Skip to the content

Nuus

Digikuns

ATKV-DigiKuns: Hier is die wenners

Die ATKV se eerste digitale kunskompetisie het aan deelnemers die geleentheid gegee om die prag van Afrikaanse digkuns op ’n kreatiewe manier visueel te interpreteer deur ’n oorspronklike kunswerk daarvan te skep.

Webinaar: Van tronkvoël tot jeugpastoor

Ivor Swartz kom van die Gaatjie in Grabouw en het beslis ’n unieke storie om te vertel. Kom luister hoe die voormalige tronkvoël nou leef om ’n positiewe bydrae in die samelewing te maak.

digiskryf

ATKV-Digiskryf: Hier is die wenners

ATKV-DigiSkryf het vir oud en jonk die geleentheid gegee om met hul pennevrug te spog. Die inskrywings was van hoogstaande gehalte en die beoordelaars moes behoorlik kopkrap.

Marlene le Roux

Marlene le Roux verkies tot voorsitter van ATKV-direksie

Marlene le Roux, ’n bekende kampvegter vir Afrikaans, kultuur, die jeug en gestremdes, is verkies tot die voorsitter van die direksie van die ATKV-MSW (maatskappy sonder winsbejag).

Jodi Jantjies

Crescendo vier ATKV se 90 jaar met musiek

Die ATKV het op 19 Augustus 90 jaar oud geword! En wat ’n beter manier om hierdie geleentheid te vier as met musiek en talent wat deur die ATKV ontdek en ontwikkel is.

AJV 2020: Uitslae van stemming

Die algemene jaarvergadering van die ATKV het vanjaar in die 90ste bestaansjaar van dié organisasie vir die eerste keer digitaal plaasgevind. Die uitslae van die stemming is soos volg:

ATKV 90

ATKV word 90: Steeds ’n lig wat wink, ’n vlam wat skroei

2020 is ’n jaar wat ons vir altyd sal bybly. Die lewe soos ons dit geken het, het handomkeer verander. Die Covid-19-pandemie het veroorsaak dat die skerp reuk van ontsmettingsmiddels en die anonimiteit wat gesigmaskers verskaf die nuwe normaal geword het. 2020 sal ook onthou word as die jaar waarin die ATKV nege dekades van opbou, uitbou en voortbou van die Afrikaanse taal vier.

 

Maak ’n verskil met Koop-’n-Afrikaanse-boekdag

Op 14 Augustus vind Koop-’n-Afrikaanse-boekdag vir die 16de jaar agtereenvolgens plaas en jy kan boeke op hierdie dag teen ’n winskopie vir jou en jou kinders koop.

Webinaar: Hoe begin ek my eie besigheid?

Twee kundige entrepreneurs, Francois Naude en Albert van Wyk, bied ’n gratis webinaar op Donderdag 20 Augustus 2020 om 16:00 aan spesifiek vir leerders en hulle ouers wat belangstel in die uitdagende wêreld van entrepreneurskap.