Skip to the content

Nuus

ATKV-DigiSkryf: Hier is die wenners!

Die ATKV se kompetisie om goeie Afrikaanse skryfwerk te beloon het skrywers van wyd en syd die geleentheid gegee om met hulle skryftalent te spog.

ATKV en Gladiators takel boeliery

Gladiators maak eersdaags sy terugkeer op die kassie en hulle het een doel voor oë: om boeliery ’n uitklophou toe te gee. Die ATKV en dié spiertiere gaan ook kragte saamspan.

Lundi Khoisan: ’n Lêkke’ mens

Die ATKV het vier “lekker” landgenote ingespan om sy nuwe veldtog vlytig aan die volk oor te dra. Met die tema “Belê in jouself, belê in die toekoms” en die hutsmerk #weesdieverskil wil die vereniging sy strewe daarna om in Afrikaans ’n verskil te maak wyd laat weerklink. Lundi Khoisan is een van dié vier en het geen bekendstelling nodig nie. Die ATKV het ’n bietjie met haar gesels om meer uit te vind oor haar belangstellings.

Jou kind se eerste 1000 dae maak saak

Vroeëkinderontwikkeling (VKO) is kernbelangrik. Selfs president Cyril Ramaphosa het in 2019 tydens sy staatsrede aangekondig dat daar ’n verpligte twee jaar van VKO-onderrig sal wees voor ’n kind graad 1 betree.

ATKV-DigiToneel se TOP 10 gaan skitter op TV

Die ATKV-DigiToneelkompetisie mag dalk nog in sy kinderskoene staan, maar die TOP 10 is afgerond, kreatief en word nie deur die uitdagings van die samelewing ingeperk nie.

Voormalige ATKV-direksielid sterf

Die ATKV neem met leedwese kennis van die afsterwe van Herman Bailey. Dié boorling van Wellington sou op 22 September sy 71ste verjaardag gevier het.

ATKV-takke: Ons naam is ons trots

Baie ATKV-takke wil ’n wesenlike verskil in hul gemeenskap maak. Hulle bied ’n helpende hand waar nodig en woeker met uiteenlopende projekte om Afrikaans te bevorder. Dit is egter baie van hierdie takke se kreatiewe name wat boekdele spreek vir hul goeie dade.

AJV: ATKV dra die fakkel van hoop

Vir die tweede jaar agtereenvolgens moes afgevaardigdes van ATKV-takke voor hulle rekenaars inskuif om die ATKV se algemene jaarvergadering (AJV) by te woon.

ATKV-oorde: Voorkeurbesprekings oop

ATKV-lede kan nie net uitsien na ’n heerlike wegbreek by een van die ATKV se sewe spogoorde nie, maar nou eerste kans kry om hul besprekings vir Maart/April en die Paasnaweek in 2022 te maak.

ATKV-takke wil teruggee op Mandeladag

Dit is moeilik om in hierdie ongewone tye positief te bly, maar ondanks al die ellende gaan Suid-Afrikaners op 18 Julie met Mandeladag ’n verskil maak en die ATKV-takke gaan ook hulle deel doen.

Dié takke presteer in 2020

Die ATKV beloon jaarliks tydens die AJV takke wat ʼn bydrae gemaak het tot die ATKV se visie en missie deur projekte wat hulle in hulle gemeenskappe en streke aangebied het. Hierdie jaar word toekennings in vier kategorieë gedoen, naamlik mees funksionele tak, lees, innovasie en die vier hooffokusse van die ATKV.

Stigter van jeugtak woeker in Afrikaans in Viëtnam

Al woon Charmaine Marchman in ’n vreemde land met ’n vreemde taal, keer dit haar nie om haar moedertaal uit te leef nie, inteendeel, al bevind sy haarself deesdae in Viëtnam luister sy steeds RSG en kyk sy getrou 7de Laan.

Albert Engel-beurs: ATKV belê in belowende musikante

Vir die afgelope 14 jaar het die ATKV jong opkomende musikante se drome bewaarheid met die borg van die Albert Engel-beurs.