ATKV-Tjokkertoneeldeelnemers het op 14 Mei hul kreatiewe talent met groot sukses tentoongestel tydens die Gauteng-streeksfees van dié kompetisie.
Nuus

Speel en leer met prettige idiome-bordspel
Die ATKV-jeugtak Prieska het onder leiding van die onderwyseres juf. Esmé du Toit ’n fantastiese bordspeletjie ontwikkel om kinders se idioomkennis te verbeter.

Swierige bal vier die pa-en-dogter-band
Die ATKV was ’n borg van ’n pa-en-dogter-bal wat onlangs in Bloemfontein gehou is.

ATKV-DigiToneel se top-16 toor met 2022-temawolk
ATKV-DigiToneel-top-16 bekend! Ná die suksesvolle vervaardiging verlede jaar van die ATKV se eerste realiteitsreeks vir televisie, Gekies vir die Kollig, het deelnemers aan ATKV-DigiToneel in 2022 weer die geleentheid gebruik om hul spel vir kamera te ontwikkel en moontlik hul buiging op TV te maak. Die eerste ronde het in April plaasgevind en ons semi-finaliste is bekend!

Struisies neem kinderhuis onder hul vlerk
Die ATKV-jeugtak Struisies in Oudtshoorn sien nou al uit na hul besoek aan Huis Triomf, ’n kinderhuis vir seuns van 6 tot 18 jaar, later vanjaar.

ATKV ondersteun Newcastle se Winterfees
Van 28 tot 30 April word die Winterfees op Newcastle gehou en die ATKV borg die galery waar plaaslike bekende en onbekende kunstenaars hul werk gaan uitstal.

ATKV-tak Colesberg pamperlang die inwoners van Huis Kiepersol
Die ATKV-tak Colesberg het in Februarie die bejaardes van Huis Kiepersol se voete gaan was as deel van die #weesdieverskil-veldtog.

Die ATKV se Tienertoneelwerkswinkel is ’n unieke opleidingsgeleentheid
Die ATKV-Tienertoneelwerkswinkel by vanjaar se Suidoosterfees is ’n uitsonderlike geleentheid vir tienertoneelregisseurs, spelers en enigiemand wat lief is vir toneel en graag meer wil leer oor die skep van nuwe werk vir die verhoog om van kundiges te leer hoe om wenproduksies aanmekaar te sit.

ATKV-tak Sonneblom maak ’n verskil op Despatch
Die ATKV-tak Sonneblom op Despatch het onlangs na ’n plaaslike jeugsentrum uitgereik met ’n skenking van kos, lekkernye en skoolskoene.

Tak vereer inwoner vir haar bydrae tydens waterkrisis
Die ATKV se bemarkingslagspreuk is “belê in jouself, belê in jou toekoms, #weesdieverskil”. Met dié beginsels in gedagte is verskeie ATKV-takke tans besig met ’n projek om erkenning te gee aan rolspelers in die gemeenskap wat ’n verskil maak.

Finaliste van die ATKV-Crescendo aangekondig
Die 12 finaliste van die ATKV-Crescendo-mentorskapprogram is begin April aangekondig ná ’n week van senutergende uitdagings in die Paarl.

Deur die storm se musiekvideo is hier!
ESTÉ GROSS, HEMELBESEM EN DIE UP YOUTH CHOIR SE MUSIEKVIDEO IS HIER!

Skryf ’n kortverhaal en wen met ATKV-gesinstak Despatch
Die ATKV-gesinstak Despatch se kortverhaalkompetisie vir jongmense kan jou kontant in die sak en jou verhaal gepubliseer in ’n boek besorg.

Streektaal steek tong uit
Afrikaans is lankal nie meer die kombuistaal van ouds nie. Oor die dekades heen het die jongste taal ter wêreld soos ’n pou sy vere begin sprei en verskeie kleurvariante ten toon gestel. Vandag praat ons almal Afrikaans op ons eie manier en tog bly ons verenig. Die taal het oor die jare leer tiekiedraai in Namakwaland en leer skoffel in Pretoria; hy skuur met ’n brei in Malmesbury en gee jou met Afrikaaps ’n dwarshou op die Vlakte dat jou ore sing.

ATKV gee erkenning aan al die variëteite van Afrikaans by Suidoosterfees
Ná twee jaar van ontwrigtende pandemie word die Suidoosterfees vanjaar weer ten volle aangebied. Die ATKV se betrokkenheid as borg stel die Suidoosterfees in staat om ontwikkelingswerk in Afrikaans te laat gedy, kritiese debatvoering te stimuleer en om nuwe produksies in Afrikaans die lig te laat sien.

Die ATKV-tak Rhenosterberg se ekstra wiskundeklasse maak ’n groot verskil
Die ATKV-tak Rhenosterberg leef #weesdieverskil uit deur die aanbied van ekstra wiskundeklasse vir Middelburg in die Wes-Kaap se graad 12-leerders.

Afrikaans vir Almal-projek in Soweto bars uit sy nate
Die ATKV se Afrikaans vir Almal-projek help skoolkinders van Soweto om Afrikaans baas te raak.

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie open nuwe wêrelde
Barnie Mans en die tienertoneelgeselskap van die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas het vanjaar se toneelseisoen met groot sukses afgeskop met die aanbieding van ruimtespesifieke teater. Die skool het al ’n hele paar keer die eindronde van die ATKV-Tienertoneelkompetisie gehaal.

Die ATKV ondersteun gemeenskapsaktiwiteite by vanjaar se KKNK
Die KKNK is vanjaar in lewende lywe terug ná twee jaar van Covid-inperking en die ATKV het sy gewig gegooi agter ’n projek van die Oudtshoorn-gemeenskap.

ATKV-jeugtak Marlow bring die lekker van lees na plaaskinders
Die ATKV-jeugtak Marlow gaan tydskrifte en boeke insamel om aan die Baroda-plaasskool op Cradock te skenk.

ATKV-Goudini Spa maak sy gryswater bruikbaar
ATKV-Goudini Spa het ’n watersuiweringstelsel aangelê waarin gryswater omgeskakel word in bruikbare water vir die oord.

Laat ons anders na mekaar kyk hierdie Menseregtedag
Die ATKV-takke se wye verskeidenheid aksies en projekte demonstreer daagliks hoe ’n mens omgee kan uitleef, onderlinge begrip kan kweek en basiese menseregte kan bevorder terwyl jy gemeenskappe saamsnoer. Jy sal saamstem dat Menseregtedagvieringe vanjaar meer as net leë woorde moet wees.

Waar probleme is, vind ATKV-tak Tehilah gou oplossings
Die ATKV-tak Tehilah op Touwsrivier se projekte sluit in die uitdeel van komberse en kospakkies, verskaffing van behuising aan vier jongmense wat studeer, ekstra wiskundeklasse en geld insamel om twee kinders se digbundels gepubliseer te kry.

Suid-Afrikaanse Biblioteekweek
Die Biblioteek- en inligtingsvereniging van Suid-Afrika (LIASA) vier van 14 tot 20 Maart Suid-Afrikaanse Biblioteekweek met die tema “Herverbeel! Herbenut! Herontdek … Biblioteke!” Dit is een van die ATKV se doelstellings om ’n leeskultuur te vestig en veral onder die jeug aan te moedig. Daarom is die organisasie vuur en vlam oor gebeurtenisse soos Biblioteekweek wat die kollig op die rol van biblioteke laat val en gemeenskappe bewus maak van die belangrikheid, en lekkerte, van lees.

ATKV en ‘PE Express’ doen hul deel om Moeder Aarde te red
Die ATKV in Gqeberha en die PE Express het 'n kompetisie van stapel gestuur om huisgesinne die waarde van herwinning te wys.

Moedertaal baan die weg tot sukses
Jou taal kán vir jou die weg tot sukses baan. Dit was die kernboodskap by vanjaar se Ommietafelgesprek tydens die vyfde Adam Small-fees, wat op Saterdag 26 Februarie in Pniël gehou is. Die gesprek is aangebied deur die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n divisie van die ATKV, en die Pniël Erfenis-en-Kultuurtrust.

ATKV-tak Uitenhage kry die kleingoed aan die lees
As jy jou in Uitenhage in die Oos-Kaap bevind, moet jy nie verbaas wees as jy ’n klomp rakkers met hul neuse in boeke sien nie. Dít te danke aan die ATKV-tak Uitenhage. Dié tak se hooffokus is leesbevordering en om boeke aan alle kinders beskikbaar te maak. Hulle het die BoekArk aan die Laerskool Winterberg se gr. R-klas geskenk.

Gedenklesing skep ’n ruimte vir gesprek en groei
Die klem van die Johan Combrink-gedenklesing het vanjaar op menswaardigheid geval - ’n konsep waarby so baie gemeenskapsprojekte aanklank vind. Lees hier meer oor twee spesifieke projekte.

Bou brûe in jou moedertaal
Taal is meer as ’n blote medium van kommunikasie. Dit gee struktuur aan ons denke, bewaar ons erfenis en vorm die basis van ons kultuur. Internasionale Moedertaaldag word jaarliks op 21 Februarie gevier. Dit is ’n manier om die belangrikheid van moedertale regoor die wêreld te beklemtoon en mense aan te moedig om ingelig te wees oor hul moedertaal. Boonop val die fokus op dié dag op die bewaring van kultuur en erfenis.

Voorval by ATKV-Buffelspoort
Vandeesweek het die nare werklikheid van ’n land met ’n hoë misdaadsyfer gesorg vir ’n groot tragedie by die ATKV-Buffelspoort. ’n Besoeker aan die oord, mnr. Johannes Brits (68) is tydens ’n middernagtelike gewapende rooftog doodgeskiet.

ATKV vereer onnie wat drie dekades in Afrikaans woeker
Thabang, ’n Afrikaans-onderwyser by die EE Monese Hoërskool in Senekal, tree einde Februarie af en die ATKV-tak Senekal het besluit om hom te vereer vir sy groot bydrae tot die taal en onderrig.

ATKV-tak Tonteldoos vier Orrelfees
Die ATKV-tak Tonteldoos het einde verlede jaar hul jaarlikse Orrelfees by die NG Kerk Faerie Glen in Pretoria aangebied.

Ystervrou van Noord-Kaap ontvang Afrikoon-toekenning
Die afgelope paar jaar skop die Noord-Kaap stof in die oë van die ander provinsies as dit kom by die vak Verbruikerstudie in die matriekeindeksamen. Ronel Henning, provinsiale koördineerder van Verbruiker- en Gasvryheidstudies in die Noord-Kaap, bied gratis opleiding aan onderwysers in dié vakke en help leerders wat nie die handboeke vir hierdie vakke kan bekostig nie.

Crescendo se Jodi Jantjies bekoor met debuutalbum
Jodi Jantjies het haar hele lewe lank gesukkel met ’n spraakprobleem. Sy het gehakkel en oor haar woorde geval. Woorde was haar grootste vrees. Maar toe kom die magiese krag van musiek en gee aan haar die selfvertroue om die wêreld weer waterpas in die oë te kyk. Dié ATKV-Crescendo-finalis het nou haar debuutalbum, Woorde, uitgereik.

ATKV ondersteun Wêreld-hardopleesdag
Wêreld-hardopleesdag word vandag wêreldwyd gevier. Die ATKV wil graag kinders, ouers en onderwysers aanspoor om hardop te lees, want om te lees is een van die belangrikste fondamente van ’n suksesvolle skool- en universiteitsloopbaan.

Spesiale aanbod vir ATKV-lede
Die veiligheid van ons lede is vir die ATKV ’n prioriteit en daarom het ons 'n vennootskap aangegaan met CASI, ’n alles-in-een sekuriteitstoepassing (toep). Hierdie toep bied aan u persoonlike beskerming deur ’n paniekknoppie wat van u selfoon af beheer en bestuur word.