Skip to the content

Al die wenners van die ATKV-Tienertoneelfinaal 2018

Jong voornemende teatermakers het die afgelope week die Roodepoortteater se verhoog warm gespeel, gehore vermaak, ontroer en bekoor om uiteindelik ’n kans te staan om as die wenner van die 54ste ATKV-Tienertoneelfinaal gekroon te word. Die beoordelaars het behoorlik kopgekrap, maar uiteindelik het die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch hulle die meeste met hul produksie tot stof l tot stilte – ’n paniekreaksie beïndruk.

Die produksie in die tweede plek is Eden (foto onder), aangebied deur die Hoërskool Eldoraigne van Centurion. Die Hoërskool Tygerberg van Kaapstad is as die derdeplekwenner met Vlot ter see aangewys.