Skip to the content

Nuus

My waarheid, jou waarheid en dié waarheid

“Jy’s geregtig op jou eie opinie, maar jy is nie geregtig op jou eie feite nie.”
– Amerikaanse politikus Daniel Patrick Moynihan

Post-waarheid: Omstandighede waarin objektiewe feite baie minder invloed op die vorming van openbare menings as oproepe tot emosie en persoonlike oortuigings uitoefen.

Snaakse teaterproduksie skep positiwiteit en samesyn

Die Kunstetrust en die ATKV, het besluit om met die skreeusnaakse teaterproduksie, Sjarrap en eet jou kos, na ATKV-takke en dorpe in die Vrystaat, Noord-Kaap en Oos-Kaap te neem.

Jodi Jantjies stel haar album hierdie week bekend

Jodi Jantjies, sangeres en liedjieskryfster van Mitchell’s Plein stel haar album hierdie week bekend. Teen volgende maand kan musiekliefhebbers en Jodi se aanhangers ’n eksklusiewe CD en DVD van haar WOORDE bestel. Hierdie beperkte en eksklusiewe aanbod bevat haar album in ’n CD-formaat, asook ’n DVD met beeldmateriaal van Jodi se storie en die reis van die album tot by vrystelling.

Vandag se normaal; môre se bisar

Wat doen ons deesdae wat eendag die nekhare sal laat  rys en waarheen is ons op pad? Tegnologie vorder vinniger as wat ons kan bybly en die verlede lyk in sy stomme eenvoud al hoe meer bisar...

Jong talent en groot passie is gekies vir die kollig

Die ATKV het vanjaar die teatergrense verskuif met sy DigiToneelkompetisie deurdat die top-10-finaliste hulle buiging gemaak het in ons eie nuutvervaardigde realiteitsreeks vir Via, Gekies vir die Kollig, op DStv-kanaal 147.  

Die wetenskap van bespiegeling

Wat is die kans dat lewe op ander planete gevind word? Aardbewoners kan hulle solank gereed maak: Nasa reken hy gaan binne die volgende 20 jaar onweerlegbare bewyse van buiteaardse lewe vind. Nie dat die idee van moontlike lewe op ander planete nuut is of opslae maak nie...

ATKV-DIGITONEEL 2021 se top-monoloë gepubliseer!

Die ATKV ontgin voortdurend nuwe skryftalent en het die beste, nuutgeskrewe monoloë wat tieners self vir vanjaar se ATKV-DigiToneelkompetisie geskryf het in ’n bundel saamgevat. 

ATKV-Debat 2022: Onderwerpe bekend

Hier is die onderwerpe vir die junior en senior spanne van die ATKV-Debatskompetisie 2022! Begin solank navorsing doen en kry jou span se argumente reg vir ’n goeie debatsgesprek!

Om met klank te skep...

Om ’n fliek soos Heidi en Die Sneeukoningin Afrikaans te laat praat, vra vernuftige oorklanking en ure se werk in skemer ateljees...

Jannie du Toit toer saam met die ATKV

Jannie du Toit vier vanjaar sy 50ste jaar as sanger, en om hierdie mylpaal te vier, toer Jannie saam met die ATKV deur die Vrystaat en die Oos-Kaap.

Die ATKV wag op inskrywings vir spesiale Covid media-toekenning

In ’n era waarin fopnuus soos ’n veldbrand kan versprei, is dit belangriker as ooit tevore om goeie joernalistiek te ondersteun, en daarom het die ATKV besluit om vanjaar ’n spesiale Covid-toekenning te maak. Altesaam R30 000 prysgeld is op die spel.

Sukkel jou kind om te spel? Hier is praktiese raad

Om ’n kind reg te leer spel kan ’n tamaai van ’n taak wees. Jy en jou kind se onderwyser sit dalk al met hande in die hare oor sy swak spelling en dit wil net nie verbeter nie. Hoe gemaak? Hoe kry jy dat jou kind reg spel en is daar praktiese wenke?

Nuwe leesprojek bemagtig kinders in die Noord-Kaap

Die ATKV-tak Rooiduin het ’n nuwe leesprojek van stapel gestuur om kinders op grondslagfase met lees te help. “Rinkink terwyl jy dink” is ’n leesprogram wat deur die onderwyseres, Leandré Steyn, ontwikkel is en sy het saam met die ATKV-tak Rooiduin gewerk om dié unieke program in 26 skole in die Noord-Kaap te implementeer.

Uittreksel: 107 Kaalkoppe deur Nataniël

Nataniël vier 20 jaar as Kaalkop-rubriekskrywer met hierdie nuwe versameling van sy gewilde SARIE-rubrieke: 107 Kaalkoppe geskryf vanaf 2012 tot 2021. Eerlik, persoonlik, nugter, inspirerend, melankolies, hartseer, opgewonde, driftig, simpatiek, verbaas, dwars, reguit en vasbeslote mik hy na elke moontlike emosie. Met die wêreld op sy kop was daar nog nooit ’n beter tyd vir ’n boek soos dié nie.

ATKV-Redenaars 2022: Temas bekend

Die temas vir ATKV-Redenaars 2022 is bekend. Trek jou navorsingsbronne nader, wees kreatief en kom boul ons uit met jou standpunt.

Onblusbare talent bekroon tydens ATKV-Tienertoneelfinaal

’n Swaargewig paneel beoordelaars moes behoorlik kopkrap om die wenners van die gesogte ATKV-Tienertoneelkompetisie aan te wys danksy dapper tieners wat met hul passie die verhoog aan die brand gespeel het.

ATKV-takke kweek groen vingers vir ’n volhoubare toekoms

Die ATKV loods eersdaags ’n nasionale projek waar hulle aan individue en takke opleiding gaan gee oor hoe om hul eie organiese groentetuine te kweek en daar word beoog om met die eerste fase van die projek 123 tuine te vestig.