Skip to the content

Nuus

ATKV-tak Gemeenskapsteater verseker dat Aardklop-produksie voortgaan

Die ATKV-tak Gemeenskapteater se finansiële ondersteuning verseker dat ’n Klein Wonderwerk met Chris van Niekerk in die hoofrol as Aardklop-produksie kan voortgaan.

ATKV-tak Langsous vereer Louis Oosthuizen met Afrikoon

Die gholfspeler Louis Oosthuizen is onlangs vir dié werk wat hy deur sy welwillendheidstigting Foundation57 verrig met ’n Afrikoon-toekenning deur die ATKV-tak Langsous vereer.

Blinde Vrystaatse matrikulant wen provinsiale ATKV-Olimpiade

Genevieve Croeser, ’n matrikulant van die Hoërskool Parys, is sedert geboorte blind, maar sy is onlangs as die provinsiale wenner van die ATKV se senior olimpiade vir Afrikaans Huistaal aangewys.

Koop boeretroos en help ’n kind om skool te gaan

Daar is min dinge so verruklik soos die geur van vars gemaalde koffiebone en min van ons kan ons dag begin sonder ’n heerlike koppie boeretroos. Nou kan jy steeds jou koppie koffie geniet, maar terselfdertyd jou deel vir liefdadigheid doen en help om ’n kind skool toe te stuur.

ATKV-Applous vind vindingryke manier om voort te gaan

As daar een ding is wat die pandemie ons geleer het, is dat die mens aanpaspaar is. Met die inperking moes almal nuwe maniere kry om te midde van ’n verwoestende virus steeds ’n semi-normale lewe te lei. ATKV-Applous, Suid-Afrika se oudste koorkompetisie, moes ook vindingryke maniere vind om voort te gaan.

ATKV-tak Téhilah woeker op Touwsrivier

Die ATKV-tak Téhilah op Touwsrivier laat nie gras onder sy voete groei nie en maak ’n beduidende verskil in dié dorpie se gemeenskap.

Gesogte ATKV-Woordveertjies vir uitblinkers

Dit is vir die ATKV ’n voorreg om uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord te bekroon. Die voorafgaande kalenderjaar is een wat vir ewig in die geskiedenisboeke opgeteken sal word en ons glo dat die wenners van die ATKV-Woordveertjies bygedra het om ’n moeilike tyd meer draaglik te maak.

Otto Stigting kry kinders aan die lees, wen ’n Woordveertjie

Die Otto Stigting wat talle biblioteekprogramme in voorheen benadeelde gemeenskappe bestuur, het vir hulle wonderlike werk ’n ATKV-Woordveertjie vir leesbevordering gewen. 

ATKV borg nuwe en boeiende radioteaterreeks

Sonderlinge Siele is ’n reeks episodes wat op Radio Rosestad 100.6 FM gehoor kan word. In hierdie radioteaterreeks word buitengewone mense se unieke stories in ’n doodgewone dorp deur die skrywer en aktrise Ilne Fourie vasgevang.

Tienertoneel 2021: Tieners blaas nuwe lewe in teaterindustrie

Weens ’n wêreldpandemie het dit ook in Suid-Afrikaanse teaters en op die verhoog stil geraak, maar jong teatermakers het weer nuwe lewe in die teaterindustrie geblaas.

Dramawerkswinkels in NK vuur leerders se kreatiwiteit aan

Ná die sukses van die ATKV-takke en Reckless Haven Produksies se dramawerkswinkels in die Oos-Kaap, het aspirantteatergeselskappe in die Noord-Kaap ook nou die geleentheid kry om die nodige kennis en gereedskap te ontvang om hulle drome na te streef.

ATKV-DigiSpanpraat 2021: Hier is die topspanne

ATKV-DigiSpanpraat 2021: Hier is die topspanne

520 jong redenaars het vanjaar in spanne hulle gekose onderwerpe met kreatiewe invalshoeke, innoverende uitgangspunte en genoeg gees en ywer getakel vir ATKV-DigiSpanpraat 2021!

ATKV-Tienertoneel: Potensiaal ontplof padlangs

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie het vanjaar vir die eerste keer ook padlangs gereis na skole in Pinetown, Amanzimtoti en Pietermaritzburg. Hier is die streeksfeeswenners.

ATKV-Tienertoneel raak parmantig in Pretoria!

Die tieners wat vanjaar deelgeneem het aan die Pretoria-streeksfees van die ATKV-Tienertoneelkompetisie het nie net geïnspireer nie, maar ook die verhoë laat bewe. Hier is die streeksfeeswenners. #Afrikaans #tienertoneel #toneel #weesdieverskil