Skip to the content

Nuus

Skryf nou in vir Renoster F-kalenderkompetisie

Is jy al moedeloos om idees uit te dink om die kinders besig te hou te midde van die landwye inperking as gevolg van die Covid-19-pandemie? Wel, dan bied die ATKV-tak Cum Laude se Renoster F-kalenderkompetisie die ideale oplossing. Nie net gaan dit vir Boet en Sus vir ’n wyle besig hou nie, maar hulle sommer op die koop toe bewus van maak van die lot van renosters.

Maestrokomponis met ATKV-oorkonde vereer

Dr. Lourens Faul (88), ’n veelsydige komponis, wat meer as 1000 komposisies neergepen en diep spore in die Afrikaanse musiekwêreld getrap het, is onlangs by die Margate-aftree-oord in KwaZulu-Natal met ’n ATKV-oorkonde vir sy groot bydrae vereer.

Gesoek: ’n Reënboog met diep wortels

Ek sit soggens op ’n houtkis in ons kombuis en mediteer. Van daar kan ek deur die skuifdeur uitkyk oor die stoep en op ’n vyeboom wat in die middel van ons agtertuin groei.

Groot drama vir klein lyfies

Dit is nooit te vroeg om ’n liefde vir toneel by kinders te kweek nie. Daarom het die ATKV in 2019 ’n nuwe kompetisie van stapel gestuur sodat laerskole ook hul slag op die verhoog kan wys ...

ATKV-projekte: 'Ons sien uit na die toekoms'

Die ATKV-MSW besef dat die koronavirus groot uitdagings aan ouers, onderwysers en leerders stel. "Ons is hard aan die werk om te verseker dat sodra dinge weer na normaal toe terugkeer ons kan voortgaan met die aanbied van die projekte."

Ballade vir Nkunzi-uittreksel

"Weet jy wat is die heel beste van flat rock bottom wees? As jy eers dáár is, kan alles en enigiets jou droom wees."​ Lees hier ’n uittreksel uit ’n Ballade vir Nkunzi.

Dr. Danny Titus deur Worcester vereer

Dr. Danny Titus, uitvoerende hoof: korporatiewe aangeleenthede van die ATKV, het as deel van sy geboortedorp, Worcester, se 200ste bestaansjaarvieringe die Freedom of the Town ontvang.

kopskuif

ATKV-Kopskuif motiveer Noord-Kaapse matrikulante

ATKV-Kopskuif het besluit om die naweek van 6 Maart ’n matriekkamp in Vioolsdrif vir matrikulante van die S.A. van Wyk Sekondêre Skool in Springbok aan te bied.

koronavirus

Koronavirus: Kommunikasie aan ATKV-kliënte

Die ATKV hou die gebeure rondom die uitbreking van die koronavirus (COVID-19, deur SARS-CoV-2 veroorsaak), wat deur die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) as ’n wêreldwye gesondheidsnoodtoestand verklaar is, baie fyn dop – veral ten opsigte van die impak op die gasvryheidsindustrie in Suid-Afrika, asook projekte waarby die ATKV-MSW betrokke is.

Variante van Afrikaans moet omarm word, hoor Woordfeesgangers

Afrikaanssprekendes moet eienaarskap van hul taal vat, die variante omarm, begin om ’n verskil te maak in hul gemeenskap en positief oor Afrikaans bly. Dit was van die menings Vrydag by die ATKV se gesprekspaneel, Kô ons gesels by die TOYOTA US-Woordfees op Stellenbosch. 

ATKV wil eenheid in diversiteit vier by Woordfees

Hoe kweek jy eenheid in diversiteit en is dit moontlik? Die ATKV wil vanjaar by die TOYOTA US-Woordfees op Stellenbosch dié moontlikheid ondersoek met sy gesprekspaneel, Kô ons gesels.

Toyota US Woordfees: VVA-program

Die Vriende vir Afrikaans (VVA), ’n divisie van die ATKV, is ’n groep mense wat werk vir Afrikaans. As ’n mens hul program by die Toyota US Woordfees bestudeer, gaan daar beslis van 9 tot 12 Maart gewérk word. Maak ’n knoop in jou oor en woon een of sommer al die aktiwiteite by.

Minke Marais

ATKV-Tienertoneel: Aktrise wil by KKNK ander inspireer

Minke Marais wat verlede jaar by die ATKV-Tienertoneelfinaal bekroon is vir haar spel in die wenproduksie, Waterbrief, wil ander met haar talente inspireer.

Kom ontmoet die akteurs en skeppers van die skreeusnaakse 'Hotel'

Nou kan jy by die ATKV se Inkstories self by die skeppers en die akteurs van "Hotel" kom hoor hoe dié immergewilde en Safta-bekroonde komediereeks tot stand gekom het.

beter afrikaans

Hoërskoolleerders, wys jou slag in Afrikaans

Aandag alle hoërskoolleerders! Kom wys jou slag met Afrikaans! Neem deel aan Beter Afrikaans se heel eerste skolekompetisie. Nie net kan jy as die Afrikaanskampioen gekroon word nie, maar jy sal ook met ’n prys of twee kan wegstap.

Die vlerke van naaldekokers uittreksel

As jy ’n aanhanger is van John Green en Nicola Yoon is Cecilia Steyn se nuutste jeugroman dalk net vir jou. Die vlerke van naaldekokers sal tieners, sowel as volwassenes boei. Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Nie net het sy haar linkerhand verloor nie, maar haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg. Boonop is sy die een wat al vir maande lank haar ma se geheim moet ronddra.