Skip to the content

Nuus

ATKV-Kopskuif dien skoolgemeenskap tydens pandemie

Die ATKV se Kopskuifprogram vir hoërskole en laerskole het ten doel om gehalteonderwys te ondersteun in skole en motiveringsessies en werkswinkels aan te bied.  

Ken en bestuur só jou kind se emosies

Jy het dit seker al beleef. ’n Peuter wat nie sy sin kry nie en ’n kabaal opskop. Met ’n rooi gesiggie, trane wat oor die wange loop en al skoppende en skreeuende op die grond is dit die meeste ouers se ergste nagmerrie.

ATKV-taklid begin ’n leesrevolusie

Wat begin het as ’n nederige leesgroepie met vyf kinders het gou in ’n leesrevolusie ontaard toe Trudie Swanepoel, voorsitter van die ATKV-damestak Despatch, besluit het om kinders in haar omgewing te leer lees.

‘Poliglot’ is nie ’n vloekwoord nie

Dis geen verrassing dat meertaligheid voordelig is nie, maar het jy geweet dit het ook ’n groot impak op jou brein?

Vier Moedertaaldag: Taal is lewe

Internasionale Moedertaaldag is vir die ATKV ’n belangrike dag op die taalkalender. Soos UNESCO inderdaad sê: “Tale is die kragtigste manier om kultuur te bewaar en te ontwikkel en om dit regoor die wêreld te bevorder.”

Liefde vir boeke die fokus van die Johan Combrink-gedenklesing

Maak jou kinders lief vir lees en gee vir hulle genoeg tyd om te speel. Dit was in ’n neutedop Quinton Adams, ’n opvoedkundige sielkundige, se boodskap tydens die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n divisie van die ATKV, se Johan Combrink-gedenklesing op die Ou Bethlemem-plaas te Kylemore, ’n dorpie nie ver van Stellenbosch nie.

ATKV-AbbAsorg: Jy kan ’n kleuter help

ATKV-AbbAsorg het die afgelope paar maande nie net vir kinders ’n veilige omgewing geskep waar hulle gehalteopvoeding en -versorging kon ontvang nie, maar ook gesorg dat die kinders en hulle gesinne iets het om te eet.

’n Nar in ’n nare wêreld

Wanneer dié onderwyseres en voormalige dramastudent die onderwerp van haar doktorale studie noem, kan mens dalk dink dis ’n grap. Maar Klara van Wyk is doodernstig dat daar meer agter hansworsery steek as net vermaak ...

Kyk: Sonél Brits betuig medelye

Verskeie vriende van die ATKV en ATKV-taklede het hulle stryd teen Covid-19 verloor. Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, betuig haar medelye.

ATKV-takvoorsitter woeker al woon sy in Taiwan

Hoe gemaak as jou takvoorsitter aan die anderkant van die wêreld sit? Dít was die uitdagings wat die ATKV-tak Kunstejêm die hoof moes bied terwyl hulle takvoorsitter Karien Brits nou in Taiwan woon.

Al vloekende al digtende

Afrikaans skrik nie vir swets nie. Maar hoort vloekwoorde en kruhede in die digkuns, waar woorde fyn gekeur
en ekonomies ingespan word?

Sophia Kapp: Die stilte waarin stories sterf

2020 was nie ’n goeie jaar vir introverte nie. Ons het verwag die ander klomp gaan swaarkry – die ekstroverte; die mense wat hul energie van ander mense kry; die luidrugtiges, die kletsers, die kuiergatte.

Publiseer nou jou werk!

Die ATKV, LitNet en Voertaal vat hande om studente die geleentheid te gee om hul werk te publiseer. Hierdie nuwe inisiatief staan bekend as Voertaal | (Vir)Taal.

Marlene le Roux: Soek daardie silwer randjie

Marlene le Roux, voorsitter van die ATKV-MSW-direksie, glo dat die ATKV se werksaamhede ’n bron van vreugde in 2021 kan wees. Hier is haar boodskap aan ATKV-lede en -personeel.

Deel jou môres

Christine Barkhuizen le Roux, outeur van romans soos Padmaker, Drieklawerblaar en Getuie, skryf oor die versengende droogte in die Klein-Karoo en die dag toe die reën kom …