Skip to the content

Nuus

Kom beleef ’n musikale pelgrimstog op RSG

Dié splinternuwe Afrikaanse Paasoratorium "Kruis van liefde" is deur die Suid-Afrikaanse komponis Franco Prinsloo gekomponeer en luisteraars sal op ‘n musikale pelgrimstog deur die Vox Chamber Choir geneem word.

ATKV-DigiSpel: Hier is die wenners!

S-P-E-L-L-E-R-S van regoor die land het in die afgelope weke aan ATKV-DigiSpel deelgeneem en hulle slag gewys op hierdie opwindende digitale platform.

Groot bederf in die Boland

Daar is ’n eenvoudige oplossing vir die triestige wintermaande. Baie mense sal dink dit is om koers te kies na ’n meer tropiese klimaat soos in KwaZulu-Natal, waar jy in ’n kortbroek en plakkies aan ’n draairoomys kan smul terwyl die seemeeue bo jou kop draai. Maar om werklik meer vrede te vind is om teen die grein te gaan. Om die Kaapse winterreën te waardeer met ’n glasie rooiwyn in die hand, terwyl die geknetter van ’n hardekoolvuur jou enigste geselskap is.

ATKV-tak Langsous wil ook in die individu belê

Vanjaar is die ATKV se bemarkingslagspreuk “Belê in jouself, belê in jou toekoms, #weesdieverskil" en dit is juis wat die ATKV-tak Langsous in Mosselbaai wil doen met hulle nuwe entrepreneursprojek.

Taalgenoot TOP 5: Alternatiewe Afrikaanse liedjies wat die hartsnare roer

Kyk ons almal weet “Baby Tjoklits” en “Jy soen my meer nie” is die allermooiste-ooiste Afrikaanse liedjies in Afrikaans*, maar wat van alternatiewe kunstenaars? 

ATKV-tak PEAAT vier sewe dekades op die planke

Vir die afgelope sewe dekades het die amateurteatergeselskap ATKV-tak PEAAT gehore geboei en laat lag met hulle toneelproduksies. Vanjaar vier dié tak sy 70ste bestaansjaar.

Wen met jou biblioteek-storie

Die Biblioteek- en Inligtingsvereniging van Suid-Afrika (LIASA) vier van 15 tot 21 Maart die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek (SALW) met die tema “Biblioteke maak saak!” Het jy ’n interessante storie oor ’n biblioteek?

Met die see op jou voorstoep, klop min dinge ’n Natalia-seevakansie

Dis maar nou een keer die lekkerte van Kwazulu Natal se kus – jy kan amper regdeur die jaar swem. ATKV-Natalia bied egter soveel meer.

ATKV-tak Noupoort reik uit na ouetehuis

Die ATKV-tak Noupoort is dalk klein, maar doen groot werk om ’n verskil in hulle gemeenskap en selfs in naburige dorpe te maak.

Nuwe ATKV-tak wil die jeug bemagtig

’n Nuwe ATKV-tak in die Mosselbaai-omgewing wil hulle bemoei met die jeug en ’n liefde vir taal en kultuur onder jong mense kweek.

Span uit in Limpopo by ATKV-Eiland Spa

Almal het ’n wegbreek nodig en ATKV-Eiland Spa is die regte medisyne om jou te laat vergeet van die stad. Die Limpopo-provinsie is feitelik regdeur die jaar warm, terwyl temperature in die res van die land jou vinnig kan laat bibber. En met die winterseisoen wat al plek-plek in die land begin byt, is ATKV-Eiland Spa die perfekte afskeidswegbreek so voor die truie en verwarmers uitgehaal word.

ATKV-Klein-Kariba – kom span uit in ’n stukkie Bosveldparadys

Almal het ’n wegbreek nodig en ATKV-Klein-Kariba is net die medisyne om jou kop skoon te kry en jou van jou sorge te laat vergeet.

Taalgenoot TOP 5: Vyf hatige Afrikaanse televisierolle

Hier is Taalgenoot se top vyf rolle wat deur Afrikaanse akteurs in Afrikaanse televisieprogramme vertolk is, wat jou ma of ouma nie sou kon weerstaan nie. 

ATKV-Kopskuif presteer op die radiogolwe

Die ATKV-Kopskuif-projek is bekend daarvoor dat dit onderwysers en leerders inspireer en bemagtig, maar deesdae vind dit ook op die draadloos plaas en honderde skoolgemeenskappe baat uit dié topradioprogram. ATKV-Kopskuif, wat weekliks op Kaapse Kansel aangebied word, is onlangs aangewys as die radiostasie se topprogram met die meeste luisteraars.

ATKV-Inkstories laat die ink in jou are bruis

In 2018 het die ATKV-taalfdeling die projek, ATKV-Inkstories, die lig laat sien. Hierdie projek het ontstaan om die liefde vir Afrikaanse letterkunde aan te wakker. Letterkunde is soveel meer as net woorde op papier. Letterkunde weerspieël mense se emosies, ervarings en gebeure op so ’n wyse dat mense ’n stukkie van hulself daarin kan sien.

Vroeë kinderontwikkeling: Jou kind moet kan lees om syfers te laat klop

By AbbAsorg, die ATKV se sosiaal-maatskaplike verantwoordelikheidsprogram, val die klem op vroeë kinderontwikkeling en om ’n veilige hawe vir kinders te bied. Daarom fokus AbbAsorg ook daarop om kinders te leer om met begrip te lees, sodat hulle op skool kan floreer.

Basta met die boelies!

Boelies is niks nuut nie. Jy is waarskynlik as ’n kind geboelie of jy ken iemand wat geboelie was of dalk selfs die boelie was.
Die ATKV het besluit om hande met die akteur Jacques Gombault te vat om die universele probleem in ons skole aan te spreek.