Skip to the content

Nuus

ATKV-tak wil HOOP bring met gedigtekompetisie 

Skryf nou in vir die ATKV-tak Sonneblom se gedigtekompetisie en bring HOOP! 

ATKV-Idiome Sonder Woorde-kompetisie: Hier is die wenners

Teen die tyd ly die meeste van ons al weens die inperking aan kajuitkoors. Ons is emosioneel getap. Gefrustreerd en so hol soos ’n kalbas. Die ATKV het met sy Idiome Sonder Woorde-kompetisie vir leerders kreatief uitgedaag om hulle lewe tydens die pandemie meer draaglik te maak en die inskrywings het as’t ware die beoordelaars dronkgeslaan.

Webinaar: Kom gesels saam oor boelies en die media

Jacolette Kloppers, ’n mediakenner, en Jacques Gombault, bekende akteur, gaan in die volgende ATKV-Digigroeiwebinaar hul kennis oor die media en boelies met jou deel.

ATKV-DigiPraat: Inskrywings se standaard beïndruk

Die standaard van inskrywings vir ATKV-DigiPraat was so hoog dat beoordelaars behoorlik moes kopkrap oor die uitslae.

ATKV-Tienertoneel: Webinare nou te koop

Die ATKV het in die afgelope maand ’n reeks webinare aangebied waarin Cintaine Schutte, Jacques Bessenger, Amalia Uys, Wilhelm van der Walt, dr. André Gerber en Henrietta Gryffenberg leerders en onderwysers touwys gemaak het oor die teaterbedryf.

ATKV-DigiSpanpraat: Vier vaar beter as een

Wanneer jy aan ATKV-Redenaars dink, dink jy aan ’n senuweeagtige leerder, kaartjies in die hand wat voor ’n gehoor sy/haar standpunt moet bewys, maar met die ATKV-DigiSpanpraat kan daar nou uitgesien word na groepwerk en spangees.

ATKV-Crescendo: Kom wys jou slag as ’n liedjieskrywer

Steek daar ’n liedjie binne jou weg wat wag om los te breek en derduisende mense te bekoor?Wil jy graag by van die beste liedjieskrywers – soos Danie du Toit van Spoegwolf en Anna Davel – leer hoe om jou liedjie lewe te gee?

ATKV-Digi: Inskrywings van wyd en syd ontvang

Vir die eerste keer in die ATKV se bestaan van 90 jaar word die organisasie se projekte in die kuberruim aangebied en die reaksie is oorweldigend.

Webinaar: Word ’n beter leier – by die huis, skool en werk

Hoe lyk jou leierskapsmuur? Kom vind uit by die volgende ATKV-DigiGroei-webinaar via Zoom Donderdag 16 Julie 2020 om 16:00. Ons gesels oor leierskap by die huis, skool en in die werkplek.