Skip to the content

Nuus

ATKV-takke doen hulle naam gestand

Die ATKV-takke spog met baie interessante name. Nie net rol dit lekker oor die tong nie, maar het ook diep betekenis.

Die vreemdheid van toewyding

Dis in die magiese oomblikke tussen storie en werklikheid dat Charl-Pierre Naudé in ál sy vorms gestalte kry ...

ATKV-jeugtakke: G’n virus kan die jeug stuit nie

Op Jeugdag word die fokus weer op die jong mense van Suid-Afrika gevestig, maar dit is ook die jeug wat die gevolge van die pandemie dra.

Meer kleure as die reënboog

Die genderdebat word as ’n wêreldrevolusie beskryf, maar baie mense worstel nog met selfs die mees basiese terminologie, wat nog te sê van die vaandel dra ...

ATKV-DigiToneel 2021: En die TOP 20 is ...

Vir maande lank al word ons daaglikse wel en wee deur die Covid-19-pandemie belemmer, maar een ding wat definitief nie ingeperk is nie, was die kreatiwiteit van die deelnemers aan ATKV-DigiToneel 2021. Nodeloos om te sê het dit vanjaar kopkrap geverg om die TOP 20 aan te wys.

ATKV-DigiKuns: Hier is die wenners!

Die ATKV se digitale kunskompetisie het aan deelnemers die geleentheid gegee om die prag van ’n Afrikaanse lied, of ’n lied  in enige ander amptelike landstaal van Suid-Afrika, of hulle eie lied op ’n kreatiewe manier visueel te interpreteer deur ’n oorspronklike kunswerk daarvan te skep.

ATKV-tak Centurion reik boeremusiek-CD uit

Boeremusiek het die vermoë om enigiemand aan die dans te kry en daarom het die ATKV-tak Centurion besluit om hulle eie boeremusiekalbum uit te reik.

Stil, almal, daar gaan ’n digter verby

Tydens die dertigerjare het daar in Suid-Afrika ’n groep digters na vore getree wat die Afrikaanse poësie na wêreldhoogtes wou neem en hul digterskap besonder ernstig opgeneem het ...

ATKV-DigiTaal: Hier is die wenners!

Taalboffins van regoor die land het hulle slag kom wys in die ATKV se taaltoets wat digitaal afgelê word en waarvan die vrae gewissel het na gelang van die graadkategorie en skoolkurrikulum van die betrokke graad.