Skip to the content

Taalgenoot

Misdaadtonele: Waar engele bang is om te trap

Dit is ’n noodsaaklike werk waarvoor bitter min mense sal kans sien – om alle tekens van menslike weefsel en bloed op te ruim op grusame tonele ...

eierselbevriesing

Ma-wees vir eers op ys

Nie alle vroue wil met ’n gesin begin wanneer hulle op hul vrugbaarste is nie. Danksy die vriesbewaring van eierselle kan ’n baba later nog ’n opsie wees, en dis iets waarop al hoe meer vroue besluit ...

Die hiper-korrektes se huigelary

Ek verkyk my aan hoe twee skatryk eks-koninklikes in ’n asemrowende tuin aan ’n miljardêr-glanspersoonlikheid sit en bieg oor hoe verskriklik die lewe hulle behandel. In sommige plekke loop mense kilometers ver net vir drinkwater. En dis nie naastenby die ergste nie. Wat ’n klug. Was dit maar altyd só? - Johan Jack Smith

Gedagte vir Sondag: Kerspapierverlange

“Sy bid al vir jare nie. Sedert haar man oorlede is, amper 15 jaar gelede, het haar gebede opgedroog.” Fourie Rossouw deel sy Sondaggedagtes met ons eerste weeklikse aflewering.

Taalgenoot TOP 5: Alternatiewe Afrikaanse liedjies wat die hartsnare roer

Kyk ons almal weet “Baby Tjoklits” en “Jy soen my meer nie” is die allermooiste-ooiste Afrikaanse liedjies in Afrikaans*, maar wat van alternatiewe kunstenaars? 

Taalgenoot TOP 5: Vyf hatige Afrikaanse televisierolle

Hier is Taalgenoot se top vyf rolle wat deur Afrikaanse akteurs in Afrikaanse televisieprogramme vertolk is, wat jou ma of ouma nie sou kon weerstaan nie. 

‘Poliglot’ is nie ’n vloekwoord nie

Dis geen verrassing dat meertaligheid voordelig is nie, maar het jy geweet dit het ook ’n groot impak op jou brein?

’n Nar in ’n nare wêreld

Wanneer dié onderwyseres en voormalige dramastudent die onderwerp van haar doktorale studie noem, kan mens dalk dink dis ’n grap. Maar Klara van Wyk is doodernstig dat daar meer agter hansworsery steek as net vermaak ...

Al vloekende al digtende

Afrikaans skrik nie vir swets nie. Maar hoort vloekwoorde en kruhede in die digkuns, waar woorde fyn gekeur
en ekonomies ingespan word?

Sophia Kapp: Die stilte waarin stories sterf

2020 was nie ’n goeie jaar vir introverte nie. Ons het verwag die ander klomp gaan swaarkry – die ekstroverte; die mense wat hul energie van ander mense kry; die luidrugtiges, die kletsers, die kuiergatte.

Deel jou môres

Christine Barkhuizen le Roux, outeur van romans soos Padmaker, Drieklawerblaar en Getuie, skryf oor die versengende droogte in die Klein-Karoo en die dag toe die reën kom …

Daar kom (en gaan) die Alabama

Die Alabama-geselskap se ryk geskiedenis strek oor 64 jaar, sedert die oorspronklike P.U.K. Alibama Boere-orkes in 1943 gestig is. Die groep se laaste optrede is in 2007 gehou ...

Rubriek: Om te doop met oorgawe

Ek is skaam om dit te erken, maar ek het een van daardie opdaag-en-preek-dominees geword wat die trefkrag van kuns, skoonheid, musiek en simboliek verruil het vir slimpraatjies en flou grappies.

Taalgenoot nou vir ’n ieder en ’n elk

Vir die eerste keer in 90 jaar sal die ATKV se bekroonde tydskrif, Taalgenoot, vir Afrikaanse lesers oor die wêreld heen beskikbaar wees.

Wanneer tieners superhelde word

ATKV-Tienertoneel, in die formaat soos ons dit ken, kon nie vanjaar gebeur nie. Maar al was teaters leeg, was daar geen keer aan die jong deelnemers om hul talent digitaal ten toon te stel nie!

Uittreksel: Aanspreeklikheid deur Jaco Fouché

Jaco Diehl woon op Hermanus. Hy word getuie van 'n poging tot moord op sy buurvrou, en geleidelik word hy betrek by ander dade van geweld...

Vreugde vir Larissa-Uittreksel

Vreugde vir Larissa is die nuutste lekkerleesroman uit die pen van ATKV-Woordveertjiewenner Elsa Winckler. Larissa Schoeman gaan Nederland toe om verder te studeer. 

Gesoek: ’n Reënboog met diep wortels

Ek sit soggens op ’n houtkis in ons kombuis en mediteer. Van daar kan ek deur die skuifdeur uitkyk oor die stoep en op ’n vyeboom wat in die middel van ons agtertuin groei.

Ballade vir Nkunzi-uittreksel

"Weet jy wat is die heel beste van flat rock bottom wees? As jy eers dáár is, kan alles en enigiets jou droom wees."​ Lees hier ’n uittreksel uit ’n Ballade vir Nkunzi.

Die vlerke van naaldekokers uittreksel

As jy ’n aanhanger is van John Green en Nicola Yoon is Cecilia Steyn se nuutste jeugroman dalk net vir jou. Die vlerke van naaldekokers sal tieners, sowel as volwassenes boei. Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Nie net het sy haar linkerhand verloor nie, maar haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg. Boonop is sy die een wat al vir maande lank haar ma se geheim moet ronddra.

Uittreksel: Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach

Hond se gedagte is Kerneels Breytenbach se jongste roman. Fleur de Villiers is nie ’n kenner van rugby nie. Wanneer haar ou pel haar vra om ’n biografie oor die Springbokrugbykaptein te skryf, is sy om die minste te sê teësinnig. Wat op aarde weet sy van rugby, so op die vooraand van die Wêreldbekertoernooi in die jaar 2025? Lees hier ’n uittreksel uit Hond se gedagte.

Uittreksel: Nadraai deur Jaco Kirsten

Nadraai is ’n grensroman en Jaco Kirsten se tweede roman. Rocco de Witt is ’n Kaapse argitek met die wêreld aan sy voete. Hy en sy pragtige Duitse verloofde lei ’n idilliese lewe van buitelugaktiwiteite en Europese skivakansies. Na ’n ou weermagvriend sy opwagting maak word Rocco se bestaan op sy kop gekeer. Wat presies het destyds in die Bosoorlog gebeur?

Johan Jack Smith gesels met René van Zyl oor Die Alfadokument

Die predikantsvrou René van Zyl se samesweringsriller gaan vir seker wenkbroue laat lig. Johan Jack Smith het met haar gesels oor Die Alfadokument.

Uittreksel: kyk na my deur Nataniël

kyk na my is Nataniël se eerste volwaardige memoir. Met hierdie merkwaardige boek vertel Nataniël die verhaal van ’n kindertyd in drie klein dorpies en een groot voorstad, in ’n era waartydens reëls blindelings gevolg is, en van ’n jong seun se oorweldigende vrees vir die gewone.

adriana faling

Geloofstaak lei tot tweede boek vir Egoli-aktrise

Adriana Faling het gewag vir God se tydsberekening en inspirasie. Vyf jaar ná die verskyning van haar eerste boek, is haar nuutste boek, Die seders van Libanon, op die rak. Reza Clifford het met haar gesels oor dié boek, haar skrywersreis en die vervolgde kerk.

Uittreksel: Koeke en terte deur Susan Coetzer

In Koeke en terte moedig Susan Coetzer jou humoristies aan om uit te rys tot die beste weergawe van jouself – of jy nou koekerig of terterig of iets tussenin is. Nie een van ons is volmaak nie; daar is altyd ruimte vir groei. Veral in naasteliefde, deernis en aanvaarding. Daar is so baie verskillende koeke en terte en koekies en happies... vind uit watter een jy is.

Taalgenoot gesels met Lucia Prinsloo oor Vegters

Lucia Prinsloo se roman Vegters, wat deur Wenkbrou uitgegee word, het lesers aan die gons. Lucia weef twee onwaarskynlike wêrelde perfek aanmekaar – Afghanistan en die Gamtoosvallei. Dis ’n kragtoer van vriendskap, trauma en uiteindelik oorwinning. Taalgenoot het met Lucia gesels oor die treffende boek.

Uittreksel: Boomwortels in die hemel deur Pierre du Plessis

Boomwortels in die hemel handel oor die koninkryk van God wat op 'n heel ander manier werk as wat mense werk. Wanneer ons na Jesus se lering en stories, in die maatskaplike en politiese konteks van sy tyd kyk ontbloot dit 'n heel ander perspektief. 'n Perspektief wat ongemaklik, selfs irriterend, tog steeds lewegewend is. Hierdie koninkryk wat alles op sy kop kom draai het, of eintlik weer regop gedraai het, is waar ons, ons menslikheid herontdek. 

Uittreksel: Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey is die digter Charl-Pierre Naudé se debuutroman. Hy is voorheen bekroon met die Ingrid Jonker-debuutprys vir poësie en het ook die UJ-prys in 2019 gewen vir Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey. Dié boek vertel die verhaal van verskeie karakters wat meer as een lewensweergawe van hulself beleef.

Uittreksel: Zola deur Johan Jack Smith

Zola is Johan Jack Smith se debuut. Die hel is los in Johannesburg se strate. Iemand is besig om jong meisies wreed af te maai en die bloedspoor wat hy agterlaat, sê: “Reeksmoorde”. Die stapel slagoffers raak kaptein David Majola en adjudant Jason Basson se gemors.

Uittreksel: Vervleg van Petro Hansen

Petro Hansen skryf sedert 2012 vir Die Burger rubrieke en was ook Beeld se Dinsdag-rubriekskrywer. In 2019 word sy deur die Cordus-trust vereer met die Orde van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie. Vervleg is ’n versameling van haar rubrieke wat die mense saam laat lag en huil het.

Uittreksel: Gedeeltelik bewolk deur Ruan Kemp

"Heilige koeie word hier links en regs geslag. En anders as die meeste Afrikaanse boeke het dit nie ’n bang haar op die kop nie. Kom wat wil." - Toast Coetzer. Gedeeltelik Bewolk is Ruan Kemp se pittige, aweregse debuutroman wat vir seker jou wind gaan uitslaan.

Uittreksel: Lira

Vywervrou is Chanette Paul se nuwe triologie wat in 2019 sal verskyn. Die eerste titel is Vywervrou: Lira. Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. 

Boeke vir Moedersdag

Vier vandag die ma in jou lewe en gee vir haar ’n geskenk wat aanhou gee – ’n boek. Hier is 20 boeke wat jy vir jou ma vir Moedersdag kan gee.

Uittreksel: Die Verevrou

Jan van Tonder, die skrywer van Roepman, is terug met Die Verevrou, ’n epiese roman wat strek oor dekades en kontinente heen: oor die volstruisbedryf, die liefde, en hoe om jou eie waarheid te vind.

Uittreksel: Medusa

In Medusa boor Rudie van Rensburg ’n nuwe, donkerder aar oop vir ons geliefde speurder kaptein Kassie Kasselman. Daar’s mensehandel en psigopatie om mee handgemeen te raak – en kinderlewens op die spel.

Uittreksel: Legkaart van 'n jong lewe

Ter viering van Dolf van Niekerk se negentigste verjaardag verskyn in sy nuutste boek ’n versameling filosofiese, bepeinsende en besinnende essays. Vanaf sy vroegste gewaarwordinge tot sy kennismaking met groot filosowe soos Nietzsche, Kant en Hegel op universiteit en in sy daaglikse handel en wandel daarna.

Leer om te lees; lees om te leer

Die kinders van Suid-Afrika kan nie lees nie. Op 1 Februarie vier ons Wêreldhardopleesdag en die waarde van volwassenes se betrokkenheid by kinders se leesreis kan nie genoeg onderstreep word nie.

’n Hand met ’n plant jou voorland

Jy het nie ’n hektaar se grond nodig om ’n geil oes op te lewer. Jy kan danksy Begin jou eie groentetuin met goeie raad en hulp in ’n japtrap jou eie groentetuin op jou balkon, vensterbank of in potte begin.

Leesuitdaging 2019: Hier is ’n paar idees

Met Taalgenoot se leesuitdaging sal jy sommer maklik nuwe boeke en skrywers ontdek.

Losprys: Waar realiteit en fiksie mekaar ontmoet

Losprys: Waar realiteit en fiksie mekaar ontmoet

Martin Steyn se boeke gryp jou aan die strot en wys vir jou die donker kant van reeksmoordenaars, psigopate en misdadigers. Sy nuutste boek, Losprys, is geen uitsondering nie. Hier toon hy weer sy staal as hy fiksie met die realiteit verweef.

Uittreksel: Al wat oorbly deur Santie van der Merwe

Santie van der Merwe, skrywer van "Gelyke kans" en "Vandat jy weg is" se nuutste boek, "Al wat oorbly", is nou beskikbaar. Santie was al twee keer ’n finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir die beste liefdesromans. Hier is ’n uittreksel uit dié nuwe boek.

Steinhoff-boek

Skrywer van Steinhoff-boek oor wat hy vir Markus Jooste sal wil vra

Die Steinhoff-sage het skokgolwe deur die land gestuur. Op Dinsdag 5 Desember 2017 was dié magtige maatskappy, waarvan Markus Jooste die grootbaas was, nog R193 miljard werd. Binne 24 uur is meer as R117 miljard uitgewis.

Avbob vereer jong digters

Digkuns is die beste doepa vir ’n gebroke hart. Dit is ’n pleister vir die hart se diepste wonde. En dit is juis wat Avbob met sy heel eerste Avbob-poësieprojek vir die land wou bied. “Ons is in ’n emosionele besigheid waar mense toenadering en empatie soek vir die verlies waardeur hulle gaan,” vertel Frik Rademan, uitvoerende hoof van Avbob. Die projek het in vier maande me ...

Jaco Jacobs

Uittreksel: 'Dinge wat ek nie van skape geweet het nie' deur Jaco Jacobs

Jaco Jacobs laat nie gras onder sy voete groei nie. Hy is onlangs met die gesogte Tienie Holloway-medalje vir Kleuterliteratuur vir sy boek Grom! (LAPA Uitgewers) bekroon. Sy nuutste boek, Dinge wat ek nie van skape geweet het nie, is nou beskikbaar. Hier is ’n uittreksel uit dié nuwe boek: