In die hartjie van die Drakensberge, skaars ’n klipgooi van Harrismith en Bethlehem, omring deur die lowergroen KwaZulu-Natalse landskap lê een van die juwele in die ATKV se kroon, ATKV-Drakensville.
Korporatiewe nuus

Kampwenke vir ’n ATKV-oordvakansie
Kampvakansies kan van die wonderlikste vakansies wees met die beste herinneringe (veral vir die kleinspan). Maar hiervoor is twee baie belangrike dinge nodig: beplanning en spanwerk. Volg ons kampwenke en kamplys vir maklike beplanning.

Suidoosterfees: ATKV by dié aktiwiteite betrokke
Die ATKV ondersteun al vir die afgelope 15 jaar die Suidoosterfees en gaan vanjaar weer hier erkenning aan al die variëteite van die Afrikaanse taal gee.

ATKV-Buffelspoort bied meer as net puik geriewe
ATKV-Buffelspoort pronk nie verniet met ’n Lilizela-toekenning nie. Hulle is ook al aangewys as die nasionale wenner in die viersterkategorie: woonwa en kampering en ná een besoek aan dié spogoord kan ’n mens sien hoekom.

ATKV-Hartenbos – almal se droomvakansie
ATKV-Hartenbos bied alles wat ’n vakansieganger begeer – ’n heerlike strand, wandelpaaie vir die gesin, ’n waterpark vir die kleinspan en ’n lieflike inkopie-en-uiteetondervinding by die Seefront.

Geseënde Paasfees
Die ATKV wil graag vir sy lede, kliënte, personeel en vriende ’n vreugdevolle Paasfees toewens.

Kom beleef ’n musikale pelgrimstog op RSG
Dié splinternuwe Afrikaanse Paasoratorium "Kruis van liefde" is deur die Suid-Afrikaanse komponis Franco Prinsloo gekomponeer en luisteraars sal op ‘n musikale pelgrimstog deur die Vox Chamber Choir geneem word.

Groot bederf in die Boland
Daar is ’n eenvoudige oplossing vir die triestige wintermaande. Baie mense sal dink dit is om koers te kies na ’n meer tropiese klimaat soos in KwaZulu-Natal, waar jy in ’n kortbroek en plakkies aan ’n draairoomys kan smul terwyl die seemeeue bo jou kop draai. Maar om werklik meer vrede te vind is om teen die grein te gaan. Om die Kaapse winterreën te waardeer met ’n glasie rooiwyn in die hand, terwyl die geknetter van ’n hardekoolvuur jou enigste geselskap is.

Wen met jou biblioteek-storie
Die Biblioteek- en Inligtingsvereniging van Suid-Afrika (LIASA) vier van 15 tot 21 Maart die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek (SALW) met die tema “Biblioteke maak saak!” Het jy ’n interessante storie oor ’n biblioteek?

Met die see op jou voorstoep, klop min dinge ’n Natalia-seevakansie
Dis maar nou een keer die lekkerte van Kwazulu Natal se kus – jy kan amper regdeur die jaar swem. ATKV-Natalia bied egter soveel meer.

Span uit in Limpopo by ATKV-Eiland Spa
Almal het ’n wegbreek nodig en ATKV-Eiland Spa is die regte medisyne om jou te laat vergeet van die stad. Die Limpopo-provinsie is feitelik regdeur die jaar warm, terwyl temperature in die res van die land jou vinnig kan laat bibber. En met die winterseisoen wat al plek-plek in die land begin byt, is ATKV-Eiland Spa die perfekte afskeidswegbreek so voor die truie en verwarmers uitgehaal word.

ATKV-Klein-Kariba – kom span uit in ’n stukkie Bosveldparadys
Almal het ’n wegbreek nodig en ATKV-Klein-Kariba is net die medisyne om jou kop skoon te kry en jou van jou sorge te laat vergeet.

ATKV-Inkstories laat die ink in jou are bruis
In 2018 het die ATKV-taalfdeling die projek, ATKV-Inkstories, die lig laat sien. Hierdie projek het ontstaan om die liefde vir Afrikaanse letterkunde aan te wakker. Letterkunde is soveel meer as net woorde op papier. Letterkunde weerspieël mense se emosies, ervarings en gebeure op so ’n wyse dat mense ’n stukkie van hulself daarin kan sien.

Basta met die boelies!
Boelies is niks nuut nie. Jy is waarskynlik as ’n kind geboelie of jy ken iemand wat geboelie was of dalk selfs die boelie was.
Die ATKV het besluit om hande met die akteur Jacques Gombault te vat om die universele probleem in ons skole aan te spreek.

Kyk: Sonél Brits betuig medelye
Verskeie vriende van die ATKV en ATKV-taklede het hulle stryd teen Covid-19 verloor. Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, betuig haar medelye.

Publiseer nou jou werk!
Die ATKV, LitNet en Voertaal vat hande om studente die geleentheid te gee om hul werk te publiseer. Hierdie nuwe inisiatief staan bekend as Voertaal | (Vir)Taal.

Marlene le Roux: Soek daardie silwer randjie
Marlene le Roux, voorsitter van die ATKV-MSW-direksie, glo dat die ATKV se werksaamhede ’n bron van vreugde in 2021 kan wees. Hier is haar boodskap aan ATKV-lede en -personeel.

Woeker saam met die ATKV
Gemeenskappe bly die spil waarom die ATKV se doen en late draai en dit is vir ons belangrik om ’n blywende nalatenskap agter te laat. Daarom het die organisasie besluit om die ATKV-Woekerfonds te stig.

ATKV-Postmatriek: Skryf nou in!
Het jy vanjaar matriek geskryf, maar is nog nie heeltemal seker wat om met die res van jou lewe te doen nie? Dan kan die ATKV-Postmatriekjaar dalk net die oplossing vir jou wees.

Kies jou gratis boek nou!
Lekker Afrikaanse boeke is deel van ons kultuur en daarom kan ATKV-lede elke jaar na ’n gratis boek uitsien.

ATKV vereer vir Dana Snyman
Die skrywer Dana Snyman is Vrydagaand vir sy jare lange bydrae vereer om die stories van mense met deernis en humor in Afrikaans te vertel.

Skryf nou vir (Vir)Taal
(Vir)TAAL is ’n nuusbrief vir studente deur studente in Afrikaans oor Afrikaans. Kom skryf saam!

ATKV-lede, bespreek oordvakansie nou aanlyn
Met die nuwe ATKV-ledestelsel gaan jy dadelik die lidtarief sien en jou bespreking by enige ATKV-oord kan doen. Jy sal ook jou adresbesonderhede kan opdateer, die Taalgenoot digitaal lees, kommunikasievoorkeure verander en selfs op die hoogte van jou rekening bly.

Jongerenprojek: Deel nou jou herinneringe!
Ter viering van die 45ste bestaansjaar van die Jongerenprojek (JP) wil organiseerders ’n pragboek saamstel uit JP-deelnemers en -betrokkenes se ervarings.

Sakkie Kotze vereer vir sy bydrae
Sakkie Kotze het waarskynlik geen bekendstelling nodig nie. As jare lange voorsitter van die ATKV-tak Centurion en voormalige lid van die ATKV-direksie het hy ’n reusebydrae tot die ATKV-takstruktuur gelewer.

ATKV se Afrikaans vir Almal gaan voort
Die Afrikaans vir Almal-projek gaan ondanks die Covid-19-pandemie weer voort.

Formidabele dr. Danny Titus oorlede
Dr. Danny Titus, voormalige uitvoerende hoof: korporatiewe aangeleenthede by die ATKV, is Vrydag in die ouderdom van 63 jaar oorlede.

Marlene le Roux verkies tot voorsitter van ATKV-direksie
Marlene le Roux, ’n bekende kampvegter vir Afrikaans, kultuur, die jeug en gestremdes, is verkies tot die voorsitter van die direksie van die ATKV-MSW (maatskappy sonder winsbejag).

AJV 2020: Uitslae van stemming
Die algemene jaarvergadering van die ATKV het vanjaar in die 90ste bestaansjaar van dié organisasie vir die eerste keer digitaal plaasgevind. Die uitslae van die stemming is soos volg:

ATKV word 90: Steeds ’n lig wat wink, ’n vlam wat skroei
2020 is ’n jaar wat ons vir altyd sal bybly. Die lewe soos ons dit geken het, het handomkeer verander. Die Covid-19-pandemie het veroorsaak dat die skerp reuk van ontsmettingsmiddels en die anonimiteit wat gesigmaskers verskaf die nuwe normaal geword het. 2020 sal ook onthou word as die jaar waarin die ATKV nege dekades van opbou, uitbou en voortbou van die Afrikaanse taal vier.

Webinaar: Hoe begin ek my eie besigheid?
Twee kundige entrepreneurs, Francois Naude en Albert van Wyk, bied ’n gratis webinaar op Donderdag 20 Augustus 2020 om 16:00 aan spesifiek vir leerders en hulle ouers wat belangstel in die uitdagende wêreld van entrepreneurskap.

ATKV-Idiome Sonder Woorde-kompetisie: Hier is die wenners
Teen die tyd ly die meeste van ons al weens die inperking aan kajuitkoors. Ons is emosioneel getap. Gefrustreerd en so hol soos ’n kalbas. Die ATKV het met sy Idiome Sonder Woorde-kompetisie vir leerders kreatief uitgedaag om hulle lewe tydens die pandemie meer draaglik te maak en die inskrywings het as’t ware die beoordelaars dronkgeslaan.

Nou is die tyd vir die jeug om hulself te bemagtig
Ter viering van Jeugdag gee die ATKV toe dat die inperking baie eise aan die jeug stel, maar ons glo dit is juis nou die tyd vir jongmense om aanpasbaar te wees en hulle vaardighede op te skerp.

Webinaar: Gee kinders met leeruitdagings vlerke!
Elke kind in jou klas is uniek, elkeen van hulle anders. Maar wat van dié wat ’n bietjie moeilik-anders is? Wat van die kind wat nie wil luister nie, die kind wat nie kan stilsit nie of die kind wat net nie aandag gee nie?

Moenie Afrikaans inperk nie
In onseker tye met baie maatskaplike uitdagings moet ons nie die positiewe rol wat taal kan speel onderskat nie. Ons het as Afrikaanssprekendes die verantwoordelikheid om ons taal op te pas en te gebruik.

Hoe goed is jou Afrikaans?
Kom wys jou slag met Afrikaans! Nie net kan jy as die Afrikaanskampioen gekroon word nie, maar jy sal ook met ’n prys of twee kan wegstap.

Onnies en leerders, hier is ’n kursus of twee
Twee van die ATKV-Entrepreneurskompetisie se beoordelaars bied kursusse aan om onderwysers, sowel as leerders, te bemagtig tydens die staat van inperking.

Só kan jou kind gratis leer om beter te lees
Met Reading Rocket, in samewerking met die ATKV, kan jy jou kind se leesvermoë opskerp, en dit is boonop tydens die staat van inperking gratis.

ATKV-projekte: 'Ons sien uit na die toekoms'
Die ATKV-MSW besef dat die koronavirus groot uitdagings aan ouers, onderwysers en leerders stel. "Ons is hard aan die werk om te verseker dat sodra dinge weer na normaal toe terugkeer ons kan voortgaan met die aanbied van die projekte."

Dr. Danny Titus deur Worcester vereer
Dr. Danny Titus, uitvoerende hoof: korporatiewe aangeleenthede van die ATKV, het as deel van sy geboortedorp, Worcester, se 200ste bestaansjaarvieringe die Freedom of the Town ontvang.

Koronavirus: Kommunikasie aan ATKV-kliënte
Die ATKV hou die gebeure rondom die uitbreking van die koronavirus (COVID-19, deur SARS-CoV-2 veroorsaak), wat deur die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) as ’n wêreldwye gesondheidsnoodtoestand verklaar is, baie fyn dop – veral ten opsigte van die impak op die gasvryheidsindustrie in Suid-Afrika, asook projekte waarby die ATKV-MSW betrokke is.

Variante van Afrikaans moet omarm word, hoor Woordfeesgangers
Afrikaanssprekendes moet eienaarskap van hul taal vat, die variante omarm, begin om ’n verskil te maak in hul gemeenskap en positief oor Afrikaans bly. Dit was van die menings Vrydag by die ATKV se gesprekspaneel, Kô ons gesels by die TOYOTA US-Woordfees op Stellenbosch.

ATKV wil eenheid in diversiteit vier by Woordfees
Hoe kweek jy eenheid in diversiteit en is dit moontlik? Die ATKV wil vanjaar by die TOYOTA US-Woordfees op Stellenbosch dié moontlikheid ondersoek met sy gesprekspaneel, Kô ons gesels.

Kom ontmoet die akteurs en skeppers van die skreeusnaakse 'Hotel'
Nou kan jy by die ATKV se Inkstories self by die skeppers en die akteurs van "Hotel" kom hoor hoe dié immergewilde en Safta-bekroonde komediereeks tot stand gekom het.

Hoërskoolleerders, wys jou slag in Afrikaans
Aandag alle hoërskoolleerders! Kom wys jou slag met Afrikaans! Neem deel aan Beter Afrikaans se heel eerste skolekompetisie. Nie net kan jy as die Afrikaanskampioen gekroon word nie, maar jy sal ook met ’n prys of twee kan wegstap.

Unieke KKNK-konserte in die Kangogrotte
Vir die eerste keer sedert 1996 word daar twee konserte in die Kangogrotte tydens die KKNK aangebied. Die unieke en eenmalige konserte wat met spesiale toestemming aangebied word, beloof om twee onvergeetlike aande te wees saam met Charl du Plessis en Karen Zoid.

Skop nuwe genres oop in Afrikaans
Net omdat ’n boek, rolprent of teaterstuk in Afrikaans is, beteken nie resensente moet dit lof toeswaai nie. Hierdie stelling van Willie Burger, ’n Suid-Afrikaanse akademikus, resensent en skrywer, het Woensdagaand ’n warm debat ontketen tydens die eerste ATKV-Inkstories van 2020 by Exclusive Books in Sandton.

LAPA Uitgewers aan Penguin Random House verkoop
Die ATKV het LAPA Uitgewers, ’n filiaal van die ATKV, aan Penguin Random House verkoop. Vanaf einde Februarie sal LAPA Uitgewers nie meer onder die ATKV ressorteer nie.

Kom gesels saam oor #Afrikaans
Ter viering van Internasionale Moedertaaldag (21 Februarie) gaan die ATKV saam met ’n formidabele paneel in #Afrikaans oor ’n glas wyn en vingerhappies kuier. En jy is ook genooi...

Kom leef jou liefde vir tale uit
’n Propvol program word by die Goethe-Instituut in Parkwood, Johannesburg, ter viering van Internasionale Moedertaaldag aangebied. Op hierdie dag kan mense basiese Afrikaans aanleer en boonop leer hoe ’n mens in Afrikaans flankeer!

Oudspoorwegman vier 90ste saam met die ATKV
Hy het twee oorloë oorleef, die kom en val van apartheid gesien, en selfs nou, aan die begin van ’n nuwe dekade, is die 90-jarige Johan van Deventer ’n trotse lid van die ATKV.

Is jou Afrikaans tops? Skryf in en wen
Is jy daardie mens wat graag vir ander daarop wys dat hulle verkeerd spel, taalreëls op die palm van jou hand ken en ’n oorval kry oor die swak Afrikaans wat mense besig? Dan het ons net die kompetisie vir jou.

Geluk aan matrieks; harde werk lê voor, sê Seymour Bothman
Die bekendstelling van die matriekuitslae is op almal se lippe. Vir die eerste keer in baie jare is die slaagsyfer meer as 80%. Seymour Bothman, bestuurder: onderwys by die ATKV, gee sy indrukke.

Taaldiversiteit onder die loep by #OnseFees
Taaldiversiteit het onlangs tydens die taalgesprek by die #OnseFees onder die loep gekom. Afrikaans se diverse aard is deur ’n paneel kundiges vanuit verskillende hoeke belig.

#OnseFees: Rakkers kan saam kom makietie
Ouers kan heerlik makietie by die #OnseFees en met ’n geruste hart weet dat die kleingoed na omgesien word en hulle ook hul dosis pret inkry.

Kom smul en kuier saam by #Onsefees se Groet-is-’n-moet
Heerlike kos, goeie geselskap en vermaak uit die boonste rakke – is dit nie hoe ons almal die Desembervakansie wil afskop nie?

ATKV-Spanredenaars: 'Ek sê' word nou ook 'ons sê'
Die ATKV-Spanredenaarskompetisie was vir die afgelope 40 jaar die baba van ATKV-tak Suid-Gauteng Spanredenaars, maar gaan nou tot ’n nasionale kompetisie uitgebrei word.

Kom makietie en vier diversiteit by #OnseFees
Tydens die #OnseFees wat op 6 tot 8 Desember by die Taalmonument in die Paarl aangebied word, gaan jonk en oud die geleentheid kry om kreatief met Afrikaans en die kunste om te gaan.

Nuwe boek oor vergete Griekwa-kaptein sien die lig
Die Nederlandse historikus en joernalis Bart de Graaff het sy boek op 6 November by die ATKV se hoofkantore in Randburg bekendgestel.

ATKV borg SAAWK se Studentesimposium
Die ATKV was onlangs een van die trotse borge van die tweede Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK).

Blitsbreine skitter tydens Vlymskerp
Slimkoppe en boekwurms het onlangs hul blitsbreine se spiere gebult by die ATKV en Netwerk24 se Vlymskerp-vasvra in Port Elizabeth.

Maboneng Township Arts Experience kry toekenning
Die Maboneng Township Arts Experience tydens Aardklop wat in samewerking met die ATKV aangebied is, is onlangs met die Aardkloptoekenning vir grensverskuiwende werk beloon.

Maak ’n verskil met dié leesaflos
Die ATKV en WOW begin in November saam met LAPA Uitgewers ’n leesaflos wat nie net lees by skole sal bevorder nie, maar ook ’n verskil in die gemeenskap kan maak.

ATKV ondersteun eerste Pretoria FM-boekefees
Die Pretoria FM-boekefees in samewerking met Beeld en die ATKV het die perfekte geleentheid gebied om juwele uit die skatkis van ons taal te ontgin. Die fees het oor drie dae plaasgevind en die doel van die fees was om die skatte in Afrikaanse letterkunde na die hoofstad te bring en dit vir elkeen toeganklik te maak.

Die ATKV bemagtig teaterskeppers by vanjaar se Aardklop
Individue wat deel wil wees van die tegnologiese wonderwêreld van die teater kan die teatertegnologiekursus tydens vanjaar se Aardklop bywoon en eerstehands kennis maak met die aspekte van teatertegnologie en die teaterbedryf. Persone wat reeds ondervinding het, kan hulle bestaande kennis en vaardighede opskerp. Kursusgangers kan dus uitsien na leiding in onder meer algemene teateroriëntering, verhoogbestuur, klank en beligting.

Nuwe boekefees vir Jakarandastad
Die Jakarandastad spog eersdaags met hulle eie Boekefees. Dit word moontlik gemaak deur organisasies wat lief is vir taal en boeke. Vanaf 12 tot 14 September bied Pretoria FM, met die ATKV as een van die vennote, hul eerste Boekefees in Pretoria by Loftus Park aan. Die ATKV is baie opgewonde oor die nuwe vennootskap met Pretoria FM omdat hulle dit eens is dat lees nuwe wêrelde vir mense oopmaak.

Finaliste van ATKV-Woordveertjies bekend
Die tyd vir woorde en wenners is net om die draai wanneer die jaarlikse ATKV-Woordveertjies op Vrydag 6 September by die Adam Small-teater in Stellenbosch aangebied word. Tydens hierdie prestige-geleentheid word uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord bekroon. Hiermee die finaliste.

Verryk jou wêreld met Koop-’n-Afrikaanse-boekdag
Hoeveel keer het jy nie al in ’n boekwinkel gestaan met die nuutste Deon Meyer of Ingrid Winterbach boek en gewik en geweeg of jy hom moet koop nie? Wanneer jy die groot sprong maak en jou weg vind na die kassier, begin jou gewete aan jou knaag. Moet jy nie maar wag tot die boek op uitverkoping is nie? Betaaldag is nog vêr en jou finansies lyk maar beroerd.
Op 14 Augustus met Koop-’n-Afrikaanse-boekdag kan jy gerus daai lastige stemmetjie sus en daai speurverhaal of kinderboek vir die rakkers koop.

ATKV: Kies jou gratis boek vir 2019
Lekker Afrikaanse boeke is deel van ons Afrikaanse kultuur en daarom gee die ATKV jaarliks vir sy lede ’n gratis boek. Die doel van hierdie voordeel is om lees te bevorder. Jy kan vanjaar uit drie kategorieë kies. Oefen jou keuse uit en stuur voor 15 Augustus 2019 terug.

ATKV-Crescendofinalis stel CD bekend
Die ATKV kondig met trots aan dat Whaden Johannes se CD, Mamre, op 31 Julie 2019 in Kaapstad by die House of H bekendgestel word.

Die Jongerenprojek Netwerk (JPN) besoek die Lae Lande
Die Jongerenprojek Netwerk (JPN) is ’n onafhanklike organisasie wat ten doel het om die bande tussen Afrikaanssprekende jongmense van Suid-Afrika en die Nederlandssprekende jongmense van die Lae Lande (België en Nederland) te versterk. Elke tweede jaar word Suid-Afrikaanse studente gekeur om die Lae Lande te besoek en omgekeerd. Verlede jaar het studente uit Nederland en België Suid-Afrika besoek en vanjaar is dit weer die Suid-Afrikaanse studente se beurt. Mandie Ehlers van die ATKV se taalafdeling is voorsitter van die JPN en ook een van die begeleiers van vanjaar se besoek. Sy vertel meer oor haar wedervaringe in die Lae Lande en wat sy alles oor haar eie taal daar in die vreemde leer.

KYK: ATKV bemagtig kunsteliefhebbers
Die ATKV en Artéma van die Noordwes-Universiteit het onlangs ‘n kursus in fees- en projekbestuur aangebied. Rumarques Gelderbloem het met Mariette Kotze en Elsabé Cloete, albei kursusgangers, gesels.

Ontdek ’n nuwe fantasiewêreld saam met jou kinders
Die derde Kinderstorie-krôl by Innibos bied vanjaar weer ’n kreatiewe ruimte vir kinders om te speel, te lees en te leer in hul moedertaal.

Koffie, beskuit, heerlike kos en kuns by SPAR Kirkwood Wildsfees
Die ATKV-tak Kirkwood is oudergewoonte vanjaar weer betrokke by die SPAR Kirkwood Wildsfees, en vanjaar gaan die tak ’n snoesige tuiste vir feesgangers skep. Volgens Elda Kruger, streeksbestuurder vir ATKV-takke, sal daar heeldag koffie, tee, beskuit en ander heerlike tuisgebak en wildsvleisgeregte beskikbaar wees by die ATKV/Die Burger se Koek-op-die-Stoep kuierplek by die Hoërskool Kirkwood se ondersteunersklub.

Die ATKV onthou tannie Katriena
Op Vrydag 31 Mei 2019 is die hartseer nuus ontvang dat tannie Katriena in die ouderdom van 102 jaar oorlede is. ’n Spesiale ruiker van die ATKV-tak Rhenosterberg tesame met van haar sertifikate wat sy deur die jare van die ATKV ontvang het, is in ’n uitstalling in die voorportaal van Huis Karee geplaas ter nagedagtenis aan haar betrokkenheid en getroue ondersteuning aan die ATKV.

"Kulturele diplomasie kan die uitdagings van die samelewing oplos"
Hedendaagse uitdagings soos klimaatsverandering en die vlugtelingkrisis in Europa kan deur kuns en kultuur aangespreek word. Só meen die Nederlandse ambassadeur vir Suid-Afrika, Sy Eksellensie mnr. Han Peters.

ATKV: groot fokus op gemeenskappe
Die ATKV, wat vanjaar sy 89ste bestaansjaar vier, se algemene jaarvergadering is vandeesweek by ATKV-Klein-Kariba gehou. Vanjaar se tema was Wat kan die ATKV en sy takke doen om ’n beter Suid-Afrika te bou?

ATKV verwelkom Marlene le Roux as direksielid
Marlene le Roux, ’n bekende kampvegter vir Afrikaans, kultuur, die jeug en gestremdes, is tydens die ATKV se algemene jaarvergadering by ATKV-Klein-Kariba (Bela-Bela) verkies tot die direksie van die ATKV-MSW (maatskappy sonder winsbejag).

Kom gesels saam oor Kulturele Diplomasie
Kom kuier op 5 Junie om 18:00 vir 18:30 saam met die ATKV en die ambassadeur van die Koninkryk van Nederland vir Suid-Afrika, Sy Eksellensie meneer Han Peters en gesels saam oor Kulturele Diplomasie.

Kom kuier saam met die ATKV by die Upington Expo
Besoekers aan die Upington Expo, vanaf 2 tot 4 Mei, kan vanjaar uitsien na verskeie aktiwiteite wat met trots deur die ATKV aangebied word.

Makhosi Khoza: Kyk verby apartheid wanneer jy na Afrikaans kyk
Ons moet ophou om Afrikaans te stigmatiseer en verantwoordbaar vir die taal se konnotasies aan apartheid te hou. Só sê dr. Makhosi Khoza, voormalige politikus en voorstaander vir die bevordering van inheemse tale.

Tommy Truscott as finansiële direkteur aangestel
Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) is trots om aan te kondig dat Tommy Truscott met ingang 1 April 2019 as die finansiële direkteur van die ATKV-groep aangestel is.

ATKV ondersteun NWU-kampusdebat
Die ATKV het onlangs die kampusdebatfinaal by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus ondersteun.

KYK: Andre Velts gesels by ATKV-Inkstories
Andre Velts, regisseur van Raaiselkind, Die Pro en nog ander rolprente het onlangs by ATKV-Inkstories gesels oor hoe jy ’n boek in ’n rolprent omskep.

KYK: Kunste-liefhebbers bemagtig by KKNK
Die ATKV, die Instituut vir Kunstebestuur en Ontwikkeling van die Noordwes-Universiteit (Artéma) en die KKNK het onlangs mense wat ’n passie vir die kunste het, opgelei en met die nodige gereedskap toegerus om ’n sukses van hul loopbaan te maak.

ATKV, KKNK en Artéma wil kunste-liefhebbers bemagtig
Die ATKV, die Instituut vir Kunstebestuur en Ontwikkeling van die Noordwes-Universiteit (Artéma) en die KKNK wil mense wat ’n passie vir die kunste het, oplei en met die nodige gereedskap toerus om ’n sukses van hul loopbaan te maak.

Kom vind uit hoe ons tale stille vennote kan wees
Op 10 April gaan dr. Makhosi Khoza en dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur: korporatiewe aangeleenthede van die ATKV, besin oor die rol van taal in sosiale kohesie.

Moedertaalmaand in #mytaal
Die ATKV glo dat moedertaalonderrig 'n sleutelfaktor in sukses is. Deur ons verskillende projekte wil ons graag alle deelnemers help om sukses te behaal

Laat jou kind floreer met ATKV-Jeugprojekte
Die ATKV glo dat die jeug van onskatbare waarde vir die toekoms van ons land is en met verskeie jeugprojekte wil dié organisasie ’n florerende landskap vol geleenthede vir die jeug skep.

Dr. Danny Titus oor UP se nuwe taalbeleid
Suzaan Steyn van Nuusdag Perspektief gesels met dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur van korporatiewe aangeleenthede by die ATKV en voorsitter van die DAK-direksie, 'n liggaam wat hom vir Afrikaans beywer, oor die besluit van die Universiteit van Pretoria om Afrikaans as onderrigtaal af te skaf.

Seymour Bothman gesels op KLOP!
Seymour Bothman, bestuurder: onderwys by die ATKV, het onlangs op KLOP! gesels oor die uitdagings en die suksesverhale in die skole waar die ATKV werksaam is.

'Vat hande, maak skole beter'
Met die begin van die nuwe skooljaar is daar opnuut ’n fokus op die doeltreffendheid van die Suid-Afrikaanse skoolstelsel. Seymour Bothman, bestuurder: onderwys by die ATKV, gee sy mening.

Roerende produksie ten bate van ATKV-leesprojekte
Digkuns word deesdae nie meer net tot die blaaie van 'n bundel beperk nie. Deesdae kry woorde met behulp van musiek, beweging, dans en teater nuwe lewe.

Bekende sjef met ATKV-Oorkonde vereer
Reuben Riffel, bekende sjef en restauranteienaar, is Maandag in swierige styl by sy restaurant, Reuben’s, in Franschhoek, met ’n ATKV-oorkonde vereer.

Beter Afrikaans kry nuwe tuiste by ATKV
Beter Afrikaans het ’n nuwe tuiste by die ATKV gekry, wat beteken dat daar nuwe moontlikhede veral in terme van onderwys vir Beter Afrikaans voorlê.

#Heldhaftig: Blinde teatergeselskap oorkom die onmoontlike
Nie alle helde dra noodwendig ’n mantel nie – om die waarheid te sê, die meeste helde kan nie vlieg nie! En, kom ’n mens agter, party helde kan nie eens sien of hoor nie.

Sonél Brits nuwe besturende direkteur van ATKV-MSW
Die ATKV het bekend gemaak dat me. Sonél Brits die nuwe besturende direkteur van die ATKV-MSW (maatskappy sonder winsoogmerk) is.

ATKV se #AJV2018: kwaliteit, kreatiwiteit in die vierde industriële revolusie
In wat deesdae die vierde industriële revolusie gedoop word, is dit vir organisasies en individue toenemend ’n stryd om te floreer en innoverend in hul gemeenskappe en die samelewing te wees.

Bridgitte Mathews aangewys as voorsitter van die ATKV-direksie
Die ATKV het Donderdag die laaste dag van die algemene jaarvergadering by ATKV-Klein-Kariba (Bela-Bela) afgesluit met ’n nuwe direksievoorsitter. Die ondervoorsitter Bridgitte Mathews sal die leisels by die uittredende voorsitter, Anton Redelinghuis, oorneem. “Ek weet dat die ATKV aan niemand anders as sy lede behoort nie,” sê Bridgitte. “Dit gaan uitdagend wees om Anton se ...

Besturende direkteur van ATKV-MSW bedank
Dit is met spyt dat die ATKV-MSW kennis neem van die bedanking van die besturende direkteur, me. Deidre Le Hanie.