Skip to the content

Nuus

Middelburg leef #weesdieverskil

Die ATKV se #Weesdieverskil-veldtog het oor die afgelope jaar groot traksie onder ATKV-takke en hulle gemeenskappe gekry, maar nou is dié boodskap lewensgroot en sigbaar vir almal wat Middelburg, in die Oos-Kaap, binnery. 

Dana Snyman

ATKV vereer vir Dana Snyman

Die skrywer Dana Snyman is Vrydagaand vir sy jare lange bydrae vereer om die stories van mense met deernis en humor in Afrikaans te vertel.

ATKV-Tienertoneel 2020: Laai tekste gratis af

Nuwe skryftalent is vanjaar met ATKV-Tienertoneel ontgin en die bekendstelling van ’n digitale monoloogbundel lewer bewys van ons jeug se aanpasbaarheid en dat die skepping van nuwe karakters en stories nooit sal opdroog nie.

ATKV-Tienertoneel 2020: Kyk die finaal

Die ATKV-Tienertoneelfinaal is aangepas om steeds jong talent te vier, deur dit digitaal op 14 November 2020 om 18:00 na jou skerm te bring.

(Vir)Taal

Skryf nou vir (Vir)Taal

(Vir)TAAL is ’n nuusbrief vir studente deur studente in Afrikaans oor Afrikaans. Kom skryf saam!

ATKV-lede, bespreek oordvakansie nou aanlyn

Met die nuwe ATKV-ledestelsel gaan jy dadelik die lidtarief sien en jou bespreking by enige ATKV-oord kan doen. Jy sal ook jou adresbesonderhede kan opdateer, die Taalgenoot digitaal lees, kommunikasievoorkeure verander en selfs op die hoogte van jou rekening bly.

ATKV-Entrepreneurs 2020: En die wenners is...

Covid-19 het dalk ’n demper op 2020 geplaas, maar dit het nie jong entrepreneurs gekeer om hulle vir die ATKV-Entrepreneurskompetisie in te skryf nie. Vir die drie beoordelaars was die proses om ’n wenner te kies beslis nie maklik nie.

Prikkel jou lagspiere met Grendel-Giggel

Grendel-Giggel is Ilne Fourie se eenvrouvertoning waar sy die draak steek met die grendeltydperk. Ilne, in samewerking met die ATKV en die ATKV-tak Gemeenskapsteater, wil met hierdie inisiatief graag weer mense laat lag.

Jongerenprojek: Deel nou jou herinneringe!

Ter viering van die 45ste bestaansjaar van die Jongerenprojek (JP) wil organiseerders ’n pragboek saamstel uit JP-deelnemers en -betrokkenes se ervarings.