Skip to the content

ATKV-Applous

Koorleier met gesogte ATKV-Apploustoekenning vereer

Vir sowat vyf dekades het Petra Venter (74) as koorleier gehore meegevoer en leerders se passie en liefde vir koormusiek aangewakker. Nou is dié gesoute koorleier met ’n ATKV-Applous-eretoekenning vereer vir haar lewenslange bydrae tot koormusiek.

Webinaar: Kry jou koor só aan die oefen

ATKV-Applous het raad om die Covid-19-frustrasie minder te maak deur jou koor weer aan die oefen te kry. Ons beplan twee webinare saam met Charlotte Botha, Michael Barrett en Antoinette Nightingale.

applous

Koorwerkswinkel ideaal vir koorleiers wat meer wil leer

Of jou koor min of geen ervaring het nie of teen die beste van die bestes meeding, die ATKV-Applouskoorwerkswinkel gaan jou toerus om jou koor tot nuwe hoogtes te neem.

ATKV belê in betowerende koorfees

KUESTA is ’n tweejaarlikse byeenkoms van die voorste Suid-Afrikaanse universiteitskore, en word op 21 September by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus aangebied. Die ATKV het met sy nuutste borgskap van die KUESTA-koorfees bewys dat die organisasie die belange van kultuur en koorsang op die hart dra.

ATKV-Applousfinaal sluit op hoë noot af

Op Saterdag 27 Julie, die laaste dag van die ATKV-Applousfinaal, het kore in die  hoërskool prestige-afdeling vir meisies, seuns en gemengde kore deelgeneem. In die afdeling hoërskool prestige: seuns is Paul Roos Gimnasium as wenner aangewys, met Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria as wenner in die afdeling hoërskool prestige: meisies en Die Hoërskool Menlopark as wenner in die afdeling hoërskool prestige: gemeng.

Koorsang uit die boonste rakke by ATKV-Applousfinaal

Op Vrydag 26 Julie het kore in die hoërskool meriete-afdeling deelgeneem by die ATKV-Applousfinaal. Hoër Meisieskool La Rochelle kraai koning in die afdeling hoërskool meriete: meisieskoor en Hoërskool Akasia is die algehele wenner in die afdeling hoërskool meriete: gemengde koor.

Voortreflike koorsang by die ATKV-Applousfinaal

Op Donderdag 25 Julie het kore in die volgende afdelings: laerskool prestige, laerskool ope afdeling en hoërskool ope afdeling deelgeneem. Hier volg die uitslae.

Engelstemme bekoor tydens ATKV-Applousfinaal

Die 42ste aanbieding van ATKV-Applous, landswye koorfees vir hoër- en laerskoolkore, vind vanaf 24-27 Julie in Bloemfontein plaas. Op 24 Julie het die kore in die laerskool meriete-afdeling vir Afrikaans sowel as nie-Afrikaanse kore deelgeneem.

Beste SA skoolkore weer in die Rosestad

Vanaf 24 Julie tot 27 Julie tree die room van skoolkore in die Sand du Plessis-teater in Bloemfontein op.  Veertig hoër- en laerskoolkore ding mee tydens die finaal van die 42ste aanbieding van ATKV-Applous.

ATKV-Applous 2018: Tien top- junior kore bekend

ATKV-Applous 2018: Tien top- junior kore bekend

Die tien top- junior kore van ATKV-Applous is bekend en as ’n mens na die puntestand te kyk, is een duidelik: Die koorlede staan nog in hul kinderskoene, maar hoef nie ’n tree terug te staan vir hul senior eweknieë nie.

ATKV-Applous 2019 'behoort ons wildste verwagtings te oortref'

Met nóg ’n Wêreldkoorspele agter die rug en ATKV-Applouskore wat puik presteer het, kan ’n mens nie anders nie as om met groot verwagting uit te sien na die ATKV-Applouskompetisie in 2019.