Is jy moeg daarvoor om eensaam in die aande onder ’n flou bedlampie daardie spanningsbelaaide misdaadfiksie te lees? Gee jou wederhelfte meer om oor die rugby wat oor naweke op die kassie wys as die onweerstaanbare speurder in jou boek wat so diep in jou hart ingekruip het?
Die ATKV-Boekklubs bied vir jou ’n trommel propvol lekker leesstof sowel as al die riglyne om hierdie boeke te bespreek.
ATKV-Leeskringe

Boekwurms staan nader – hier is ’n boekklub vir jou!