nog meer relevant as ooit tevore. As gevolg van die Covid-19-pandemie en die inperking wat daarmee gepaard gaan, kan die wonder van die geskrewe woord gebruik word om eensaamheid en ’n gebrek aan stimulering teen te werk.

Onnies en leerders, hier is ’n kursus of twee

Twee van die ATKV-Entrepreneurskompetisie se beoordelaars bied kursusse aan om onderwysers, sowel as leerders, te bemagtig tydens die staat van inperking.

Herman Grobbelaar

ATKV-lede maak musiek op hul balkon vir Gariep Dam

Die countrysangers Herman en Driekie Grobbelaar het Saterdagaand (18 April) hulle monitors op hulle huis se balkon ingeprop, die kitaar opgetel en ou gunstelinge vir die mense van Gariep Dam gespeel.

ATKV-tak steek hand uit tydens Covid-19-krisis

Terwyl die meeste van ons ween oor die verlengde inperkingmaatreëls, is daar talle ander wat weens die Covid-19 pandemie werkloos gelaat is en van die hand tot die mond moet lewe.

Só kan jou kind gratis leer om beter te lees

Met Reading Rocket, in samewerking met die ATKV, kan jy jou kind se leesvermoë opskerp, en dit is boonop tydens die staat van inperking gratis.

Covid-19 demp nie Tienertoneelgeselskap se kreatiwiteit

’n Groep jong aspirant-teatermakers wat beplan om vanjaar aan ATKV-Tienertoneel deel te neem, het besluit dat geen virus gaan hulle kreatiwiteit pootjie of hulle gees demp nie.

Skryf nou in vir Renoster F-kalenderkompetisie

Is jy al moedeloos om idees uit te dink om die kinders besig te hou te midde van die landwye inperking as gevolg van die Covid-19-pandemie? Wel, dan bied die ATKV-tak Cum Laude se Renoster F-kalenderkompetisie die ideale oplossing. Nie net gaan dit vir Boet en Sus vir ’n wyle besig hou nie, maar hulle sommer op die koop toe bewus van maak van die lot van renosters.

Maestrokomponis met ATKV-oorkonde vereer

Dr. Lourens Faul (88), ’n veelsydige komponis, wat meer as 1000 komposisies neergepen en diep spore in die Afrikaanse musiekwêreld getrap het, is onlangs by die Margate-aftree-oord in KwaZulu-Natal met ’n ATKV-oorkonde vir sy groot bydrae vereer.

Gesoek: ’n Reënboog met diep wortels

Ek sit soggens op ’n houtkis in ons kombuis en mediteer. Van daar kan ek deur die skuifdeur uitkyk oor die stoep en op ’n vyeboom wat in die middel van ons agtertuin groei.

Groot drama vir klein lyfies

Dit is nooit te vroeg om ’n liefde vir toneel by kinders te kweek nie. Daarom het die ATKV in 2019 ’n nuwe kompetisie van stapel gestuur sodat laerskole ook hul slag op die verhoog kan wys ...

ATKV-projekte: 'Ons sien uit na die toekoms'

Die ATKV-MSW besef dat die koronavirus groot uitdagings aan ouers, onderwysers en leerders stel. "Ons is hard aan die werk om te verseker dat sodra dinge weer na normaal toe terugkeer ons kan voortgaan met die aanbied van die projekte."

Ballade vir Nkunzi-uittreksel

"Weet jy wat is die heel beste van flat rock bottom wees? As jy eers dáár is, kan alles en enigiets jou droom wees."​ Lees hier ’n uittreksel uit ’n Ballade vir Nkunzi.

Dr. Danny Titus deur Worcester vereer

Dr. Danny Titus, uitvoerende hoof: korporatiewe aangeleenthede van die ATKV, het as deel van sy geboortedorp, Worcester, se 200ste bestaansjaarvieringe die Freedom of the Town ontvang.

kopskuif

ATKV-Kopskuif motiveer Noord-Kaapse matrikulante

ATKV-Kopskuif het besluit om die naweek van 6 Maart ’n matriekkamp in Vioolsdrif vir matrikulante van die S.A. van Wyk Sekondêre Skool in Springbok aan te bied.

koronavirus

Koronavirus: Kommunikasie aan ATKV-kliënte

Die ATKV hou die gebeure rondom die uitbreking van die koronavirus (COVID-19, deur SARS-CoV-2 veroorsaak), wat deur die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) as ’n wêreldwye gesondheidsnoodtoestand verklaar is, baie fyn dop – veral ten opsigte van die impak op die gasvryheidsindustrie in Suid-Afrika, asook projekte waarby die ATKV-MSW betrokke is.

Variante van Afrikaans moet omarm word, hoor Woordfeesgangers

Afrikaanssprekendes moet eienaarskap van hul taal vat, die variante omarm, begin om ’n verskil te maak in hul gemeenskap en positief oor Afrikaans bly. Dit was van die menings Vrydag by die ATKV se gesprekspaneel, Kô ons gesels by die TOYOTA US-Woordfees op Stellenbosch. 

ATKV wil eenheid in diversiteit vier by Woordfees

Hoe kweek jy eenheid in diversiteit en is dit moontlik? Die ATKV wil vanjaar by die TOYOTA US-Woordfees op Stellenbosch dié moontlikheid ondersoek met sy gesprekspaneel, Kô ons gesels.

Toyota US Woordfees: VVA-program

Die Vriende vir Afrikaans (VVA), ’n divisie van die ATKV, is ’n groep mense wat werk vir Afrikaans. As ’n mens hul program by die Toyota US Woordfees bestudeer, gaan daar beslis van 9 tot 12 Maart gewérk word. Maak ’n knoop in jou oor en woon een of sommer al die aktiwiteite by.

Minke Marais

ATKV-Tienertoneel: Aktrise wil by KKNK ander inspireer

Minke Marais wat verlede jaar by die ATKV-Tienertoneelfinaal bekroon is vir haar spel in die wenproduksie, Waterbrief, wil ander met haar talente inspireer.

Kom ontmoet die akteurs en skeppers van die skreeusnaakse 'Hotel'

Nou kan jy by die ATKV se Inkstories self by die skeppers en die akteurs van "Hotel" kom hoor hoe dié immergewilde en Safta-bekroonde komediereeks tot stand gekom het.

beter afrikaans

Hoërskoolleerders, wys jou slag in Afrikaans

Aandag alle hoërskoolleerders! Kom wys jou slag met Afrikaans! Neem deel aan Beter Afrikaans se heel eerste skolekompetisie. Nie net kan jy as die Afrikaanskampioen gekroon word nie, maar jy sal ook met ’n prys of twee kan wegstap.

Die vlerke van naaldekokers uittreksel

As jy ’n aanhanger is van John Green en Nicola Yoon is Cecilia Steyn se nuutste jeugroman dalk net vir jou. Die vlerke van naaldekokers sal tieners, sowel as volwassenes boei. Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Nie net het sy haar linkerhand verloor nie, maar haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg. Boonop is sy die een wat al vir maande lank haar ma se geheim moet ronddra.

charl du plessis

Unieke KKNK-konserte in die Kangogrotte

Vir die eerste keer sedert 1996 word daar twee konserte in die Kangogrotte tydens die KKNK aangebied. Die unieke en eenmalige konserte wat met spesiale toestemming aangebied word, beloof om twee onvergeetlike aande te wees saam met Charl du Plessis en Karen Zoid.

karien brits

'Moedertaalonderrig hou ekonomiese voordele in'

Karien Brits, bestuurder: taal by die ATKV, het met Mariëtta Kruger op Naweekaktueel op RSG gesels oor moedertaalonderrig.

Skop nuwe genres oop in Afrikaans

Net omdat ’n boek, rolprent of teaterstuk in Afrikaans is, beteken nie resensente moet dit lof toeswaai nie. Hierdie stelling van Willie Burger, ’n Suid-Afrikaanse akademikus, resensent en skrywer, het Woensdagaand ’n warm debat ontketen tydens die eerste ATKV-Inkstories van 2020 by Exclusive Books in Sandton.

applous

Koorwerkswinkel ideaal vir koorleiers wat meer wil leer

Of jou koor min of geen ervaring het nie of teen die beste van die bestes meeding, die ATKV-Applouskoorwerkswinkel gaan jou toerus om jou koor tot nuwe hoogtes te neem.

lees

LAPA Uitgewers aan Penguin Random House verkoop

Die ATKV het LAPA Uitgewers, ’n filiaal van die ATKV, aan Penguin Random House verkoop. Vanaf einde Februarie sal LAPA Uitgewers nie meer onder die ATKV ressorteer nie.

Kom gesels saam oor #Afrikaans

Ter viering van Internasionale Moedertaaldag (21 Februarie) gaan die ATKV saam met ’n formidabele paneel in #Afrikaans oor ’n glas wyn en vingerhappies kuier. En jy is ook genooi...

Kom leef jou liefde vir tale uit

’n Propvol program word by die Goethe-Instituut in Parkwood, Johannesburg, ter viering van Internasionale Moedertaaldag aangebied. Op hierdie dag kan mense basiese Afrikaans aanleer en boonop leer hoe ’n mens in Afrikaans flankeer! 

Oudspoorwegman vier 90ste saam met die ATKV

Hy het twee oorloë oorleef, die kom en val van apartheid gesien, en selfs nou, aan die begin van ’n nuwe dekade, is die 90-jarige Johan van Deventer ’n trotse lid van die ATKV.

waterbrief

Waterbrief by KKNK te sien

Die wenproduksie van ATKV-Tienertoneel 2019 sal vanjaar ook teaterliefhebbers by KKNK bekoor. Die Hoërskool Noordheuwel van Krugersdorp se produksie Waterbrief beloof om ’n kragtoer te wees.

Doen en Leer

VVA leer opvoeders om speel-speel wiskunde aan te bied

Wie sou kon raai dat wiskunde eintlik ’n taal is wat meer met begrip as met syfers te doen het? Dít is die boodskap wat die Vriende van Afrikaans (VVA) met hulle Doen en Leer-wiskunde-opleiding by opvoeders in George wou tuisbring.

beter afrikaans

Is jou Afrikaans tops? Skryf in en wen

Is jy daardie mens wat graag vir ander daarop wys dat hulle verkeerd spel, taalreëls op die palm van jou hand ken en ’n oorval kry oor die swak Afrikaans wat mense besig? Dan het ons net die kompetisie vir jou.

matriekuitslae

Geluk aan matrieks; harde werk lê voor, sê Seymour Bothman

Die bekendstelling van die matriekuitslae is op almal se lippe. Vir die eerste keer in baie jare is die slaagsyfer meer as 80%. Seymour Bothman, bestuurder: onderwys by die ATKV, gee sy indrukke.