Skip to the content

Nuus

Koop boeretroos en red ’n renoster

Die ATKV-tak Cum Laude het hande met Proe’tes Coffee gevat en vir elke pak koffie wat jy koop, word 10% aan die Limpopo Renosterbewaringsgroep geskenk.

ATKV-Tienertoneel maak die Kaap weer Hollands!

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie het vanjaar weer nuwe hoogtes in die Wes-Kaap bereik met toneelgeselskappe wat nie geskroom het om met kreatiwiteit die planke te laat bewe nie. Hier is die streeksfeeswenners.

ATKV-Tienertoneel: Deelnemers skitter tydens JHB-streeksfees

Teater staan sterk in Johannesburg met 528 vreeslose deelnemers wat by die Johannesburg-streeksfees in die Roodepoort-teater hulle slag kom wys het.

ATKV-taklid en Mev. Suid-Afrika-semi-finalis wil enkelma’s bemagtig

Ystervrou Berenice Kogana, wat ’n lid van die ATKV-tak Langsous in Mosselbaai is, het onlangs na die semi-finaal van Mev. Suid-Afrika deurgedring en sal graag as sy die titel wen ander enkelma’s wil inspireer en bemagtig.

ATKV-lid bekoor met debuutjeugroman

Ons het al almal ’n Lotto-kaartjie gekoop en gedroom hoe ons die boerpot wen, ons skuld delg, dalk ’n huis koop en ’n eilandvakansie hou.
Min van ons is dit beskore om miljoene te wen. Inteendeel, die kans is groter dat jy deur weerlig getref sal word.
Maar, in Tertius Jansen van Rensburg se debuutjeugroman, Wat Werner doen met sy drie miljoen, kry drie tienerseuns dit wraggies reg om die Lotto te wen en kom hulle voor ’n kruispad te staan.
Tertius van ATKV-tak Port Elizabeth het in 2019 LAPA se jeugromankompetisie gewen en sy boek is in Maart vanjaar uitgegee.

ATKV-Tienertoneel: Jong toneeltalent blom in die Rosestad!

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie het vanjaar ongeag talle uitdagings in Bloemfontein begin en die ATKV kondig vandag met trots die wenneers van dié streeksfees aan.

ATKV-Woordveertjies 2021: Finaliste bekend

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. Die finaliste vir ATKV-Woordveertjies 2021 is pas bekendgemaak.

ATKV-Kinderboektoekennings 2021: Hier is die wenners

Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die jongspan se keuses vir die beste kinderboeke van die jaar is soos volg ...

Afrikaans moet gevier word – Cindy Swanepoel

Die ATKV het vier “lekker” landgenote ingespan om sy nuwe veldtog vlytig aan die volk oor te dra. Met die tema “Belê in jouself, belê in die toekoms” en die hutsmerk #weesdieverskil wil die vereniging sy strewe daarna om in Afrikaans ’n verskil te maak wyd laat weerklink. Cindy Swanepoel is een van dié vier en het geen bekendstelling nodig nie. Die ATKV het ’n bietjie met haar gesels om meer uit te vind oor haar belangstellings.

Germandt Geldenhuys: Die ATKV moet sy lig laat skyn

Die ATKV het vier “lekker” landgenote ingespan om sy nuwe veldtog vlytig aan die volk oor te dra. Met die tema “Belê in jouself, belê in die toekoms” en die hutsmerk #weesdieverskil wil die vereniging sy strewe daarna om in Afrikaans ’n verskil te maak wyd laat weerklink.

Vier saam met ons Koop-’n-Afrikaanse-boekdag

Op 14 Augustus vier die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n divisie van die ATKV, die Afrikaanse geskrewe woord met Koop-’n-Afrikaanse-boekdag.

Die skryfwêreld se late bloomers

Dis nooit te laat om te begin skryf nie, bewys ’n hele paar ouer, vroulike skrywers. Inteendeel, kinders grootmaak en die lewe se stampe en stote het waarskynlik gesorg dat hulle met meer insig en waagmoed kan publiseer.

ATKV-Skoolhulpfonds wil ’n goeie opvoeding moontlik maak

Die ATKV wil met sy Skoolhulpfonds hulpbehoewende leerders help om hulle drome te bewaarheid en hulle bystaan met onder meer skryfbehoeftes, skooluniforms en skoolfooie.